LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p82 Na die omwentelinge in die ANC tydens hulle Polokwane konferensie in 2008 waar Mbeki as partyleier uitgestem is, is hy vervang is deur die tussentydse president Kgalema Motlanthe. Dié se termyn was slegs ongeveer agt maande waarna hy op sy beurt weer vervang is deur die allemansvriend Jacob Zuma (Roodt 2007) oor wie se kop die swaard van beweerde korrupsie hang. Die Nasionale Vervolgingsgesag het in 2009 besluit om alle klagtes teen Zuma te laat vaar (Mail & Guardian 2009:elektroniese bron) ten spyte daarvan dat die staat reeds aangedui het dat 218 getuies teen hom ingespan sal word (Van der Westhuizen 2008:2). In die onlangse verlede het die appèlhof egter beslis dat die redes vir hierdie besluit bekendgemaak moet word (Joubert 2012:1), wat die moontlikheid open dat die saak teen hom weer aanhangig gemaak kan word. Zuma is reeds twee jaar voor sy verkiesing as president beskryf as ʼn “gemoedelike populis” (Roodt 2007:elektroniese bron) na aanleiding van sy gesellige vleisbraai saam met Afrikaanse kunstenaars in Houghton. Later sou dit dikwels beweer word dat Zuma sy uitsprake aanpas by die gehoor (Johnson, R.W. 2009:640). Regse groepe noem hom ʼn manteldraaier (Van de Graaf 2009:elektroniese bron) en wys graag daarop dat in ʼn meningspeiling onder Beeld (2009a:elektroniese bron) se aanlyn-lesers, 97% nee gestem het op die vraag: Is mnr. Jacob Zuma eerlik met die Afrikaners? In 2005 het Zuma in die hof verskyn op ʼn aanklag van verkragting (Rapport 2005:elektroniese bron). Na ʼn uitgerekte hofsaak waarin baie privaat aspekte van sy lewe geopenaar is, is hy onskuldig bevind. In ʼn hoofartikel skryf Volksblad dat “sy optrede en moraliteit van so ’n aard is dat dit nie met die hoë standaarde versoen kan word wat van die nasionale leierskap verwag word nie.” Hy word verder beskryf as “iemand met ’n gevaarlike gebrek aan gesonde oordeelsvermoë. Dit is haas ondenkbaar dat hy teen daardie agtergrond met ’n openbare leierskapsposisie vertrou kan word” (Volksblad 2006:elektroniese bron). Die hofsaak het nie alleen ʼn ernstige vraagteken oor die president se geskiktheid as leier laat ontstaan nie, maar het ook aanleiding gegee tot ʼn gespot met die president se seksuele moraal wat duidelik uitkom in Zapiro 11 se tekeninge van die president met ʼn ingeboude stortkop bokant sy kop 12 . Die president se leefstyl versterk die beeld van ʼn 11 Zapiro is die kunstenaarsnaam van Jonathan Shapiro die spotprenttekenaar van Mail & Guardian, The Times en ook Sunday Times aldus sy webblad http://www.zapiro.com/about/About_Zapiro/ 12 In die verkragting-hofsaak is Zuma gevra of hy voorsorg getref het teen moontlike MIV infeksie. Hierop
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p83 seksueel-losbandige persoon. Hy was ook reeds ses keer getroud en het tans vier vroue. Daarby word beraam dat hy twintig kinders by tien verskillende vroue het (Laing 2012:elektroniese bron). Hierdie patroon maak hom die teiken van verskillende kunstenaars. Só hou die Goodman Galery in Johannesburg in Mei 2012 ʼn eenmanuitstalling van Brett Murray met die titel Hail to the Thief II waarin die skilder sosiale kritiek lewer op die ANC. Die aandag word veral getrek deur die skildery The Spear waarin Zuma met ontblote geslagsdele uitgebeeld word en die skilder spot met Zuma se seksuele lewe (Blignaut 2012:elektroniese bron). Dit is nie alleen die president van die land wat dinge doen wat die wit kiesers omkrap nie; die ANC se jeugliga is voortdurend in die nuus oor uitsprake wat as onverantwoordelik beskryf kan word. Die president van die Jeugliga Julius Malema is reeds etlike jare in die nuus oor sy oproep tot nasionalisering van die land se myne en banke. Hy het openlik "ekonomiese oorlog" teen die "wit minderheid" verklaar (News24 2011:elektroniese bron). Dít tesame met sy gebruik van die slagspreuk Kill the Boer – wat die Gelykheidshof (Lamont 2011) as haatspraak uitgewys het – maak hom tans baie ongewild onder wit Afrikaners. Hy is sedertdien geskors as lid van die ANC (Quintal 2012:elektroniese bron), maar daar is voortdurend stemme wat opgaan om sy skorsing ongedaan te maak. 3.1.4 Dienslewering Die bestuur van die land se infrastruktuur bly voortdurend onder druk. In 2008 erken die regering dat hulle swak beplanning gelei het tot die wanbalans tussen aanvraag en voorsiening in elektrisiteit deur Eskom (Suid-Afrika se energiekrisis 2009:elektroniese bron). Ook die damme en riviere is jarelank reeds onder druk as gevolg van swak bestuur (Tempelhoff 2008 en 2012). Op plaaslike vlak boesem die politici nie veel meer vertroue in nie. Swart-beheerde munisipaliteite slaag al minder en minder in dienslewering (Steenkamp 2009:1) en sienderoë gaan infrastruktuur en munisipale “regspleging en orde” (Green 2011:1) agteruit. In een van Welkom se buurdorpe, Odendaalsrus, is dit nie vreemd om beeste en varke in die nywerheidsgebied te sien rondloop nie. Die meeste van dié diere “behoort aan onderwysers, polisielede en selfs boere” (Green 2011:1). Selfs ʼn gerespekteerde politieke ontleder soos Moeletsi Mbeki het hy geantwoord dat hy, nadat hy gemeenskap gehad het met die klaagster, gestort het om hom teen die MI-virus te beskerm.
- Page 47 and 48: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 49 and 50: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 51 and 52: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 53 and 54: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 55 and 56: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 57 and 58: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 59 and 60: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 61 and 62: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 63 and 64: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 65 and 66: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 67 and 68: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 69 and 70: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 71 and 72: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 73 and 74: HOOFSTUK 2 DIE OORSPRONG VAN DIE AP
- Page 75 and 76: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 77 and 78: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 79 and 80: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 81 and 82: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 83 and 84: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 85 and 86: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 87 and 88: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 89 and 90: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 91 and 92: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 93 and 94: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 95 and 96: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 97: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 101 and 102: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 103 and 104: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 105 and 106: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 107 and 108: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 109 and 110: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 111 and 112: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 113 and 114: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 115 and 116: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 117 and 118: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 119 and 120: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 121 and 122: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 123 and 124: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 125 and 126: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 127 and 128: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 129 and 130: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 131 and 132: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 133 and 134: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 135 and 136: HOOFSTUK 3 DIE VERHAAL OOR APARTHEI
- Page 137 and 138: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 139 and 140: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 141 and 142: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 143 and 144: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 145 and 146: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 147 and 148: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p82

Na die omwentelinge in die ANC tydens hulle Polokwane konferensie in 2008 waar

Mbeki as partyleier uitgestem is, is hy vervang is deur die tussentydse president

Kgalema Motlanthe. Dié se termyn was slegs ongeveer agt maande waarna hy op sy

beurt weer vervang is deur die allemansvriend Jacob Zuma (Roodt 2007) oor wie se

kop die swaard van beweerde korrupsie hang. Die Nasionale Vervolgingsgesag het in

2009 besluit om alle klagtes teen Zuma te laat vaar (Mail & Guardian 2009:elektroniese

bron) ten spyte daarvan dat die staat reeds aangedui het dat 218 getuies teen hom

ingespan sal word (Van der Westhuizen 2008:2). In die onlangse verlede het die

appèlhof egter beslis dat die redes vir hierdie besluit bekendgemaak moet word

(Joubert 2012:1), wat die moontlikheid open dat die saak teen hom weer aanhangig

gemaak kan word.

Zuma is reeds twee jaar voor sy verkiesing as president beskryf as ʼn “gemoedelike

populis” (Roodt 2007:elektroniese bron) na aanleiding van sy gesellige vleisbraai saam

met Afrikaanse kunstenaars in Houghton. Later sou dit dikwels beweer word dat Zuma

sy uitsprake aanpas by die gehoor (Johnson, R.W. 2009:640). Regse groepe noem

hom ʼn manteldraaier (Van de Graaf 2009:elektroniese bron) en wys graag daarop dat

in ʼn meningspeiling onder Beeld (2009a:elektroniese bron) se aanlyn-lesers, 97% nee

gestem het op die vraag: Is mnr. Jacob Zuma eerlik met die Afrikaners?

In 2005 het Zuma in die hof verskyn op ʼn aanklag van verkragting (Rapport

2005:elektroniese bron). Na ʼn uitgerekte hofsaak waarin baie privaat aspekte van sy

lewe geopenaar is, is hy onskuldig bevind. In ʼn hoofartikel skryf Volksblad dat “sy

optrede en moraliteit van so ’n aard is dat dit nie met die hoë standaarde versoen kan

word wat van die nasionale leierskap verwag word nie.” Hy word verder beskryf as

“iemand met ’n gevaarlike gebrek aan gesonde oordeelsvermoë. Dit is haas

ondenkbaar dat hy teen daardie agtergrond met ’n openbare leierskapsposisie vertrou

kan word” (Volksblad 2006:elektroniese bron).

Die hofsaak het nie alleen ʼn ernstige vraagteken oor die president se geskiktheid as

leier laat ontstaan nie, maar het ook aanleiding gegee tot ʼn gespot met die president se

seksuele moraal wat duidelik uitkom in Zapiro 11 se tekeninge van die president met ʼn

ingeboude stortkop bokant sy kop 12 . Die president se leefstyl versterk die beeld van ʼn

11 Zapiro is die kunstenaarsnaam van Jonathan Shapiro die spotprenttekenaar van Mail & Guardian, The

Times en ook Sunday Times aldus sy webblad http://www.zapiro.com/about/About_Zapiro/

12 In die verkragting-hofsaak is Zuma gevra of hy voorsorg getref het teen moontlike MIV infeksie. Hierop