DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Die Groot Trek kan as ’n versetbeweging teen Britse kolonialisme en verdrukking beskou word. Tussen 1834 en 1840 het sowat 15 000 Afrikaanse grensboere die Kaapse Oosgrensgebied verlaat. Die Groot Trek het belangrike taalgevolge gehad. Omdat die Voortrekkers Afrikaans was, het hulle trek die posisie van Afrikaans in die Oos-Kaap verswak. Na die Trek het die gebied ’n sterker Engelse karakter begin ontwikkel. Swart stamme wat in die gebied was, is deur die Engelse sendelinge bearbei. Engels is as voertaal in die skole wat vir hierdie doel opgerig was, gebruik. Engels, in plaas van die moedertaal of Afrikaans, het dus nou ’n vastrapplek onder swart mense gekry. Die tweede gevolg van die Groot Trek was positief vir Afrikaans in die sin dat Afrikaanssprekendes nou oor ’n groter gebied van Suid-Afrika verspreid was. Waar die Groot Trek dus as versetbeweging teen die onderdrukking begin het, was dit ironies genoeg ook ’n daad van kolonisasie wat die ontstamming van die binnelandse swart mense verhaas het. Teen 1854 was die meeste Voortrekkers se ideale verwesenlik. Hulle was nie meer Britse onderdane nie en die Britse regering was blykbaar nie daarin geïnteresseerd om verder noordwaarts uit te brei nie. Die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) het in 1852 met die ondertekening van die Sandrivierkonvensie tot stand gekom. Die Bloemfonteinkonvensie het in 1854 soewereiniteit aan die Vrystaat verleen. Alhoewel Hollands die amptelike taal in die republieke was, het Engels tog nog ’n beduidende rol gespeel, veral op die gebied van die onderwys en in sekere sektore van die staatsdiens. In 1839 is James Rose-Innes as die eerste Superintendent-Generaal van Onderwys in die Kaap aangestel. Die verantwoordelikheid vir die onderwys is van die kerk na die staat oorgedra. Met die mislukking van die gratis staatskoolstelsel het die regering van taktiek verander en met die invoering van die Herschel-skole ook in ’n beperkte mate voorsiening gemaak vir onderwys in Hollands (Truter, 2004:12). Volgens ’n memorandum deur die Superintendent-Generaal van Onderwys, in 1844, sou sendingskole slegs onder sekere voorwaardes regeringsubsidies ontvang. Een daarvan was dat Engels belangrik in skole moes wees. Die posisie van Engels is verder versterk ten koste die ander tale, veral Hollands, met die uitvaardiging van Onderwyswet no.13 130

van 1865. Die doel van hierdie wetgewing was om die Hollandse taal deur middel van ’n uitsluitend Engelse onderwysstelsel uit te roei (Scholtz, 1964:110). Hierdie situasie is nie deur die Hollandssprekende plattelanders geduld nie. Die bepalings is gevolglik in 1882 herroep en skoolbesture het die reg gekry om Hollands as voertaal te gebruik. ’n Verdere bepaling was dat die hoof of ’n assistent in staat moes wees om Hollands te onderrig. Ten spyte van die waarskuwings van taalstryders soos Mansvelt en Hofmeyr het die swak posisie van Hollands in staatsondersteunde skole nie veel verander nie. Volgens Mawasha (1982:6) het die Britse Tydperk ongetwyfeld ’n groot invloed op swart onderwys, sowel as op die latere ontwikkeling van swart Suid-Afrikaners oor die algemeen gehad. Engels het Hollands as die amptelike taal vervang en ook die amptelike taal in sendingskole geword. Volgens Mawasha is die volgende taalsituasie geskep: Engels as onderrigtaal is gedurende hierdie tydperk stewig gevestig, soseer dat Engels en onderwys feitlik sinoniem geword het. Engels het voorts ook die lingua franca van die opkomende swart intelligentsia geword. Om Westers ‘beskaafd’ of ‘verlig’ te wees, het sinoniem met vaardigheid in Engels geword. Afrikaans, wat die stigma van ‘kombuistaal’ verloor het, het Hollands as spreektaal vervang. Afrikaans-Hollands het wel sy verskyning as vak in skole gemaak, omdat dit die brood-en-botter-taal vir baie swart mense geword het. Selfs Afrikatale is in ’n stadium deur die medium van Engels onderrig. Taalaktivisme in die Kaapkolonie het op verskillende maniere gerealiseer. Die voortgesette verontagsaming van Hollands as taal van onderrig en leer het veral vanuit die Hollandse gemeenskap tot ’n antagonisme teenoor Engels gelei. Die boikot van Engelse skole en die stigting van Hollandse privaatskole het veral in die dertigerjare voortgegaan. Dit het tot ’n drastiese afname in staatskole en ’n groot toename in privaatskole vir Hollandssprekende leerders gelei. Gedurende hierdie tydperk verskyn die nuusblad, De Zuid-Afrikaan, as mondstuk vir Hollandse belange. Op 17 Oktober 1853 berig die blad dat die aanleer van Engels goed is, maar dat dit nie ten koste van die 131

Die Groot Trek kan as ’n versetbeweging teen Britse kolonialisme en verdrukking beskou

word. Tussen 1834 en 1840 het sowat 15 000 Afrikaanse grensboere die Kaapse

Oosgrensgebied verlaat. Die Groot Trek het belangrike taalgevolge gehad. Omdat die

Voortrekkers Afrikaans was, het hulle trek die posisie van Afrikaans in die Oos-Kaap

verswak. Na die Trek het die gebied ’n sterker Engelse karakter begin ontwikkel. Swart

stamme wat in die gebied was, is deur die Engelse sendelinge bearbei. Engels is as

voertaal in die skole wat vir hierdie doel opgerig was, gebruik. Engels, in plaas van die

moedertaal of Afrikaans, het dus nou ’n vastrapplek onder swart mense gekry. Die

tweede gevolg van die Groot Trek was positief vir Afrikaans in die sin dat

Afrikaanssprekendes nou oor ’n groter gebied van Suid-Afrika verspreid was. Waar die

Groot Trek dus as versetbeweging teen die onderdrukking begin het, was dit ironies

genoeg ook ’n daad van kolonisasie wat die ontstamming van die binnelandse swart

mense verhaas het.

Teen 1854 was die meeste Voortrekkers se ideale verwesenlik. Hulle was nie meer Britse

onderdane nie en die Britse regering was blykbaar nie daarin geïnteresseerd om verder

noordwaarts uit te brei nie. Die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) het in 1852 met die

ondertekening van die Sandrivierkonvensie tot stand gekom. Die Bloemfonteinkonvensie

het in 1854 soewereiniteit aan die Vrystaat verleen. Alhoewel Hollands die amptelike taal

in die republieke was, het Engels tog nog ’n beduidende rol gespeel, veral op die gebied

van die onderwys en in sekere sektore van die staatsdiens.

In 1839 is James Rose-Innes as die eerste Superintendent-Generaal van Onderwys in die

Kaap aangestel. Die verantwoordelikheid vir die onderwys is van die kerk na die staat

oorgedra. Met die mislukking van die gratis staatskoolstelsel het die regering van taktiek

verander en met die invoering van die Herschel-skole ook in ’n beperkte mate

voorsiening gemaak vir onderwys in Hollands (Truter, 2004:12). Volgens ’n

memorandum deur die Superintendent-Generaal van Onderwys, in 1844, sou

sendingskole slegs onder sekere voorwaardes regeringsubsidies ontvang. Een daarvan

was dat Engels belangrik in skole moes wees. Die posisie van Engels is verder versterk

ten koste die ander tale, veral Hollands, met die uitvaardiging van Onderwyswet no.13

130

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!