LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p74 3. “Ek het nie meer ʼn ouer nie” Wat het in die tydperk van 1998 tot 2012 gebeur wat ʼn invloed kon hê op die houdings en sienings van wit Afrikaanse Christene? Dit is die vraag wat in hierdie afdeling aan die orde gestel word. In hoofsaak word aandag gegee aan die situasie in 2012 en daarna word kortliks terugskouend gekyk na die tydperk sedert 1998. Al die sake kom aan die orde onder die opskrifte: onseker, ontnugter, opgewonde en oneerlik. Die opvolgnavorsing van 2012 speel in ʼn heel ander milieu af as die aanvanklike navorsing in 1998. Die euforie van die eerste jare van hierdie nie-rassige demokrasie het plek gemaak vir ʼn groter realisme en selfs vir ʼn ontnugtering in sekere gevalle. As hulle eerlik is, sal meer wit Afrikaners saam met Elsa [9-037] moet sê dat hulle lewe nie dramaties geraak[is] deur die nuwe regering nie, of in die woorde van George [15-500]: Ek is nie bekommerd nie, ek meen ek het nou al hoeveel, agtien, negentien jaar se praktiese ondervinding van hierdie nuwe bedeling en dit het my nog nie nadelig geraak nie. In ʼn groot mate gaan die lewe vir baie onveranderd aan. Nie een van die mede-navorsers se persoonlike lewe is dramaties geaffekteer deur die oorgang na ʼn post-apartheid Suid-Afrika nie. Enkeles het hulle wel sterk uitgespreek oor regstellende aksie wat hulle loopbaan-moontlikhede benadeel het, maar vir die meerderheid was daar geen grootskaalse veranderinge nie. Alhoewel die meeste mede-navorsers se lewens nie ingrypend verander het nie, is daar tog ʼn aantal faktore wat erg kommerwekkend is en op ʼn direkte of indirekte wyse elke burger in Suid-Afrika affekteer. In die volgende aantal paragrawe lig ek enkeles hiervan uit wat in die gesprekke telkens na vore gekom het. 3.1 Onseker Een woord wat die tyd tussen die aanvanklike navorsing in 1998 en die opvolgnavorsing in 2012 kenmerk, is onsekerheid. Soos ʼn lidmaat onlangs oor die tyd sedert 1994 opgemerk het: “Ek het nie meer ʼn ouer om vir my te sorg nie.” Hierdie onsekerheid bring baie bekommernis oor die toekoms. In dié verband kom die voorbeeld van Zimbabwe dikwels in gesprekke na vore. Hierdie land, “once considered the breadbasket of Africa” (CNN 2008:elektroniese bron), het sedert die chaotiese
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p75 beslaglegging op wit kommersiële boere se plase ʼn ekonomiese ineenstorting gehad. Hierdie regeringsplan, en ander ondeurdagte optredes, het die land se inflasiekoers die hoogte in laat opskiet, soveel so dat die BBC (2008b:elektroniese bron) daarna verwys as “the highest inflation ever recorded.” Die Cato Institute van Amerika bereken die inflasie op 14 November 2008 as 89 700 triljoen persent per jaar oftewel 89,7 maal 10 tot die mag 21 (Hanke 2010:elektroniese bron). Dit is veral die lot van bejaardes in Zimbabwe wat dikwels wit Afrikaners bekommerd maak. Baie van hierdie mense het na die beste van hulle vermoë probeer voorsiening maak vir hulle aftrede. Ongelukkig kon hulle nie die hiperinflasie voorsien of hulle daarteen verskans nie. Die gevolg was dat hulle spaargeld alle koopkrag verloor het en hulle voorsiening dus van geen waarde is nie. Baie van hulle “leef van die aalmoese van familielede en weldoeners in Amerika en Europa” (Pelser 2009:elektroniese bron). Reeds in 2006 skryf die New York Times (Wines 2006:elektroniese bron) “bread, margarine, meat, even the once ubiquitous morning cup of tea – have become unimaginable luxuries.” Die vrees wat uitgespreek word, is dat Suid-Afrika dieselfde pad sal loop as sy noordelike buurman. Wit Afrikaners het ʼn vrees dat wat in Zimbabwe gebeur het – “foreign investors fled, manufacturing ground to a halt, goods and foreign currency needed to buy imports fell into short supply and prices shot up” (Wines 2006:elektroniese bron) – ook hier plaaslik kan gebeur. Die herhalende negatiewe boodskappe wat uit Afrika kom (Guest 2004) boesem nie juis vertroue in nie. Saam met hierdie Zimbabwe-bekommernis was daar ook die kommer oor die groter-wordende groep arm wit Afrikaners. 3.1.1 Wit armoede Adjunk-president Mbeki (1998:elektroniese bron) het na Suid-Afrika verwys as “a country of two nations”, een wit en ryk, die ander een swart en arm. Kommentators en koerante het na hierdie beskrywing as “simplistic and dangerously populist” (Mulholland 1998:elektroniese bron) verwys. Só ʼn beskrywing mag miskien simplisties wees, maar dit is nie sonder ʼn groot element van waarheid nie. Die gemiddelde wit persoon in Suid- Afrika is ekonomies heelwat beter daaraan toe as die gemiddelde swart persoon. En tog is dit nie die enigste wat hieroor gesê kan word nie. Die armoede-speelveld het dramaties verander die afgelope jare.
- Page 39 and 40: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 41 and 42: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 43 and 44: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 45 and 46: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 47 and 48: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 49 and 50: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 51 and 52: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 53 and 54: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 55 and 56: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 57 and 58: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 59 and 60: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 61 and 62: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 63 and 64: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 65 and 66: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 67 and 68: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 69 and 70: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 71 and 72: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 73 and 74: HOOFSTUK 2 DIE OORSPRONG VAN DIE AP
- Page 75 and 76: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 77 and 78: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 79 and 80: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 81 and 82: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 83 and 84: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 85 and 86: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 87 and 88: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 89: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 93 and 94: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 95 and 96: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 97 and 98: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 99 and 100: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 101 and 102: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 103 and 104: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 105 and 106: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 107 and 108: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 109 and 110: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 111 and 112: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 113 and 114: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 115 and 116: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 117 and 118: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 119 and 120: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 121 and 122: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 123 and 124: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 125 and 126: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 127 and 128: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 129 and 130: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 131 and 132: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 133 and 134: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 135 and 136: HOOFSTUK 3 DIE VERHAAL OOR APARTHEI
- Page 137 and 138: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 139 and 140: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p75

beslaglegging op wit kommersiële boere se plase ʼn ekonomiese ineenstorting gehad.

Hierdie regeringsplan, en ander ondeurdagte optredes, het die land se inflasiekoers die

hoogte in laat opskiet, soveel so dat die BBC (2008b:elektroniese bron) daarna verwys

as “the highest inflation ever recorded.” Die Cato Institute van Amerika bereken die

inflasie op 14 November 2008 as 89 700 triljoen persent per jaar oftewel 89,7 maal 10

tot die mag 21 (Hanke 2010:elektroniese bron).

Dit is veral die lot van bejaardes in Zimbabwe wat dikwels wit Afrikaners bekommerd

maak. Baie van hierdie mense het na die beste van hulle vermoë probeer voorsiening

maak vir hulle aftrede. Ongelukkig kon hulle nie die hiperinflasie voorsien of hulle

daarteen verskans nie. Die gevolg was dat hulle spaargeld alle koopkrag verloor het en

hulle voorsiening dus van geen waarde is nie. Baie van hulle “leef van die aalmoese

van familielede en weldoeners in Amerika en Europa” (Pelser 2009:elektroniese bron).

Reeds in 2006 skryf die New York Times (Wines 2006:elektroniese bron) “bread,

margarine, meat, even the once ubiquitous morning cup of tea – have become

unimaginable luxuries.” Die vrees wat uitgespreek word, is dat Suid-Afrika dieselfde

pad sal loop as sy noordelike buurman. Wit Afrikaners het ʼn vrees dat wat in Zimbabwe

gebeur het – “foreign investors fled, manufacturing ground to a halt, goods and foreign

currency needed to buy imports fell into short supply and prices shot up” (Wines

2006:elektroniese bron) – ook hier plaaslik kan gebeur. Die herhalende negatiewe

boodskappe wat uit Afrika kom (Guest 2004) boesem nie juis vertroue in nie. Saam met

hierdie Zimbabwe-bekommernis was daar ook die kommer oor die groter-wordende

groep arm wit Afrikaners.

3.1.1 Wit armoede

Adjunk-president Mbeki (1998:elektroniese bron) het na Suid-Afrika verwys as “a

country of two nations”, een wit en ryk, die ander een swart en arm. Kommentators en

koerante het na hierdie beskrywing as “simplistic and dangerously populist” (Mulholland

1998:elektroniese bron) verwys. Só ʼn beskrywing mag miskien simplisties wees, maar

dit is nie sonder ʼn groot element van waarheid nie. Die gemiddelde wit persoon in Suid-

Afrika is ekonomies heelwat beter daaraan toe as die gemiddelde swart persoon. En

tog is dit nie die enigste wat hieroor gesê kan word nie. Die armoede-speelveld het

dramaties verander die afgelope jare.