25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p78

Isak [8-345] tel hierdie lyn weer op as hy in ʼn latere gesprek vertel van hoe maklik wit

matrikulante destyds werk gekry het:

Toe ons, toe ek matriek gemaak het en my ouer broers

matriek gemaak het, het jy nie 'n probleem gehad om

werk te kry nie. Toe my broer matriek geskryf het,

het ons gaan vakansie hou in die Kaap en na drie

weke toe sê hy hy wil tekenaar doen, hy weet net nie

waar hy moet gaan aansoek doen nie, by die

poskantoor of die spoorweë, of waar ook al. Hy het

aansoek gedoen by die poskantoor. Hy het Vrydag

aansoek gedoen en Maandag bel hulle hom en sê jy het

die werk gekry. Ek het net so maklik werk gekry, ons

kinders kry nie so maklik werk nie, want die

speelveld is nou gelyk gemaak. Dieselfde frustrasie

wat die swartmense al die jare gehad het om toegang

te kry tot werk te kry, het ons kinders ook nou. Ek

dink die saak daar is nou reggestel, die deursnee

blankes kinders is nou dieselfde bootjie as die

swartmense.

Dit was dan ook juis in die staatsdiens waar wit mense se werke die meeste in die

gedrang was. “Between 1994 and 1997 the number of whites in government services

dropped from 87 percent to 21 percent... [a] lot of whites employed at local, provincial

or national authorities and in parastatals, such as the railways and the post office, lost

their jobs” (Schuermans & Visser 2005:23).

Al sien baie van die mede-navorsers, en wit Afrikaners in die algemeen, dit nie raak

nie, maak Mamphela Ramphele (2008:148–150, 246–247) die opmerking dat wit Suid-

Afrikaners nie juis kan kla as die demokratiese regering regstellende aksie as

regeringsbeleid kies nie. Om die beleid te beoordeel moet in gedagte gehou word

hoeveel wit mans dwarsdeur die hele 20ste eeu onregmatig bevoordeel is deur wat sy

noem ʼn vorm van “affirmative action provided for white males.”

Een van die min mede-navorsers wat dit wel so raaksien, is Elsa. Sy noem die saak by

die naam as sy praat van die Afrikaner se eie regstellende aksie nadat die

NP aan bewind gekom het:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!