25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p73

van vergelding te besweer. Sy benadering was primêr gefokus op versoening tussen

die verskillende rasse in die land. Sekere simboliese dade, soos sy besoek aan die

weduwee van dr. Verwoerd (Nieman 1995:3) en sy dra van die Springbokrugbytrui

tydens die Springbokke se verowering van die Rugby Wêreldbeker in 1995 (Pienaar

1999:148), het in ʼn groot mate die gees van die tyd bepaal. Van die kant van wit Suid-

Afrikaners was daar ʼn merkbare positiewe gesindheid.

Aan die einde van die sewende groepsessie – toe ons drie swart persone by die

byeenkoms gehad het – het Johan sy siening oor die toekoms so uitgedruk: Ek het

baie mooi dinge gehoor, wat vir my hoop gee. As ons in hierdie

klein forumpie kon gesels het, dan hoop ek ons kan mekaar in die

groter groep vorentoe ook mekaar vind [Johan 7-863]. Tydens die laaste

byeenkoms het Frans [8-526] hierby aangesluit toe hy sê: Ons is met 'n proses

besig. Ons het nog skaars die onderpunt van die leer bereik,

maar ek dink daar is hoop aan die einde van die tonnel. Ook Isak

[8-541] verwoord sy positiewe gesindheid ten opsigte van die toekoms: Ek dink

daar is hoop, as al die mense in die land mekaar kan behandel

met dieselfde menswaardigheid as wat ek verwag waarmee hy my

moet behandel. Dis al wat vir my lekker is in die nuwe SA, daai

persoon is op dieselfde vlak as jy, omdat hy verdien om daar te

wees.

Aan die ander kant was die tydperk net voor die navorsing in 1998 gekenmerk deur ʼn

radikaal nuwe politieke bestel met ʼn swart meerderheidsregering in die plek van die

bekende apartheidsregering. Op byna alle terreine van die samelewing was daar

dramatiese veranderinge waaraan gewoond geraak moes word. Benewens hierdie

veranderinge was daar ook amper drie jaar se onthullings voor die WVK. Vir maande

lank was die koerante vol van die een onthulling na die ander van misdade wat gepleeg

is in die naam van die beleid van apartheid (vergelyk onder andere Burger 1997:1 en

Van Staden 1998:4). Veral vir die wit inwoners van die land was dit ʼn tyd van groot

ontnugtering. Beide hierdie gesindhede sou inspeel op die eerste reeks gesprekke.

In die veertien jaar na die aanvanklike navorsing en voor die opvolgnavorsing het daar

egter baie dinge gebeur wat in 1998 nog nie op die tafel was nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!