DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

3.3.2.1. Literatuurstudie Die literatuurstudie is ʼn integrale deel van die navorsingsproses en die belangrikheid daarvan word soos volg deur Neuman (1997:89) gemotiveer: “Scientific research is not an activity of isolated hermits who ignores others’ findings. Rather, it is a collective effort of many researches who share their results with one another and who pursue knowledge as a community.” Die navorsingsproses is dus net deel van ʼn groter proses om kennis te konstrueer. Deur ʼn oorsig van wat bekend is in die literatuur te verkry, word die studie gekontekstualiseer en word die geldigheid daarvan gedemonstreer deurdat dit in ʼn betrokke kennisgebied ingebed is. Gevolglik dien die literatuurstudie as ʼn opsomming van wat reeds oor die betrokke kennisgebied bekend is. Dit vestig ʼn basis vir die res van die navorsingsproses en stel die navorser in staat om die resultate te interpreteer in vergelyking met ander beskikbare literatuur, teorie en navorsing (Bless et al., 2004:19-21; Fouche & Delport, 2005:84). In hierdie afdeling van die studie is die begrip taalaktivisme, as een van die kragte wat ʼn samelewing nader aan demokrasie kan bring, bespreek. Aandag is aan die determinante van taalregteaktivisme geskenk. Taalaktivisme as determinant binne die taalbeplanningsproses en spesifiek taal-in-onderwysbeplanning is bespreek. Die doel van die literatuurstudie is om begrip vir taalaktivisme as verskynsel te ontwikkel en die verband met taalbeplanning en taalbeleid te ondersoek. Omdat taal- en taalregteaktivisme deur linguistiese menseregte aangespoor word, is ook op die definiëring van van die konsep linguistiese menseregte gekonsentreer. Die totstandkoming van taalregteorganisasies, sowel as die rol wat sulke organisasies in die onderwys speel, is ondersoek na aanleiding van gedokumenteerde internasionale studies. Die instrumente van taalaktivisme soos geïdentifiseer deur Martel (1999) en later deur Du Plessis (2006), is ook ondersoek. Ten slotte is ʼn raamwerk saamgestel na aanleiding van die insig wat uit bogenoemde studies verkry is en waarteen die empiriese studie se data geanaliseer word. Hierdie raamwerk is by uitstek geskik vir hierdie studie omdat dit voorsiening maak vir die analise van beide amptelike taalbeplanning (bo-na-benede) en nie-amptelike 94

taalbeplanning (benede-na-bo); dit wil sê taalbeplanning wat deur die regering, wetgewers en plaaslike owerhede geïnisieer is teenoor taalbeplanning wat deur byvoorbeeld die gedrukte media in privaatbesit, kulturele- en taalorganisasies sowel as individue geïnisieer is. Verder onderskei die raamwerk ook tussen positiewe taalbeplanning en negatiewe taalbeplanning. Positiewe taalbeplanning word omskryf as pogings om die taalkeuses van sprekers uit te brei. Die primêre doel van positiewe taalbeplanning is die intellektualisering van ʼn taal, dit wil sê om toe te sien dat die taal in situasies wat die status of beeld daarvan verhoog, gebruik word. Negatiewe taalbeplanning daarenteen word omskryf as taalbeplanning wat nie die verhoging van die taalkeuses van sprekers ten doel het nie, maar dit juis wil verminder. Hierdie tipe taalbeplanning ontken die veeltalige en multikulturele aard van ʼn samelewing en kort die taalkeuses van sprekers in. 3.3.2.2. Dokumentestudie Nadat ʼn deeglike literatuuroorsig oor wat oor die betrokke kennisgebied bekend is, beskik die navorser oor ʼn agtergrond waarop die literatuurstudie gedoen kon word. ʼn Hoofstuk word aan die studie van die rol van taalaktivisme vir die tydperk 1652 tot na 1994 gewy. Die doel van hierdie hoofstuk is om as agtergrond te dien tot die analise van die rol van taalaktivisme vir die tydperk 1994 tot 2005 wat in Hoofstuk 5 aangebied word. Die hoofstuk belig die hoofmomente binne die politieke konteks van taalbeleidontwikkeling. Daar word gepoog om deur ʼn studie van die tersaaklike literatuur, sowel as die tersaaklike amptelike beleidsdokumente, die voorkoms en rol van taalaktivisme in beleidsvorming en taalbeplanning in Suid-Afrika aan te toon. Die tydperk 1652 (die begin van die Koloniale tydperk) tot na 1994 (die demokratieseringstydperk) word hier gedek. Die bestaande literatuur oor die tydperk is bestudeer. Die tipe ontwerp is gekies omdat dit volgens Mouton (2001:179) “provide an overview of scholarship in a certain discipline through an analysis of trends and debates.” Die navorsingsontwerptipe is nie-empiries van aard en daar word hoofsaaklik op sekondêre data gekonsentreer. Die sekondêre data 95

3.3.2.1. Literatuurstudie

Die literatuurstudie is ʼn integrale deel van die navorsingsproses en die belangrikheid

daarvan word soos volg deur Neuman (1997:89) gemotiveer:

“Scientific research is not an activity of isolated hermits who ignores others’

findings. Rather, it is a collective effort of many researches who share their results

with one another and who pursue knowledge as a community.”

Die navorsingsproses is dus net deel van ʼn groter proses om kennis te konstrueer. Deur ʼn

oorsig van wat bekend is in die literatuur te verkry, word die studie gekontekstualiseer en

word die geldigheid daarvan gedemonstreer deurdat dit in ʼn betrokke kennisgebied

ingebed is. Gevolglik dien die literatuurstudie as ʼn opsomming van wat reeds oor die

betrokke kennisgebied bekend is. Dit vestig ʼn basis vir die res van die navorsingsproses

en stel die navorser in staat om die resultate te interpreteer in vergelyking met ander

beskikbare literatuur, teorie en navorsing (Bless et al., 2004:19-21; Fouche & Delport,

2005:84). In hierdie afdeling van die studie is die begrip taalaktivisme, as een van die

kragte wat ʼn samelewing nader aan demokrasie kan bring, bespreek. Aandag is aan die

determinante van taalregteaktivisme geskenk. Taalaktivisme as determinant binne die

taalbeplanningsproses en spesifiek taal-in-onderwysbeplanning is bespreek. Die doel van

die literatuurstudie is om begrip vir taalaktivisme as verskynsel te ontwikkel en die

verband met taalbeplanning en taalbeleid te ondersoek. Omdat taal- en taalregteaktivisme

deur linguistiese menseregte aangespoor word, is ook op die definiëring van

van die konsep linguistiese menseregte gekonsentreer. Die totstandkoming van

taalregteorganisasies, sowel as die rol wat sulke organisasies in die onderwys speel, is

ondersoek na aanleiding van gedokumenteerde internasionale studies. Die instrumente

van taalaktivisme soos geïdentifiseer deur Martel (1999) en later deur Du Plessis (2006),

is ook ondersoek. Ten slotte is ʼn raamwerk saamgestel na aanleiding van die insig wat uit

bogenoemde studies verkry is en waarteen die empiriese studie se data geanaliseer word.

Hierdie raamwerk is by uitstek geskik vir hierdie studie omdat dit voorsiening maak vir

die analise van beide amptelike taalbeplanning (bo-na-benede) en nie-amptelike

94

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!