25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p74

3. “Ek het nie meer ʼn ouer nie”

Wat het in die tydperk van 1998 tot 2012 gebeur wat ʼn invloed kon hê op die houdings

en sienings van wit Afrikaanse Christene? Dit is die vraag wat in hierdie afdeling aan

die orde gestel word. In hoofsaak word aandag gegee aan die situasie in 2012 en

daarna word kortliks terugskouend gekyk na die tydperk sedert 1998. Al die sake kom

aan die orde onder die opskrifte: onseker, ontnugter, opgewonde en oneerlik.

Die opvolgnavorsing van 2012 speel in ʼn heel ander milieu af as die aanvanklike

navorsing in 1998. Die euforie van die eerste jare van hierdie nie-rassige demokrasie

het plek gemaak vir ʼn groter realisme en selfs vir ʼn ontnugtering in sekere gevalle. As

hulle eerlik is, sal meer wit Afrikaners saam met Elsa [9-037] moet sê dat hulle lewe

nie dramaties geraak[is] deur die nuwe regering nie, of in die woorde

van George [15-500]: Ek is nie bekommerd nie, ek meen ek het nou al

hoeveel, agtien, negentien jaar se praktiese ondervinding van

hierdie nuwe bedeling en dit het my nog nie nadelig geraak nie. In

ʼn groot mate gaan die lewe vir baie onveranderd aan. Nie een van die mede-navorsers

se persoonlike lewe is dramaties geaffekteer deur die oorgang na ʼn post-apartheid

Suid-Afrika nie. Enkeles het hulle wel sterk uitgespreek oor regstellende aksie wat hulle

loopbaan-moontlikhede benadeel het, maar vir die meerderheid was daar geen

grootskaalse veranderinge nie.

Alhoewel die meeste mede-navorsers se lewens nie ingrypend verander het nie, is

daar tog ʼn aantal faktore wat erg kommerwekkend is en op ʼn direkte of indirekte wyse

elke burger in Suid-Afrika affekteer. In die volgende aantal paragrawe lig ek enkeles

hiervan uit wat in die gesprekke telkens na vore gekom het.

3.1 Onseker

Een woord wat die tyd tussen die aanvanklike navorsing in 1998 en die

opvolgnavorsing in 2012 kenmerk, is onsekerheid. Soos ʼn lidmaat onlangs oor die tyd

sedert 1994 opgemerk het: “Ek het nie meer ʼn ouer om vir my te sorg nie.” Hierdie

onsekerheid bring baie bekommernis oor die toekoms. In dié verband kom die

voorbeeld van Zimbabwe dikwels in gesprekke na vore. Hierdie land, “once considered

the breadbasket of Africa” (CNN 2008:elektroniese bron), het sedert die chaotiese

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!