DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Altesaam 145 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Dit is betogings, swaai van plakkate, demonstrasies van ongelukkigheid, die weerhouding van kinders uit skole om hul misnoeë te toon en die stigting van privaatskole as demonstrasie van hul afkeur aan gedwonge integrasie en die gevolglike verandering aan die taalbeleide van skole. Na verdere verfyning van die studie is slegs 17 werklike gevalle van demonstrasie as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer. 6. Rekords wat inligting oor litigasie bevat Altesaam 53 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Rekords wat inligting oor hofsake ten gunste moedertaalonderrig of moedertaalskole is onder hierdie opskrif behandel. Na verdere verfyning van die studie is slegs 10 werklike gevalle van litigasie as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer. 7. Rekords wat inligting oor geweld bevat Altesaam 38 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Enige vorm van geweldpleging of dreiging met geweld as middel tot die verkryging van moedertaalonderrig is as relevant in die studie geselekteer. Na verdere verfyning van die studie is slegs agt werklike gevalle van die gebruik van geweld as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer. Altesaam 260 werklike gevalle van die gebruik van die instrumente van taalaktivisme is uiteindelik geïdentifiseer en geanaliseer. Hierdie bevindinge van die studie is aan die hand van die volgende teoretiese skema bespreek. Die skema is ontwikkel aan die hand van die teoretiese insigte soos in Hoofstuk 2 bespreek. 1. Die politieke agtergrond van die tydperk as rede vir die aktivisme Mediarekords wat op die reaksie van taalbewegings en individue op die politieke status quo van die betrokke tydperk dui is berekening gebring. Die analise is aan die hand van die beskouing van aktivisme as enige bewustelike aksie wat daarop gemik is om 116

verandering te bewerkstellig, gedoen. Die Suid-Afrikaanse gemeenskap se toewyding aan die beginsels van demokrasie, soos deur Tollefson (1991:211) bespreek en of hulle bereid is om hulself te beywer vir taalregte, dien as verdere riglyn. 2. Aktivistiese agente/organisasies betrokke Ten einde aktivistiese agente/organisasies uit die rekords te identifiseer, sal die definisies van onder andere Florey (2008:9), Schugurensky , Steyn (1980:74) en later Du Plessis (2006:75) sowel as die van Okano (2006:263) as riglyn gebruik word. ’n Taalaktivis sal volgens Florey (2008:9) iemand wees wat energieke aksie op kwessies rakende taalontwikkeling rig. ’n Taalaktivis inisieer aksies of aktiwiteite ter ondersteuning van ʼn taal en sprekersgemeenskap. Schugurensky erken egter ook dat daar ’n ander tipe aktivisme bestaan wat in die teenoorgestelde rigting beweeg. Hy noem eersgenoemde sosiaal-regsgeoriënteerde aktivisme of aktivisme vir demokrasie. Volgens Du Plessis (2006:75) moet onderskei word tussen taalaktivisme en taalregte-aktivisme. Taalaktivisme het volgens Steyn (1980:74) en later Du Plessis (1986) selde te make met taal as sodanig, en het eerder te make met die rol van ’n politieke- of taaldrukgroep. In die geval van taalregte-aktivisme, poog rolspelers om verandering in sosiale praktyke, ideologieë en strukture wat die handhawing en ontwikkeling van taalgemeenskappe beïnvloed, te bewerkstellig. Taalaktivistiese bewegings sluit volgens Okano (2006:263) plaaslike politieke groeperinge, professionele onderwyspraktisyns, ouers, studente en ander minderheidsgroeperinge in. 3. Aksies van die aktivistiese agente Hoeweldie woord aktivisme, volgens Schugerenski, beelde van protesaksies, demonstrasies, geweldpleging, traangas, burgerlike ongehoorsaamheid, konfrontasies en botsings met die polisie en weermag laat opduik, is dit nie noodwendig die aksies van taalbewegings nie. Hierdie bewegings het in ooreenstemming met wat Martel (1999:47) beskryf elk sy “eie gebruik van die wet as instrument van verandering en sy eie vermoë 117

Altesaam 145 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Dit is betogings, swaai

van plakkate, demonstrasies van ongelukkigheid, die weerhouding van kinders uit skole

om hul misnoeë te toon en die stigting van privaatskole as demonstrasie van hul afkeur

aan gedwonge integrasie en die gevolglike verandering aan die taalbeleide van skole. Na

verdere verfyning van die studie is slegs 17 werklike gevalle van demonstrasie as

instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

6. Rekords wat inligting oor litigasie bevat

Altesaam 53 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Rekords wat inligting oor

hofsake ten gunste moedertaalonderrig of moedertaalskole is onder hierdie opskrif

behandel. Na verdere verfyning van die studie is slegs 10 werklike gevalle van litigasie as

instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

7. Rekords wat inligting oor geweld bevat

Altesaam 38 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Enige vorm van

geweldpleging of dreiging met geweld as middel tot die verkryging van

moedertaalonderrig is as relevant in die studie geselekteer. Na verdere verfyning van die

studie is slegs agt werklike gevalle van die gebruik van geweld as instrument van

taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

Altesaam 260 werklike gevalle van die gebruik van die instrumente van taalaktivisme is

uiteindelik geïdentifiseer en geanaliseer. Hierdie bevindinge van die studie is aan die

hand van die volgende teoretiese skema bespreek. Die skema is ontwikkel aan die hand

van die teoretiese insigte soos in Hoofstuk 2 bespreek.

1. Die politieke agtergrond van die tydperk as rede vir die aktivisme

Mediarekords wat op die reaksie van taalbewegings en individue op die politieke status

quo van die betrokke tydperk dui is berekening gebring. Die analise is aan die hand van

die beskouing van aktivisme as enige bewustelike aksie wat daarop gemik is om

116

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!