DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

noorde. Verskeie aktivistiese groepe het in die Kaapkolonie ontstaan. Die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) is op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig om vir taal en volk te veg. Volgens Kamwangamalu (2001:369) het hierdie toedrag van sake (in die ZAR) aanleiding gegee tot die eerste stap om positiewe inhoud aan Afrikaans te gee. Die eerste vergadering wat die grondslag gelê het vir die vervanging van Nederlands met Afrikaans het in 1875 plaasgevind en is deur die GRA georganiseer. Hierdie organisasie het die grondslag gevorm vir die stigting van die latere Eerste Afrikaanse Taalbeweging. Die doel vir die stigting van laasgenoemde was eerstens, om die belange van Afrikaans te bevorder en tweedens, om die basis vir politieke eenheid binne die wit Afrikaanssprekende gemeenskap te lê. Kamwangamalu beskou die werksaamhede van die GRA as beide ’n stap weg van Hollands sowel as ’n opstand teen die oorheersing van Engels. In 1878 is die Kaapse Afrikanerbond gestig en daarna het die stigting van die nasionalistiese Afrikaner Bond in 1879 onder leiding van ds. S.J. du Toit gevolg. As instrument in hul verset teen Engelse oorheersing het die Kaapse Afrikaners die koerant Di Patriot effektief gebruik. In 1882 is die mosie van Jan Hofmeyr om Hollands in die parlement te praat, sonder teenstem deur die Kaapse Wetgewende Vergadering aanvaar. Vanaf 1884 kon Hollands op versoek in laerhowe sowel as in die hooggeregshof gebruik word. Om vir permanente aanstelling te kwalifiseer moes magistrate sedert 1895 kennis van Hollands hê. Dit blyk egter, volgens Steyn (1995:99), dat nie al die beleidsveranderinge in die praktyk neerslag gevind het nie. Die toestande vir die Afrikaner in die Kaapkolonie het na 1900 in werklikheid baie versleg. Na die Groot Trek het gemeenskappe hulle oor ’n wye gebied in die binneland gevestig. Onderwysers is van Holland af ingevoer en een van hulle is opdrag gegee om die eerste skoolregulasies saam te stel. Die regulasies wat in 1852 gepromulgeer is kan as die eerste geskrewe poging beskou word om ’n onderwysbeleid in die ZAR te formuleer. Alhoewel Hollands die amptelike taal was, was daar ’n groot aanvraag na Engels in die skole. Die Onderwyswet van 1866 het vir die eerste keer voorsiening gemaak vir die onderrig van Engels. In sommige skole is Engels ook later as voertaal gebruik. Teen 1874 was daar net 134

agt distrikskole en vier plaasskole wat onder die jurisdiksie van die ZAR geval het. Dit het agt persent van die kinders van skoolgaande ouderdom uitgemaak. Van die distrikskole was vier Engelsmedium, drie Hollandsmedium en een dubbelmedium. Volgens Zietsman (1992:12) het meer kinders in 1876 in die dorpskole onderrig deur die medium van Engels as Hollands ontvang. Die anneksasie van die ZAR in 1877 het ’n groot invloed op die onderwys gehad. Vacy Lyle is as Engelse Superintendent van Onderwys aangestel. Volgens Lyle was daar ’n groeiende behoefte by mense om Engels aan te leer. Hy het voorgestel dat aparte skole vir Engels en Hollands gestig moet word en dat die keuse om voertaal vas te stel eerder by die ouers as by die regering moes berus (Malherbe, 1925:526). Die Britse anneksasie het ’n sterk anti-Britse gevoel onder die Boereleiers aangewakker. Een van die stigterslede van die Afrikaner Bond, ds. S.J. du Toit, is na die Eerste Vryheidsoorlog as Superintendent van Onderwys aangestel. Hy het hom, as redakteur van Di Patriot, vir Afrikaans as onafhanklike taal beywer. Die nuwe Onderwyswet van 1882 het bepaal dat Hollands die enigste medium van onderrig in die skole sou wees. Dit het tot ’n groot toename in leerlinggetalle gelei. Dr. Nicolas Mansvelt, wat Du Toit in 1891 as Superintendent van Onderwys opgevolg het, was baie vyandiggesind teenoor enige Engelse invloed. Taal en volk was vir hom sinoniem, daarom moes die moedertaal van die Afrikaner die kern van die onderwys uitmaak. Die Onderwyswet van 1892 het dan ook bepaal dat Hollands die enigste medium van onderrig in die skole sou wees. Daar moes ook slegs van Hollandse boeke gebruik gemaak word, behalwe in die geval van vreemde tale. Daar kon ook nie voor standerd drie met ’n vreemde taal begin word nie. Vanaf standerd vier kon hoogstens 6 van die amptelike 25 uur in die week, aan ’n vreemde taal bestee word. Hierdie bepalings is stiptelik uitgevoer en skole wat nie daaraan voldoen het nie, het hul subsidies verloor. Die bepalings het tot geweldige konflik tussen die Uitlanders en die regering gelei. Hulle het geweier dat hulle kinders deur in Hollands onderrig word. In reaksie hierop het die 135

noorde. Verskeie aktivistiese groepe het in die Kaapkolonie ontstaan. Die Genootskap

van Regte Afrikaners (GRA) is op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig om vir taal en

volk te veg. Volgens Kamwangamalu (2001:369) het hierdie toedrag van sake (in die

ZAR) aanleiding gegee tot die eerste stap om positiewe inhoud aan Afrikaans te gee. Die

eerste vergadering wat die grondslag gelê het vir die vervanging van Nederlands met

Afrikaans het in 1875 plaasgevind en is deur die GRA georganiseer. Hierdie organisasie

het die grondslag gevorm vir die stigting van die latere Eerste Afrikaanse Taalbeweging.

Die doel vir die stigting van laasgenoemde was eerstens, om die belange van Afrikaans te

bevorder en tweedens, om die basis vir politieke eenheid binne die wit

Afrikaanssprekende gemeenskap te lê. Kamwangamalu beskou die werksaamhede van

die GRA as beide ’n stap weg van Hollands sowel as ’n opstand teen die oorheersing van

Engels.

In 1878 is die Kaapse Afrikanerbond gestig en daarna het die stigting van die

nasionalistiese Afrikaner Bond in 1879 onder leiding van ds. S.J. du Toit gevolg. As

instrument in hul verset teen Engelse oorheersing het die Kaapse Afrikaners die koerant

Di Patriot effektief gebruik. In 1882 is die mosie van Jan Hofmeyr om Hollands in die

parlement te praat, sonder teenstem deur die Kaapse Wetgewende Vergadering aanvaar.

Vanaf 1884 kon Hollands op versoek in laerhowe sowel as in die hooggeregshof gebruik

word. Om vir permanente aanstelling te kwalifiseer moes magistrate sedert 1895 kennis

van Hollands hê. Dit blyk egter, volgens Steyn (1995:99), dat nie al die

beleidsveranderinge in die praktyk neerslag gevind het nie. Die toestande vir die

Afrikaner in die Kaapkolonie het na 1900 in werklikheid baie versleg.

Na die Groot Trek het gemeenskappe hulle oor ’n wye gebied in die binneland gevestig.

Onderwysers is van Holland af ingevoer en een van hulle is opdrag gegee om die eerste

skoolregulasies saam te stel. Die regulasies wat in 1852 gepromulgeer is kan as die eerste

geskrewe poging beskou word om ’n onderwysbeleid in die ZAR te formuleer. Alhoewel

Hollands die amptelike taal was, was daar ’n groot aanvraag na Engels in die skole. Die

Onderwyswet van 1866 het vir die eerste keer voorsiening gemaak vir die onderrig van

Engels. In sommige skole is Engels ook later as voertaal gebruik. Teen 1874 was daar net

134

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!