LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p80 klagtes ingedien tot ʼn skuldigbevinding gelei” (Van Wyk 2012:elektroniese bron) het. Isak [16-161] en Johan [17-023] maak albei in hulle skriftelike korrespondensie melding hiervan. Van Wyk (2012:elektroniese bron) skryf “Die meeste swart en wit Suid- Afrikaners het direkte of indirekte ervarings van misdaad en is bekommerd daaroor.” Ook die Welkom-omgewing is hierin nie gespaar nie. Op 9 Maart 2009 rapporteer Volksblad soos volg oor ʼn voorval op die buurdorp Allanridge: “’n Man op borgtog nadat hy vroeër weens moord in hegtenis geneem is, is agter tralies weens die grusame en wreedaardige aanval op ’n bejaarde vrou en haar dogter Vrydagnag op die dorp. Mev. Alice Lotter (78) is kort ná die aanval aan haar beserings dood” (De Wet 2009:1). In reaksie op die moord, en misdaad in die algemeen, het Roy Jankielsohn, Vrystaatse leier van die DA gesê: Die aanval en moord is weereens bewys dat die regering versuim in sy plig om Suid-Afrikaners te beskerm. Misdaad is buite beheer omdat die meeste misdadigers verseker is dat hulle daarmee gaan wegkom. Hulle weet dat die meeste misdadigers nooit gevang word nie en al word hulle gevang, is die vervolgingsyfer van ons howe net 11% (aangehaal in Phillips 2009a:1). In onlangse navorsing is bevind dat ʼn persoon ʼn een uit drie kans het dat sy noodoproep na die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie beantwoord sal word nie. ʼn Onafhanklike navorser Gareth van Onselen (2012:elektroniese bron) het elke polisiestasie in die land gebel op die nommer wat op die SAPD se amptelike webblad verskyn. Van die 1116 nommers op die lys was 388 verkeerde nommers of is dit nie geantwoord na vyftien luie nie. ʼn Misdaadslagoffer wat die polisie skakel, het dus ʼn 35% kans om nie by die polisie uit te kom nie. 3.1.3 Politiek Die politieke situasie het ook nie daarin geslaag om die onsekerheid te besweer nie. “South Africa’s early years as a democracy have not been easy. The euphoria that most South Africans felt under the presidency of Nelson Mandela has given way to confusion and tension under his successor, Thabo Mbeki” (Guest 2004:22). Mandela se styl van leierskap was duidelik een van inklusiwiteit en versoening. Hy het uit sy pad

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p81 gegaan om veral die Afrikaanse gemeenskap te betrek by die nuwe Suid-Afrika. “He was acutely sensitive not to trample on Afrikaner symbols” (Sparks 2003:129). Hierdie situasie het handomkeer verander met die koms van Mbeki. Teenoor Mandela se versoenende benadering, is Mbeki beleef as sou hy telkens fokus op die verskille tussen die rasse. Swarns (2001:elektroniese bron) skryf oor die belewenis van wit besigheidmense en sê: “Many have felt alienated by Mr. Mbeki, who has focused more on rooting out racism and racial disparities than on promoting reconciliation.” Vroeg in sy termyn was daar positiewe opmerkings oor wit mense. In sy staatsrede van 9 Februarie 2001 reik hy doelbewus uit na wit mense wat meegewerk het aan die opheffing van swart mede-Suid-Afrikaners. “These include Afrikaner farmers and professionals and historically white schools who have voluntarily decided to devote time and resources to the development of the disadvantaged sections of our population” (Mbeki 2001:elektroniese bron). Hy openbaar egter ʼn ander gesindheid teenoor sy mede-landgenote wanneer hy tydens ʼn staatsbesoek in Uganda na die wit mense van Suid-Afrika verwys as ʼn spesiale groep kolonialiste (Mbeki 2005:elektroniese bron). Die oud-joernalis en tans politieke kommentator Max du Preez (2009:elektroniese bron) stel dit só: When Thabo Mbeki took over as president, all pretence went out the window. Like most insecure men, he had an obsession with race. He didn’t like white people much, – especially Afrikaners. He called them “colonialists of a special kind”. In his mind you were either a “settler” or a “native. Dit is juis in die lig hiervan dat sy “stille diplomasie” met betrekking tot Zimbabwe se besetting van wit boere se plase, groot skade berokken het aan sy beeld, veral onder die wit mense van die land. Hieroor skryf Beeld (2004:elektroniese bron) na vier jaar se stille diplomasie dat “pres. Thabo Mbeki se beleid van stille diplomasie tot dusver nie 'n blou duit verskil in dié buurland gemaak het nie.” Drie jaar verder lewer Volksblad (2007:elektroniese bron) die volgende kommentaar: “Suider-Afrika betaal ’n reusagtige prys vir die Mbeki-bewind se stille diplomasie terwyl miljoene Zimbabwiërs ly in ons sterwende buurland.” Die politieke joernalis, voormalige ANC lid en voormalige direkteur van die Helen Suzman Stigting, R.W. Johnson (2009:619) sê Mbeki se presidensie “ended in failure on every front.”

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p81

gegaan om veral die Afrikaanse gemeenskap te betrek by die nuwe Suid-Afrika. “He

was acutely sensitive not to trample on Afrikaner symbols” (Sparks 2003:129). Hierdie

situasie het handomkeer verander met die koms van Mbeki. Teenoor Mandela se

versoenende benadering, is Mbeki beleef as sou hy telkens fokus op die verskille

tussen die rasse. Swarns (2001:elektroniese bron) skryf oor die belewenis van wit

besigheidmense en sê: “Many have felt alienated by Mr. Mbeki, who has focused more

on rooting out racism and racial disparities than on promoting reconciliation.”

Vroeg in sy termyn was daar positiewe opmerkings oor wit mense. In sy staatsrede van

9 Februarie 2001 reik hy doelbewus uit na wit mense wat meegewerk het aan die

opheffing van swart mede-Suid-Afrikaners. “These include Afrikaner farmers and

professionals and historically white schools who have voluntarily decided to devote

time and resources to the development of the disadvantaged sections of our

population” (Mbeki 2001:elektroniese bron).

Hy openbaar egter ʼn ander gesindheid teenoor sy mede-landgenote wanneer hy

tydens ʼn staatsbesoek in Uganda na die wit mense van Suid-Afrika verwys as ʼn

spesiale groep kolonialiste (Mbeki 2005:elektroniese bron). Die oud-joernalis en tans

politieke kommentator Max du Preez (2009:elektroniese bron) stel dit só:

When Thabo Mbeki took over as president, all pretence went out the

window. Like most insecure men, he had an obsession with race. He

didn’t like white people much, – especially Afrikaners. He called them

“colonialists of a special kind”. In his mind you were either a “settler” or

a “native.

Dit is juis in die lig hiervan dat sy “stille diplomasie” met betrekking tot Zimbabwe se

besetting van wit boere se plase, groot skade berokken het aan sy beeld, veral onder

die wit mense van die land. Hieroor skryf Beeld (2004:elektroniese bron) na vier jaar se

stille diplomasie dat “pres. Thabo Mbeki se beleid van stille diplomasie tot dusver nie 'n

blou duit verskil in dié buurland gemaak het nie.” Drie jaar verder lewer Volksblad

(2007:elektroniese bron) die volgende kommentaar: “Suider-Afrika betaal ’n reusagtige

prys vir die Mbeki-bewind se stille diplomasie terwyl miljoene Zimbabwiërs ly in ons

sterwende buurland.” Die politieke joernalis, voormalige ANC lid en voormalige

direkteur van die Helen Suzman Stigting, R.W. Johnson (2009:619) sê Mbeki se

presidensie “ended in failure on every front.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!