25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p67

blanke volksdele in ons land die enigste grondslag is waarop alle

volksdele in waarheid met reg en billikheid behandel kan word en elk

die volle kans sal kry om sy eie volksaard en -karakter te behou en te

ontwikkel. Enige vorm van onderdrukking word dus verwerp as

verkeerd, volkskadelik vir beide blankes en nie-blanke en in stryd met

die beleid van apartheid (aangehaal in Giliomee 1998:16).

Gegewe hulle agtergrond is dit verstaanbaar dat die wit Afrikaners, wat waarskynlik die

meerderheid van die steun vir die NP uitgemaak het, alles in hulle vermoë sou doen

om hulle eie lewenskwaliteit te verbeter. Die droogte van die 1930’s het groot getalle

plattelandse boere na die stede gedryf op soek na werk, gewoonlik vir ʼn minimum

betaling (Geldenhuys 1982:17). Die meeste van hulle was Engels nie goed magtig nie

en gedoem tot armoede. Malan (1990:6) vertel: "we became a backward peasantry,

despised by our British bosses and betters." Dikwels moes hierdie verplante boere

kompeteer met goedkoop swart arbeid (Lombard 1981:254), ʼn situasie wat gedeeltelik

verlig is deur die Wysigingswet op Myne en Bedrywe van 1926 [vergelyk Danie 2-200].

In hierdie selfde tyd huldig die wit Afrikaners die idee dat hulle ʼn uitverkore volk is

(Helberg 1984:7). Hulle sien hulle self as ʼn volk met die verantwoordelikheid om die

Christelike boodskap aan die onbeskaafde swart hordes van Afrika te bring

(Geldenhuys 1982:20). Toe die NP in 1948 wen, was dit vir hulle die geleentheid om

hulleself uit die modder op te trek. “Dit was ’n oorwinning waarvoor meer as een

Afrikaanse predikant openlik die Here gedank het” (Geldenhuys 1982:24).

"Apartheid in sy mees grandiose voorstelling was ʼn plan waarvolgens die Afrikaners hul

roeping sou vervul om al die ander volke te help om hul eie roeping te erken en uit te

leef" (Giliomee 1999:elektroniese bron). Apartheid was vir die behoud van

Suid-Afrikaner gewees wat self deur die tweede vryheidsoorlog

is, wat deur die depressie is, wat gewerk het vir wat hy geword

het. Wat nie hand-outs gevra het nie [Johan 4-501].

In ʼn brief aan Kerkbode (Ovrendhal 1998:5) skryf ʼn leser in sy tagtigerjare dat die

geskiedenis dit duidelik uitspel dat die wit Afrikaners God se uitverkore mense was en

steeds is. Alhoewel Serfontein (1982:85) hierdie siening “a rotten interpretation of

history” noem, was dit tog hoe baie wit Afrikaners hulleself gesien het. Dit word duidelik

geïllustreer deur ʼn opmerking van De Vos Hugo (1946:40) as hy sê “Indiërs is nie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!