DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Heidemann (2010) maak ook gedeeltelik gebruik van ’n media-analise in sy studie getiteld Giving voice to Language: Basque Language Activism and the Politics of Education Reform in France, 1969-1994. Hierin ondersoek hy die rol wat minderheidsgroepe kan speel om taalbeleid te beïnvloed. Sy analise is gebaseer op die metode van “political claims analysis” (Koopman & Statham, 1999). Volgens Heidemann is dit ’n produktiewe manier om te bepaal tot watter mate sosiale bewegings geslaag het om openlik bekend te wees, sowel as om diskursiewe inhoud aan die bekendstelling te gee. Verskeie studies het ook in kritiese taalkunde die lig gesien. Daarin word aangedui hoe die media op subtiele wyse ideologie deur middel van taal adverteer. Thetela (2001), ondersoek byvoorbeeld mediaberigte oor die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) se militêre ingryping in 1998 in Lesotho. Die artikel ondersoek die kwessie van kritiek in die koerante, met die klem op blaam. Dit ondersoek verskillende sienings (opinies, gevoelens, opvattings, ens.) oor Suid-Afrika se betrokkenheid in die konflik en hoe hierdie sienings in die ideologiesgebaseerde diskursiewe patrone van die beriggewing gekodeer is. Dit dui aan hoe die skepping van twee teenstrydige sosiale identiteite (teen ingryping vs. vir ingryping) in die media neerslag vind. Uit bogenoemde studies is dit duidelik dat inhoudsanalises baie gewild is in die bestudering van die rol van die gedrukte media in taalkwessies. Omdat die status van die onderskeie tale in Suid-Afrika veral na 1994 ʼn belangrike besprekingspunt geword het, het die kwessie noodwendig wye dekking in die gedrukte media geniet. Die gedrukte media is verder toegerus om ʼn belangrike rol in die uitbouing van tale te vervul. Die Afrikaanse pers het juis ontstaan as instrument teen die afskaling van Afrikaans gedurende die verengelsing van die koloniale tydperk. Die gedrukte media speel daarom ʼn belangrike rol in die politieke diskoers van enige samelewing en kan daarom tereg beskou word as ʼn betroubare barometer van die gevoelens en opvattings van hul lesers. Die meeste van bogenoemde studies volg egter ʼn kwantitatiewe benadering terwyl hierdie studie kwalitatief van aard is. 88

In hierdie ondersoek word ʼn literatuur-, dokumente- en empiriese studie, wat die ontleding van mediaknipsels behels het, uitgevoer. Daar word voortgebou op bostaande studies en veral op die studie van Lubbe en Truter (2007) wat ʼn gevallestudie oor positiewe taalbeplanning, soos in die gedrukte media gerapporteer, gedoen het. Waar bogenoemde studie egter ook soos in die reeds genoemde studies op aktivisme vanaf ʼn Afrikaanse uitgangspunt fokus, en ʼn betreklike kort tydperk dek, poog hierdie studie om deur middel van ʼn kwalitatiewe inhoudsanalise ʼn oorsig van taalaktivisme vir moedertaalonderrig in Suid-Afrika en die invloed daarvan op taalbeleid aan te bied. Die tydperk wat gedek word strek ook oor ʼn baie langer tyd naamlik vanaf 1994 tot 2005. Ten einde groter betroubaarheid te verseker word die empiriese studie deur ʼn uitgebreide literatuurstudie oor taalaktivisme, soos wat dit internasionaal voorkom, versterk, sowel as met ʼn dokumentestudie waarin amptelike dokumente rakende die taal in die onderwys in die land indringend ondersoek is. Dit word aan die hand van teorieë in die literatuur gedoen wat aandui dat taalaktivisme inderwaarheid onontbeerlik vir die totstandbringing van ʼn demokratiese taalbestel is. Waar bogenoemde studies hoofsaaklik op taalaktivisme vanuit Afrikanergeledere konsentreer, bied hierdie studie ook ʼn oorsig van taalaktivisme uit die geledere van diegene wat hulle vir eentalige Engelsonderrig beywer. Heugh voer aan dat niks eendimensioneel is nie en dat daar teenstrydige kragte bestaan wat ʼn samelewing óf nader aan demokrasie bring, óf verder daarvan verdryf. Nie net word die aandrywers van moedertaalonderrig ondersoek nie, maar ook watter aandrywers van aktivisme op die oog af die Suid-Afrikaanse samelewing van ʼn demokratiese taalbestel weerhou, en of hierdie skynbaar wyduiteenlopende standpunte in ʼn ware demokratiese onderwysbestel by mekaar kan uitkom. Die studie se uitgangspunt is dus die besef dat daar wyer sienings oor probleme in terme van taal in die onderwys bestaan, en dat ʼn omvattende studie wat beide uitgangspunte insluit, tot ʼn beter begrip van die probleem sal lei. Ter verdere versterking van die empiriese ondersoek is ʼn konseptuele inhoudsanalise as uitgangspunt gebruik vir die beskrywing van taalaktivisme tydens die spesifieke tydperk. Richardson (2007:18-21) se kritiek dat kwessies oor kritiese inhoudsanalise nie indringend genoeg ondersoek word nie, en dat baie vrae dikwels onbeantwoord bly, is 89

In hierdie ondersoek word ʼn literatuur-, dokumente- en empiriese studie, wat die

ontleding van mediaknipsels behels het, uitgevoer. Daar word voortgebou op bostaande

studies en veral op die studie van Lubbe en Truter (2007) wat ʼn gevallestudie oor

positiewe taalbeplanning, soos in die gedrukte media gerapporteer, gedoen het. Waar

bogenoemde studie egter ook soos in die reeds genoemde studies op aktivisme vanaf ʼn

Afrikaanse uitgangspunt fokus, en ʼn betreklike kort tydperk dek, poog hierdie studie om

deur middel van ʼn kwalitatiewe inhoudsanalise ʼn oorsig van taalaktivisme vir

moedertaalonderrig in Suid-Afrika en die invloed daarvan op taalbeleid aan te bied. Die

tydperk wat gedek word strek ook oor ʼn baie langer tyd naamlik vanaf 1994 tot 2005.

Ten einde groter betroubaarheid te verseker word die empiriese studie deur ʼn uitgebreide

literatuurstudie oor taalaktivisme, soos wat dit internasionaal voorkom, versterk, sowel as

met ʼn dokumentestudie waarin amptelike dokumente rakende die taal in die onderwys in

die land indringend ondersoek is. Dit word aan die hand van teorieë in die literatuur

gedoen wat aandui dat taalaktivisme inderwaarheid onontbeerlik vir die totstandbringing

van ʼn demokratiese taalbestel is. Waar bogenoemde studies hoofsaaklik op taalaktivisme

vanuit Afrikanergeledere konsentreer, bied hierdie studie ook ʼn oorsig van taalaktivisme

uit die geledere van diegene wat hulle vir eentalige Engelsonderrig beywer. Heugh voer

aan dat niks eendimensioneel is nie en dat daar teenstrydige kragte bestaan wat ʼn

samelewing óf nader aan demokrasie bring, óf verder daarvan verdryf. Nie net word die

aandrywers van moedertaalonderrig ondersoek nie, maar ook watter aandrywers van

aktivisme op die oog af die Suid-Afrikaanse samelewing van ʼn demokratiese taalbestel

weerhou, en of hierdie skynbaar wyduiteenlopende standpunte in ʼn ware demokratiese

onderwysbestel by mekaar kan uitkom. Die studie se uitgangspunt is dus die besef dat

daar wyer sienings oor probleme in terme van taal in die onderwys bestaan, en dat ʼn

omvattende studie wat beide uitgangspunte insluit, tot ʼn beter begrip van die probleem

sal lei.

Ter verdere versterking van die empiriese ondersoek is ʼn konseptuele inhoudsanalise as

uitgangspunt gebruik vir die beskrywing van taalaktivisme tydens die spesifieke tydperk.

Richardson (2007:18-21) se kritiek dat kwessies oor kritiese inhoudsanalise nie

indringend genoeg ondersoek word nie, en dat baie vrae dikwels onbeantwoord bly, is

89

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!