LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p78 Isak [8-345] tel hierdie lyn weer op as hy in ʼn latere gesprek vertel van hoe maklik wit matrikulante destyds werk gekry het: Toe ons, toe ek matriek gemaak het en my ouer broers matriek gemaak het, het jy nie 'n probleem gehad om werk te kry nie. Toe my broer matriek geskryf het, het ons gaan vakansie hou in die Kaap en na drie weke toe sê hy hy wil tekenaar doen, hy weet net nie waar hy moet gaan aansoek doen nie, by die poskantoor of die spoorweë, of waar ook al. Hy het aansoek gedoen by die poskantoor. Hy het Vrydag aansoek gedoen en Maandag bel hulle hom en sê jy het die werk gekry. Ek het net so maklik werk gekry, ons kinders kry nie so maklik werk nie, want die speelveld is nou gelyk gemaak. Dieselfde frustrasie wat die swartmense al die jare gehad het om toegang te kry tot werk te kry, het ons kinders ook nou. Ek dink die saak daar is nou reggestel, die deursnee blankes kinders is nou dieselfde bootjie as die swartmense. Dit was dan ook juis in die staatsdiens waar wit mense se werke die meeste in die gedrang was. “Between 1994 and 1997 the number of whites in government services dropped from 87 percent to 21 percent... [a] lot of whites employed at local, provincial or national authorities and in parastatals, such as the railways and the post office, lost their jobs” (Schuermans & Visser 2005:23). Al sien baie van die mede-navorsers, en wit Afrikaners in die algemeen, dit nie raak nie, maak Mamphela Ramphele (2008:148–150, 246–247) die opmerking dat wit Suid- Afrikaners nie juis kan kla as die demokratiese regering regstellende aksie as regeringsbeleid kies nie. Om die beleid te beoordeel moet in gedagte gehou word hoeveel wit mans dwarsdeur die hele 20ste eeu onregmatig bevoordeel is deur wat sy noem ʼn vorm van “affirmative action provided for white males.” Een van die min mede-navorsers wat dit wel so raaksien, is Elsa. Sy noem die saak by die naam as sy praat van die Afrikaner se eie regstellende aksie nadat die NP aan bewind gekom het:

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p79 Ons het vir die Afrikaner werk geskep in die staatsdiens en orals. Ek meen toe was dit goed, want dit was tot ons voordeel, ek is seker as mens sou praat met die meer Engelsgesinde regime van daardie tyd, sou hulle voel soos wat ons nou voel, want hierdie boere weet niks nie, hulle is nie behoorlik opgelei, hulle kry nou al hierdie poste. Ons praat nog steeds vanuit 'n bevoorregte posisie. Ons praat so omdat ons nie regtig graag iets wil afstaan nie, maar as ons in die swart mense se posisie was, sou ons heel anders gevoel het, want dan was ons in die ontvangposisie Elsa [5-651]. Saam met wit armoede gaan ook die kommer oor grondhervorming. Wit boere se plase is opgekoop en aan swart boere oorgedra wat aanspraak op die grond gemaak het, omdat hulle voorouers daar gewoon het. Hierdie oordragte het dikwels misluk. Volgens ʼn berig in Beeld (Van der Walt 2010) het die minister van landelike ontwikkeling en grondsake, “erken die regering se institusionele vermoë skiet tekort om grondhervorming suksesvol deur te voer”. Benewens die probleem met ʼn tekort aan opgeleide personeel om die proses te bestuur, het hy ook erken dat baie min plase wat oorgedra is, “suksesvol” was en “ná oordrag produktief gebly” het. Die dramatiese afname in produktiewe plase bedreig die land en sy burgers se voedselsekerheid. 3.1.2 Misdaad Die enkele grootste knelpunt wat onsekerheid in die post-apartheid Suid-Afrika veroorsaak, is die klaarblyklike onkeerbare vlaag van misdaad wat oor die land spoel. Daar is ʼn “toename in wrede en sinlose geweld, die misdaad wat al hoe meer mense aan eie lyf voel” (Van der Watt 2007:9). Selfs in skole is daar ʼn toename in geweld (Pienaar 2008:2). Uit wit mense se emosionele reaksie op geweld, veral iets soos plaasmoorde, wil dit voorkom asof hulle glo dat geweld net gerig is op die wit gemeenskap. Hierteenoor sê die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge dat misdaad juis die een saak is wat alle Suid-Afrikaners kan verenig (Van Wyk 2012:elektroniese bron), omdat dit almal ewe veel raak. Wat egter kommerwekkend is, is dat volgens die onafhanklike klagtesdirektoraat se 2009-10-verslag “net 1,2% van

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p79

Ons het vir die Afrikaner werk geskep in die

staatsdiens en orals. Ek meen toe was dit goed, want

dit was tot ons voordeel, ek is seker as mens sou

praat met die meer Engelsgesinde regime van daardie

tyd, sou hulle voel soos wat ons nou voel, want

hierdie boere weet niks nie, hulle is nie behoorlik

opgelei, hulle kry nou al hierdie poste. Ons praat

nog steeds vanuit 'n bevoorregte posisie. Ons praat

so omdat ons nie regtig graag iets wil afstaan nie,

maar as ons in die swart mense se posisie was, sou

ons heel anders gevoel het, want dan was ons in die

ontvangposisie Elsa [5-651].

Saam met wit armoede gaan ook die kommer oor grondhervorming. Wit boere se plase

is opgekoop en aan swart boere oorgedra wat aanspraak op die grond gemaak het,

omdat hulle voorouers daar gewoon het. Hierdie oordragte het dikwels misluk. Volgens

ʼn berig in Beeld (Van der Walt 2010) het die minister van landelike ontwikkeling en

grondsake, “erken die regering se institusionele vermoë skiet tekort om grondhervorming

suksesvol deur te voer”. Benewens die probleem met ʼn tekort aan

opgeleide personeel om die proses te bestuur, het hy ook erken dat baie min plase wat

oorgedra is, “suksesvol” was en “ná oordrag produktief gebly” het. Die dramatiese

afname in produktiewe plase bedreig die land en sy burgers se voedselsekerheid.

3.1.2 Misdaad

Die enkele grootste knelpunt wat onsekerheid in die post-apartheid Suid-Afrika

veroorsaak, is die klaarblyklike onkeerbare vlaag van misdaad wat oor die land spoel.

Daar is ʼn “toename in wrede en sinlose geweld, die misdaad wat al hoe meer mense

aan eie lyf voel” (Van der Watt 2007:9). Selfs in skole is daar ʼn toename in geweld

(Pienaar 2008:2). Uit wit mense se emosionele reaksie op geweld, veral iets soos

plaasmoorde, wil dit voorkom asof hulle glo dat geweld net gerig is op die wit

gemeenskap. Hierteenoor sê die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge dat

misdaad juis die een saak is wat alle Suid-Afrikaners kan verenig (Van Wyk

2012:elektroniese bron), omdat dit almal ewe veel raak. Wat egter kommerwekkend is,

is dat volgens die onafhanklike klagtesdirektoraat se 2009-10-verslag “net 1,2% van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!