25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p80

klagtes ingedien tot ʼn skuldigbevinding gelei” (Van Wyk 2012:elektroniese bron) het.

Isak [16-161] en Johan [17-023] maak albei in hulle skriftelike korrespondensie melding

hiervan. Van Wyk (2012:elektroniese bron) skryf “Die meeste swart en wit Suid-

Afrikaners het direkte of indirekte ervarings van misdaad en is bekommerd daaroor.”

Ook die Welkom-omgewing is hierin nie gespaar nie. Op 9 Maart 2009 rapporteer

Volksblad soos volg oor ʼn voorval op die buurdorp Allanridge: “’n Man op borgtog nadat

hy vroeër weens moord in hegtenis geneem is, is agter tralies weens die grusame en

wreedaardige aanval op ’n bejaarde vrou en haar dogter Vrydagnag op die dorp. Mev.

Alice Lotter (78) is kort ná die aanval aan haar beserings dood” (De Wet 2009:1).

In reaksie op die moord, en misdaad in die algemeen, het Roy Jankielsohn, Vrystaatse

leier van die DA gesê:

Die aanval en moord is weereens bewys dat die regering versuim in sy

plig om Suid-Afrikaners te beskerm. Misdaad is buite beheer omdat die

meeste misdadigers verseker is dat hulle daarmee gaan wegkom.

Hulle weet dat die meeste misdadigers nooit gevang word nie en al

word hulle gevang, is die vervolgingsyfer van ons howe net 11%

(aangehaal in Phillips 2009a:1).

In onlangse navorsing is bevind dat ʼn persoon ʼn een uit drie kans het dat sy

noodoproep na die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie beantwoord sal word nie. ʼn

Onafhanklike navorser Gareth van Onselen (2012:elektroniese bron) het elke

polisiestasie in die land gebel op die nommer wat op die SAPD se amptelike webblad

verskyn. Van die 1116 nommers op die lys was 388 verkeerde nommers of is dit nie

geantwoord na vyftien luie nie. ʼn Misdaadslagoffer wat die polisie skakel, het dus ʼn

35% kans om nie by die polisie uit te kom nie.

3.1.3 Politiek

Die politieke situasie het ook nie daarin geslaag om die onsekerheid te besweer nie.

“South Africa’s early years as a democracy have not been easy. The euphoria that

most South Africans felt under the presidency of Nelson Mandela has given way to

confusion and tension under his successor, Thabo Mbeki” (Guest 2004:22). Mandela

se styl van leierskap was duidelik een van inklusiwiteit en versoening. Hy het uit sy pad

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!