25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p76

Waar armoede in die apartheidstyd hoofsaaklik geassosieer is met swart mense, is

daar tans al hoe meer wit mense wat ook as arm beskryf kan word. Volgens statistieke

saamgestel deur die demograaf prof. Flip Smit het wit armoede sedert “1994 met meer

as 150% toegeneem” (aangehaal in Dommissie 2011:elektroniese bron). Na raming is

daar tans ongeveer 430 wit plakkerskampe waar ongeveer 600 000 wit mense in

chroniese armoede leef, dit wil sê minder as R4000 vir ʼn ouerpaar met twee kinders

(Dommissie 2011:elektroniese bron). Hieroor verklaar Langer (aangehaal in Dykema

2010:elektroniese bron) van die vakbond Solidariteit se Helpende Hand afdeling: “Daar

heers steeds ʼn persepsie in Suid-Afrika en wêreldwyd dat wit mense in die land ryk en

swart mense arm is, afgesien van die feit dat nagenoeg 600 000 Afrikaners in Suid-

Afrika besig is om in armoede te verval.”

Hierdie wit mense se armoede kan waarskynlik beskryf word as “relatiewe armoede”

(Schuermans & Visser 2005:39) omdat hulle in terme van swart armoede eintlik nie

arm is nie, maar in vergelyking met ander wit mense wel arm is. Na hierdie groep

mense kan verwys word as die “working poor” (Schuermans & Visser 2005:23), omdat

hulle inkomste sodanig is dat hulle nie uit hulle armoede kan uitstyg nie.

In Suid-Afrika is selfs armoede ras-bepaald. Wit armoede is anders as swart armoede.

Hierdie onderskeid hang saam met wit mense se siening van hulleself en hoe hulle na

swart mense kyk. Swart mense doen sekere dinge wat wit mense nie doen nie, omdat

dit as benede hulle waardigheid beskou word. Dit sluit in om net pap te eet en om ʼn

taxi te gebruik om iewers te kom (Schuermans & Visser 2005:40). As jy arm is, is dit

egter wat jy doen. Wit mense se armoede vra dus nie net na geld nie, maar veral na ʼn

kopskuif.

Krog (2005:122) bevestig hierdie standpunt as sy vertel van ʼn maatskaplike werker wat

met haar praat oor wit armoede in Kroonstad:

‘Ontsettende armoede onder wittes,’ sê die maatskaplike werkster. ‘En

dis byna asof hulle degenereer van die armoede. Jy weet, asof hulle

onmenslik raak. Daar is veel groter armoede onder die swartes, maar

sulke ongelooflike ondersteuningstrukture: iemand staan altyd iemand

by, iemand stuur ʼn geldjie, of gee meel, of ʼn trui. Hoewel mense uit die

ashope ʼn bestaan maak, bly daar ʼn soort menslikheid staan. Ek weet

nie hoe dit is nie. Maar die vlakke van ontmensliking onder arm wittes

het ek nog nie by die swartes teëgekom nie’.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!