25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p68

Christene nie, daarom mag hulle nie stem nie.” Hierteenoor sou die veronderstelling

dan waarskynlik wees dat wit mense outomaties gelyk gestel is aan Christen-wees.

Wanneer Rian Malan (1990:19) oor sy pa skryf, sê hy: “He would have told you that his

faith lay in something called grand apartheid, the overarching ideology that promised to

make South Africans and all their nine subject African tribes “separate but equal” in

separate nation-states.” Baie wit Afrikaners het die idee gehad dat apartheid die

probleme sou oplos van die interaksie tussen die verskillende rasse in een land, maar

wat uiteindelik gebeur het, was waarskynlik nie wat hulle in gedagte gehad het nie. Van

der Walt (1997:elektroniese bron) is waarskynlik korrek as hy sê: "Hoewel baie blankes

goeie bedoelings met die apartheidsbeleid gehad het, was die toepassing daarvan

verkeerd en onbybels.”

2.3 Die ander kant van die munt

Hoe goed die bedoelings ook al was – daar was ook ʼn ander kant van die munt. Agter

die skerms was daar ook ander faktore wat die rassebeleid help vorm het in die jare

voor 1948. Soos gewoonlik het ook hierdie saak twee kante.

Wit mense in die algemeen vertel dat hulle ouers hulle geleer het om respek te hê vir

ander mense, insluitende swart mense. Ben vertel: Destyds moes ek met baie

eerbied met ouer swartes omgaan, mooi met hulle praat. Ek moes

sê ‘outa Elias’ [Ben 1-157]. Iets was vir my baie belangrik is, is

respek vir mekaar, maak nie saak van watter velkleur of watter

etniese groep jy is, of selfs geslag nie [Danie 1-671]. Ben [1-165] sê

ook hy het besef dat hy swart mense nie as kaffers nie maar as

verantwoordelike mense moet beskou, hulle het ook gevoel dat ek glo

hulle is nie nikswerd goed nie [Ben 1-175].

Malan (1990:31) vertel hoe sy pa – ʼn stoere ondersteuner van groot apartheid –

"forbade the use of the word 'kaffir' in our house, and instructed my brother and I

always to say 'please' when issuing orders to the servants." Eugene de Kock (De Kock

& Gordin 1998:49) beskryf sy familie as ʼn tipiese wit Afrikaner familie: "My father had a

moderate attitude towards black people. He told us that, although there existed a

cultural difference between the white and black races, the black man was also a human

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!