DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

of onvermoë om magswanbalanse te neutraliseer.” Die instrumente van taalaktivisme soos deur Martel (1999) en later Du Plessis (2006) geïdentifiseer, sal as riglyn dien. 4. Invloed van aktivisme vir die tydperk. Die invloed van taalaktivisme vir die betrokke tydperk is aan die hand van wat May (2004:48) en Du Plessis (2006:75) as die doel van taalaktivisme beskou, geanaliseer. Wat die geslaagdheid van taalaktivisme betref redeneer May dat hoewel eentaligheid in die meerderheidstaal meer ondersteuning geniet, die doel van taalregteaktivisme steeds is “to influence, and if possible change the wider social, cultural and political processes that have seen the construction of, and distinction between, so called minority and majority languages in the first place.” May meen dat dit ’n formidabele taak is omdat die sosiale en politieke magte wat teenoor minderheidstale opgestel is, stewig gevestig is. Du Plessis (2006:75) stel dit dat die doel van taalaktivisme is om ’n verandering in die sosiale praktyke, ideologieë en strukture wat die handhawing en ontwikkeling van taalgemeenskappe beïnvloed, te bewerkstellig. Ten einde die navorsingsvrae te beantwoord is die volgende raamwerk, gebaseer op literatuuroorsig in Hoofstuk 2, gebruik. 118

Tabel 16: Raamwerk waarbinne navorsingsvrae beantwoord sal word Vraag 1: Hoe wydverspreid die verskynsel taalaktivisme in Suid-Afrika voorkom Teorie wat die vraag onderlê Onderskeid word hier tussen taalregteaktivisme (dit wil sê aktivisme wat gerig is op die bevordering van sprekers se taalkeuse) en taalaktivisme (dit wil sê aktivisme wat gerig is op die vermindering van sprekers se taalkeuse) gemaak. In die beantwoording van die vraag word uitgebrei op die teenwoordigheid van beide vorme van aktivisme en deur watter taalgemeenskappe die onderskeie vorme gedryf word sowel as die redes daarvoor Vraag 2: Die vorme (indien enige) waarin taalaktivisme onder die verskillende taalgemeenskappe voorkom Teorie wat die vraag onderlê Daar word gelet op die instrumente van taalaktivisme soos deur die onderskeie taalgemeenskappe gebruik sowel as op die doelwitte wat daarmee beoog word. Vraag 3: Of daar inderdaad ’n herwaardering van moedertaalonderrig is. Teorie wat die vraag onderlê Hierdie vraag word beantwoord teen die agtergrond dat alles teen 1994 daarop gedui het dat die moedertaalideaal nie hoog op die prioriteitslys van die regering sou wees nie en dat die regering eerder op die oopstelling van voormalige wit skole en Engels as onderrigmedium sou fokus. Soos wat sosio-politieke praktyke en -strukture onder druk is om te verander, is dit die taak van aktiviste om kwessies waarop gelet moet word uit te lig (Martel, 1999). Taalaktiviste sal byvoorbeeld hul eie agenda en doelwitte onder die aandag van die regering wil bring. Hierdie navorsingsvraag is beantwoord inaggenome die siening dat daar ook ʼn ander tipe aktivisme bestaan wat in die teenoorgestelde rigting beweeg. Tekens van positiewe sowel as negatiewe taalbenaderings soos geïnisieer deur beide amptelike en nie-amptelike agentskappe is in die data geïdentifiseer en bespreek. Vraag 4: Watter rol (indien enige) taalaktivisme in die herwaardering van moedertaalonderrig speel. Teorie wat die vraag onderlê Die rol van taalaktivisme gedurende hierdie tydperk soos in die media gereflekteer is teen Schugerensky (2007) en andere se beskouing dat taalaktivisme enige bewustelike aksie is wat die skep van ʼn demokratiese bestel ten doel het geanaliseer. Die sukses van aktivistiese bewegings sal in die mate van sukses wat hulle daarin bereik gesetel wees. Hierdie raamwerk is ontwikkel om as basis te dien vir die beantwoording van die probleemvrae. Dit is egter slegs ʼn basis en die volledige literatuuroorsig word in berekening gebring. 119

Tabel 16: Raamwerk waarbinne navorsingsvrae beantwoord sal word

Vraag 1: Hoe wydverspreid die verskynsel taalaktivisme in Suid-Afrika voorkom

Teorie wat die vraag onderlê

Onderskeid word hier tussen taalregteaktivisme (dit wil sê aktivisme wat gerig is op die bevordering van

sprekers se taalkeuse) en taalaktivisme (dit wil sê aktivisme wat gerig is op die vermindering van sprekers

se taalkeuse) gemaak. In die beantwoording van die vraag word uitgebrei op die teenwoordigheid van beide

vorme van aktivisme en deur watter taalgemeenskappe die onderskeie vorme gedryf word sowel as die

redes daarvoor

Vraag 2: Die vorme (indien enige) waarin taalaktivisme onder die verskillende taalgemeenskappe

voorkom

Teorie wat die vraag onderlê

Daar word gelet op die instrumente van taalaktivisme soos deur die onderskeie taalgemeenskappe gebruik

sowel as op die doelwitte wat daarmee beoog word.

Vraag 3: Of daar inderdaad ’n herwaardering van moedertaalonderrig is.

Teorie wat die vraag onderlê

Hierdie vraag word beantwoord teen die agtergrond dat alles teen 1994 daarop gedui het dat die

moedertaalideaal nie hoog op die prioriteitslys van die regering sou wees nie en dat die regering eerder op

die oopstelling van voormalige wit skole en Engels as onderrigmedium sou fokus. Soos wat sosio-politieke

praktyke en -strukture onder druk is om te verander, is dit die taak van aktiviste om kwessies waarop gelet

moet word uit te lig (Martel, 1999). Taalaktiviste sal byvoorbeeld hul eie agenda en doelwitte onder die

aandag van die regering wil bring. Hierdie navorsingsvraag is beantwoord inaggenome die siening dat daar

ook ʼn ander tipe aktivisme bestaan wat in die teenoorgestelde rigting beweeg. Tekens van positiewe sowel

as negatiewe taalbenaderings soos geïnisieer deur beide amptelike en nie-amptelike agentskappe is in die

data geïdentifiseer en bespreek.

Vraag 4: Watter rol (indien enige) taalaktivisme in die herwaardering van moedertaalonderrig speel.

Teorie wat die vraag onderlê

Die rol van taalaktivisme gedurende hierdie tydperk soos in die media gereflekteer is teen Schugerensky

(2007) en andere se beskouing dat taalaktivisme enige bewustelike aksie is wat die skep van ʼn

demokratiese bestel ten doel het geanaliseer. Die sukses van aktivistiese bewegings sal in die mate van

sukses wat hulle daarin bereik gesetel wees.

Hierdie raamwerk is ontwikkel om as basis te dien vir die beantwoording van die

probleemvrae. Dit is egter slegs ʼn basis en die volledige literatuuroorsig word in

berekening gebring.

119

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!