LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p70 sleg is [Elsa 1-394]. Sy het op ’n stadium vir haar ma daarna gevra sonder om ’n bevredigende antwoord te kry: hulle het op daardie stadium gesê die swartes is slegter. En ek het met daardie idee grootgeword [Elsa 1-428]. Dit was ook hierdie siening wat Verwoerd beweeg het om in 1954 te verklaar dat dit absurd is om wiskunde aan swart kinders te leer en dat daar geen plek vir ʼn swart mens bo ʼn bepaalde vlak van arbeid nie (Giliomee 1998:16). Hierdie verklaring was die inleiding tot "een van die geskiedenis se gemeenste intellektuele onderdrukkings van ander mense” (Swanepoel 1997:89). Die groot ideaal was ʼn Suid-Afrika sonder enige swart burgers (Giliomee 1998:12). “In the 1948 election, and for years thereafter, apartheid involved a crude exploitation of racial prejudice and white fear of black majority rule” (Serfontein 1982:7). Tydens een van die gesprekke sluit Johan hierby aan as hy sê: Die hele rede waarom apartheid op die wetboeke gekom het, was bedreiging: die witman het bedreig gevoel dat hy nie meer geleenthede in hierdie stuk grondgebied gaan hê nie. Dit het 'n lang aanloop gehad, maar ons was bedreig en daarom het hulle gesê liewers ons op ons eie [Johan 4-286]. Hierdie vrees vir swart mense, saam met die geleentheid om te regeer, was ʼn groot faktor in die vorming van die beleid van apartheid deur die wit Afrikaners. Nou was dit moontlik om wetlik ʼn beleid daar te stel wat die wit Afrikaner kon beskerm. Swart mense is gesien as goedkoop arbeid [Albert 4-489] en as ʼn arbeidsinstrument [Albert 3-181] en hulle is ontmoedig om te hoog te mik in die lewe. Selfs in die NG Kerk is soortgelyke klanke gehoor. Terwyl Blignaut (1929:14) sê die “Naturel is die Inboorling van die land en die teenwoordige geslag van blanke Afrikaners is eweëens (sic) hier gebore” sê die voorsitter van die Manne Sending Bond, J.P. van der Spuy (1929:8) “die naturelle, die heidene, is hier in ons land...”. Suid-Afrika is duidelik beskou as behorende aan die wit mense. Volgens Johan het Albert Lethuli destyds vir dr. D.F. Malan versoek om die land op te deel, maar sy antwoord was: hierdie land is die blankes s’n [Johan 4-517]. Die vrees was altyd daar dat ons Westerse beskawing in SA oorspoel sou word deur

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p71 swart mense [Albert 4-491]. Vanuit 'n nie-wit oogpunt is apartheid duidelik raakgesien as wit bevoorregting. Carolus (aangehaal in Villa-Vicencio 1993:49) sê apartheid “was specifically designed to improve the lot of the whites…” Selfs die gerespekteerde, maar dikwels uitgerangeerde teoloog Willie Jonker (1998:42) stem saam; die groot idee van apartheid was “slegs om blankes se bevoorregte posisie te behou.” Hulle sienings word gedeel deur Alden (1996:12) wanneer hy sê dat die instelling van apartheid net was vir “further entrenching white power and privilege – particularly Afrikaner power and privilege…”. ʼn Baie goeie voorbeeld van hoe die beleid van apartheid misbruik is vir persoonlike belang, is die Wet op die Verbod op gemengde huwelike. Hierdie wet het huwelike en seksuele verkeer tussen verskillende rasse verbied, maar net in gevalle waar die een party wit was (Serfontein 1982:144). Vir Groenewald (1986:27) is dit ʼn duidelike aanduiding van die ware betekenis en doel van die apartheidswette, naamlik die beskerming van die persoonlike belang van wit mense. Dit was die wittes se bevoorregte posisie wat apartheid aan die lewe gehou het. In Elsa [4-481] se woorde: Jy wil weet wat daar agter sit, Albert, en dat ons elkeen ook ons eie denke gehad het. Maar ek dink dit is maar ons mense se inherente gierigheid, of boosheid of wat ook al. Ek meen as jy in 'n bevoorregte posisie is staan jy dit nie sommer so maklik af vir iemand anders nie. Ons het in ons agterkoppe geweet dit is verkeerd, maar ons het die bevoorregte posisie gehad. Ons het lekker gelewe, en dié mense het vir ons al die werk gedoen, en al die voorregte wat daarmee gepaard gaan, hoekom sal ons dit nou wil afstel dan? Hoekom sal ons dan wil prysgee wat ons het? Wit mense het dit, in verhouding tot swart mense, maklik gehad onder apartheid. Voeg daarby die paternalistiese houding van sorg vir die swart mense en die tafel was gedek vir die volheid van die beleid van apartheid. Wat vir sommige begin het as ʼn poging tot ʼn billike bestel vir almal, het al te gou skeefgeloop: “Gaandeweg het ons onsself egter

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p70

sleg is [Elsa 1-394]. Sy het op ’n stadium vir haar ma daarna gevra sonder om ’n

bevredigende antwoord te kry: hulle het op daardie stadium gesê die

swartes is slegter. En ek het met daardie idee grootgeword

[Elsa 1-428].

Dit was ook hierdie siening wat Verwoerd beweeg het om in 1954 te verklaar dat dit

absurd is om wiskunde aan swart kinders te leer en dat daar geen plek vir ʼn swart

mens bo ʼn bepaalde vlak van arbeid nie (Giliomee 1998:16). Hierdie verklaring was die

inleiding tot "een van die geskiedenis se gemeenste intellektuele onderdrukkings van

ander mense” (Swanepoel 1997:89).

Die groot ideaal was ʼn Suid-Afrika sonder enige swart burgers (Giliomee 1998:12). “In

the 1948 election, and for years thereafter, apartheid involved a crude exploitation of

racial prejudice and white fear of black majority rule” (Serfontein 1982:7). Tydens een

van die gesprekke sluit Johan hierby aan as hy sê:

Die hele rede waarom apartheid op die wetboeke gekom

het, was bedreiging: die witman het bedreig gevoel

dat hy nie meer geleenthede in hierdie stuk

grondgebied gaan hê nie. Dit het 'n lang aanloop

gehad, maar ons was bedreig en daarom het hulle gesê

liewers ons op ons eie [Johan 4-286].

Hierdie vrees vir swart mense, saam met die geleentheid om te regeer, was ʼn groot

faktor in die vorming van die beleid van apartheid deur die wit Afrikaners. Nou was dit

moontlik om wetlik ʼn beleid daar te stel wat die wit Afrikaner kon beskerm. Swart

mense is gesien as goedkoop arbeid [Albert 4-489] en as ʼn arbeidsinstrument

[Albert 3-181] en hulle is ontmoedig om te hoog te mik in die lewe.

Selfs in die NG Kerk is soortgelyke klanke gehoor. Terwyl Blignaut (1929:14) sê die

“Naturel is die Inboorling van die land en die teenwoordige geslag van blanke

Afrikaners is eweëens (sic) hier gebore” sê die voorsitter van die Manne Sending Bond,

J.P. van der Spuy (1929:8) “die naturelle, die heidene, is hier in ons land...”. Suid-Afrika

is duidelik beskou as behorende aan die wit mense. Volgens Johan het Albert Lethuli

destyds vir dr. D.F. Malan versoek om die land op te deel, maar sy antwoord was:

hierdie land is die blankes s’n [Johan 4-517]. Die vrees was altyd

daar dat ons Westerse beskawing in SA oorspoel sou word deur

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!