25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p71

swart mense [Albert 4-491].

Vanuit 'n nie-wit oogpunt is apartheid duidelik raakgesien as wit bevoorregting. Carolus

(aangehaal in Villa-Vicencio 1993:49) sê apartheid “was specifically designed to

improve the lot of the whites…” Selfs die gerespekteerde, maar dikwels uitgerangeerde

teoloog Willie Jonker (1998:42) stem saam; die groot idee van apartheid was “slegs om

blankes se bevoorregte posisie te behou.” Hulle sienings word gedeel deur Alden

(1996:12) wanneer hy sê dat die instelling van apartheid net was vir “further

entrenching white power and privilege – particularly Afrikaner power and privilege…”.

ʼn Baie goeie voorbeeld van hoe die beleid van apartheid misbruik is vir persoonlike

belang, is die Wet op die Verbod op gemengde huwelike. Hierdie wet het huwelike en

seksuele verkeer tussen verskillende rasse verbied, maar net in gevalle waar die een

party wit was (Serfontein 1982:144). Vir Groenewald (1986:27) is dit ʼn duidelike

aanduiding van die ware betekenis en doel van die apartheidswette, naamlik die

beskerming van die persoonlike belang van wit mense.

Dit was die wittes se bevoorregte posisie wat apartheid aan die lewe gehou het. In Elsa

[4-481] se woorde:

Jy wil weet wat daar agter sit, Albert, en dat ons

elkeen ook ons eie denke gehad het. Maar ek dink dit

is maar ons mense se inherente gierigheid, of

boosheid of wat ook al. Ek meen as jy in 'n

bevoorregte posisie is staan jy dit nie sommer so

maklik af vir iemand anders nie. Ons het in ons

agterkoppe geweet dit is verkeerd, maar ons het die

bevoorregte posisie gehad. Ons het lekker gelewe, en

dié mense het vir ons al die werk gedoen, en al die

voorregte wat daarmee gepaard gaan, hoekom sal ons

dit nou wil afstel dan? Hoekom sal ons dan wil

prysgee wat ons het?

Wit mense het dit, in verhouding tot swart mense, maklik gehad onder apartheid. Voeg

daarby die paternalistiese houding van sorg vir die swart mense en die tafel was gedek

vir die volheid van die beleid van apartheid. Wat vir sommige begin het as ʼn poging tot

ʼn billike bestel vir almal, het al te gou skeefgeloop: “Gaandeweg het ons onsself egter

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!