LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p72 as 'n heersersvolk gesien. Die Israel-beeld het rassetrekke begin kry. Die algemene onreg teenoor miljoene en die growwe skendings van menslikheid wat nou stuk vir stuk uitkom, is teen dié agtergrond vergoelik” (Loader 1997:14). In die voorafgaande paragrawe is aandag gegee aan die ontstaan van apartheid, aan die positiewe en die negatiewe kant daarvan. Dit is die leefwêreld wat deur hierdie beleid geskep is, en die eerste paar jaar van die nuwe bedeling, wat in die aanvanklike navorsing aan die orde kom. 2.4 Agtergrond van 1998 se gesprekke Die aanvanklike navorsing in 1998 is in ʼn tydperk van wydverspreide optimisme gedoen. Slegs vier jaar vroeër is die eerste demokratiese verkiesing in die land gehou, sonder dat dit tot die bloedbad gelei het waarvoor daar gevrees is. As in gedagte gehou word dat dit in dieselfde tyd gebeur het as die menseslagting in Rwanda, is die algemene gees van positiwiteit wat in daardie tyd geheers het, verstaanbaar. In 1994, toe Suid-Afrika die oorgang na ʼn demokratiese bestel gemaak het, was toestande nie so vreedsaam in die res van Afrika nie. Rwanda is ʼn klein land in die ooste van Sentraal-Afrika. Die bevolking van sewe miljoen het bestaan uit meer as 85% Hutu’s en ongeveer 15% Tutsi’s. Die meerderheid van die bevolking is Katolieke Christene. In dieselfde maand waarin Suid-Afrikaners na die stembus gegaan het vir die eerste ten volle demokratiese verkiesing, April 1994, het daar ʼn volksmoord in Rwanda uitgebreek. In ʼn tydperk van ongeveer een honderd dae ná 6 April 1994 is ongeveer 800 000 mans, vroue en kinders in etniese geweld vermoor. Die meerderheidsgroep, die Hutu’s, het ongeveer driekwart van die Tutsi-bevolking uitgewis (United Human Rights Council 2009:elektroniese bron). Terselfde tyd is duisende Hutu’s doodgemaak omdat hulle die moorde teegestaan het, of as Tutsi simpatiseerders beskou is. In Suid-Afrika is min kennis geneem van die gebeure in Rwanda. Suid-Afrikaners was te vasgevang in die “miraculous events” (Wallis 1994:elektroniese bron) van hulle eie land. ʼn Groot deel van hierdie wonderwerk kan toegeskryf word aan die gesindheid van die eerste swart president Nelson Mandela. Hy het ʼn groot bydrae gelewer om vrese
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p73 van vergelding te besweer. Sy benadering was primêr gefokus op versoening tussen die verskillende rasse in die land. Sekere simboliese dade, soos sy besoek aan die weduwee van dr. Verwoerd (Nieman 1995:3) en sy dra van die Springbokrugbytrui tydens die Springbokke se verowering van die Rugby Wêreldbeker in 1995 (Pienaar 1999:148), het in ʼn groot mate die gees van die tyd bepaal. Van die kant van wit Suid- Afrikaners was daar ʼn merkbare positiewe gesindheid. Aan die einde van die sewende groepsessie – toe ons drie swart persone by die byeenkoms gehad het – het Johan sy siening oor die toekoms so uitgedruk: Ek het baie mooi dinge gehoor, wat vir my hoop gee. As ons in hierdie klein forumpie kon gesels het, dan hoop ek ons kan mekaar in die groter groep vorentoe ook mekaar vind [Johan 7-863]. Tydens die laaste byeenkoms het Frans [8-526] hierby aangesluit toe hy sê: Ons is met 'n proses besig. Ons het nog skaars die onderpunt van die leer bereik, maar ek dink daar is hoop aan die einde van die tonnel. Ook Isak [8-541] verwoord sy positiewe gesindheid ten opsigte van die toekoms: Ek dink daar is hoop, as al die mense in die land mekaar kan behandel met dieselfde menswaardigheid as wat ek verwag waarmee hy my moet behandel. Dis al wat vir my lekker is in die nuwe SA, daai persoon is op dieselfde vlak as jy, omdat hy verdien om daar te wees. Aan die ander kant was die tydperk net voor die navorsing in 1998 gekenmerk deur ʼn radikaal nuwe politieke bestel met ʼn swart meerderheidsregering in die plek van die bekende apartheidsregering. Op byna alle terreine van die samelewing was daar dramatiese veranderinge waaraan gewoond geraak moes word. Benewens hierdie veranderinge was daar ook amper drie jaar se onthullings voor die WVK. Vir maande lank was die koerante vol van die een onthulling na die ander van misdade wat gepleeg is in die naam van die beleid van apartheid (vergelyk onder andere Burger 1997:1 en Van Staden 1998:4). Veral vir die wit inwoners van die land was dit ʼn tyd van groot ontnugtering. Beide hierdie gesindhede sou inspeel op die eerste reeks gesprekke. In die veertien jaar na die aanvanklike navorsing en voor die opvolgnavorsing het daar egter baie dinge gebeur wat in 1998 nog nie op die tafel was nie.
- Page 37 and 38: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 39 and 40: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 41 and 42: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 43 and 44: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 45 and 46: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 47 and 48: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 49 and 50: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 51 and 52: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 53 and 54: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 55 and 56: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 57 and 58: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 59 and 60: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 61 and 62: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 63 and 64: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 65 and 66: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 67 and 68: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 69 and 70: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 71 and 72: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 73 and 74: HOOFSTUK 2 DIE OORSPRONG VAN DIE AP
- Page 75 and 76: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 77 and 78: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 79 and 80: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 81 and 82: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 83 and 84: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 85 and 86: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 87: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 91 and 92: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 93 and 94: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 95 and 96: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 97 and 98: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 99 and 100: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 101 and 102: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 103 and 104: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 105 and 106: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 107 and 108: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 109 and 110: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 111 and 112: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 113 and 114: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 115 and 116: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 117 and 118: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 119 and 120: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 121 and 122: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 123 and 124: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 125 and 126: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 127 and 128: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 129 and 130: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 131 and 132: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 133 and 134: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 135 and 136: HOOFSTUK 3 DIE VERHAAL OOR APARTHEI
- Page 137 and 138: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p72

as 'n heersersvolk gesien. Die Israel-beeld het rassetrekke begin kry. Die algemene

onreg teenoor miljoene en die growwe skendings van menslikheid wat nou stuk vir stuk

uitkom, is teen dié agtergrond vergoelik” (Loader 1997:14).

In die voorafgaande paragrawe is aandag gegee aan die ontstaan van apartheid, aan

die positiewe en die negatiewe kant daarvan. Dit is die leefwêreld wat deur hierdie

beleid geskep is, en die eerste paar jaar van die nuwe bedeling, wat in die aanvanklike

navorsing aan die orde kom.

2.4 Agtergrond van 1998 se gesprekke

Die aanvanklike navorsing in 1998 is in ʼn tydperk van wydverspreide optimisme

gedoen. Slegs vier jaar vroeër is die eerste demokratiese verkiesing in die land gehou,

sonder dat dit tot die bloedbad gelei het waarvoor daar gevrees is. As in gedagte

gehou word dat dit in dieselfde tyd gebeur het as die menseslagting in Rwanda, is die

algemene gees van positiwiteit wat in daardie tyd geheers het, verstaanbaar.

In 1994, toe Suid-Afrika die oorgang na ʼn demokratiese bestel gemaak het, was

toestande nie so vreedsaam in die res van Afrika nie. Rwanda is ʼn klein land in die

ooste van Sentraal-Afrika. Die bevolking van sewe miljoen het bestaan uit meer as

85% Hutu’s en ongeveer 15% Tutsi’s. Die meerderheid van die bevolking is Katolieke

Christene. In dieselfde maand waarin Suid-Afrikaners na die stembus gegaan het vir

die eerste ten volle demokratiese verkiesing, April 1994, het daar ʼn volksmoord in

Rwanda uitgebreek.

In ʼn tydperk van ongeveer een honderd dae ná 6 April 1994 is ongeveer 800 000

mans, vroue en kinders in etniese geweld vermoor. Die meerderheidsgroep, die Hutu’s,

het ongeveer driekwart van die Tutsi-bevolking uitgewis (United Human Rights Council

2009:elektroniese bron). Terselfde tyd is duisende Hutu’s doodgemaak omdat hulle die

moorde teegestaan het, of as Tutsi simpatiseerders beskou is.

In Suid-Afrika is min kennis geneem van die gebeure in Rwanda. Suid-Afrikaners was

te vasgevang in die “miraculous events” (Wallis 1994:elektroniese bron) van hulle eie

land. ʼn Groot deel van hierdie wonderwerk kan toegeskryf word aan die gesindheid van

die eerste swart president Nelson Mandela. Hy het ʼn groot bydrae gelewer om vrese