LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p66 wetten van God en 't natuurlik onderscheid van afkomst en geloof, zodat het onverdragelik was voor elk fatsoenlik Kristen onder zulk 'n last te buigen, waarom we dan ook ons liever verwijderden, om des te beter ons geloof en de leer in zuiverheid te behouden (Steenkamp 1843:elektroniese bron). Dit is teen hierdie agtergrond dat die persepsies van die vroeë twintigste eeu geevalueer moet word: "...hulle is ook mense; hulle het ook regte wat hulle toekom; van gelykstelling kan daar geen sprake wees nie; vandaar die prinsiepe (sic): Segregasie, ontwikkeling in eie gebied, langs eie lyne, onder eie volk" (Van der Spuy 1929:8) en "Die Heer vra nie dat ons sal probeer om die Kaffir lief te hê nie, om dan sendingwerk te ondersteun nie. Daar is so baie lelike trekke in die Kaffir dat ons groot gevaar loop om 'n afkeer van hom te kry” (De Wet 1929:13). Apartheid het inderdaad in die woorde van Gann (1994:691) “many fathers" gehad. 2.2 Goeie bedoelings met die beleid van apartheid Die spreekwoord sê die pad na die hel is geplavei met goeie bedoelings, want goeie bedoelings alleen waarborg nie goeie resultate nie. In die groep was daar ʼn redelike mate van konsensus oor die goeie bedoelings van die vaders van apartheid: Die intensie oorspronklik daarvan was om nie ander mense seer te maak nie. dit het skeef geloop [Johan 1-576], [Verwoerd] het nie sleg bedoel met apartheid nie... die sleg het later gekom [Johan 4-500], en Ek dink nie in die begin was die idee heeltemal om mense totaal af te breek en te vernietig nie. Ek dink nie ons voorouers was almal sulke wrede mense nie, ek dink apartheid het ontstaan uit 'n idee vir aparte ontwikkeling, en dis toe misbruik deur politici en allerhande mense [Mike 6-083]. Die verkiesing van 1948 het die NP met hulle beleid van apartheid aan bewind gestel. Die verkiesingsmanifes beskryf die party se beleid as volg: Apartheid is gegrond op die Christelike beginsels van reg en billikheid en op die oortuiging dat aparte ontwikkeling van die blanke en die nie-
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p67 blanke volksdele in ons land die enigste grondslag is waarop alle volksdele in waarheid met reg en billikheid behandel kan word en elk die volle kans sal kry om sy eie volksaard en -karakter te behou en te ontwikkel. Enige vorm van onderdrukking word dus verwerp as verkeerd, volkskadelik vir beide blankes en nie-blanke en in stryd met die beleid van apartheid (aangehaal in Giliomee 1998:16). Gegewe hulle agtergrond is dit verstaanbaar dat die wit Afrikaners, wat waarskynlik die meerderheid van die steun vir die NP uitgemaak het, alles in hulle vermoë sou doen om hulle eie lewenskwaliteit te verbeter. Die droogte van die 1930’s het groot getalle plattelandse boere na die stede gedryf op soek na werk, gewoonlik vir ʼn minimum betaling (Geldenhuys 1982:17). Die meeste van hulle was Engels nie goed magtig nie en gedoem tot armoede. Malan (1990:6) vertel: "we became a backward peasantry, despised by our British bosses and betters." Dikwels moes hierdie verplante boere kompeteer met goedkoop swart arbeid (Lombard 1981:254), ʼn situasie wat gedeeltelik verlig is deur die Wysigingswet op Myne en Bedrywe van 1926 [vergelyk Danie 2-200]. In hierdie selfde tyd huldig die wit Afrikaners die idee dat hulle ʼn uitverkore volk is (Helberg 1984:7). Hulle sien hulle self as ʼn volk met die verantwoordelikheid om die Christelike boodskap aan die onbeskaafde swart hordes van Afrika te bring (Geldenhuys 1982:20). Toe die NP in 1948 wen, was dit vir hulle die geleentheid om hulleself uit die modder op te trek. “Dit was ’n oorwinning waarvoor meer as een Afrikaanse predikant openlik die Here gedank het” (Geldenhuys 1982:24). "Apartheid in sy mees grandiose voorstelling was ʼn plan waarvolgens die Afrikaners hul roeping sou vervul om al die ander volke te help om hul eie roeping te erken en uit te leef" (Giliomee 1999:elektroniese bron). Apartheid was vir die behoud van Suid-Afrikaner gewees wat self deur die tweede vryheidsoorlog is, wat deur die depressie is, wat gewerk het vir wat hy geword het. Wat nie hand-outs gevra het nie [Johan 4-501]. In ʼn brief aan Kerkbode (Ovrendhal 1998:5) skryf ʼn leser in sy tagtigerjare dat die geskiedenis dit duidelik uitspel dat die wit Afrikaners God se uitverkore mense was en steeds is. Alhoewel Serfontein (1982:85) hierdie siening “a rotten interpretation of history” noem, was dit tog hoe baie wit Afrikaners hulleself gesien het. Dit word duidelik geïllustreer deur ʼn opmerking van De Vos Hugo (1946:40) as hy sê “Indiërs is nie
- Page 31 and 32: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 33 and 34: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 35 and 36: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 37 and 38: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 39 and 40: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 41 and 42: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 43 and 44: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 45 and 46: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 47 and 48: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 49 and 50: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 51 and 52: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 53 and 54: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 55 and 56: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 57 and 58: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 59 and 60: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 61 and 62: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 63 and 64: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 65 and 66: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 67 and 68: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 69 and 70: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 71 and 72: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 73 and 74: HOOFSTUK 2 DIE OORSPRONG VAN DIE AP
- Page 75 and 76: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 77 and 78: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 79 and 80: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 81: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 85 and 86: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 87 and 88: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 89 and 90: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 91 and 92: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 93 and 94: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 95 and 96: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 97 and 98: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 99 and 100: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 101 and 102: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 103 and 104: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 105 and 106: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 107 and 108: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 109 and 110: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 111 and 112: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 113 and 114: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 115 and 116: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 117 and 118: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 119 and 120: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 121 and 122: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 123 and 124: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 125 and 126: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 127 and 128: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 129 and 130: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 131 and 132: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p66

wetten van God en 't natuurlik onderscheid van afkomst en geloof,

zodat het onverdragelik was voor elk fatsoenlik Kristen onder zulk 'n

last te buigen, waarom we dan ook ons liever verwijderden, om des te

beter ons geloof en de leer in zuiverheid te behouden (Steenkamp

1843:elektroniese bron).

Dit is teen hierdie agtergrond dat die persepsies van die vroeë twintigste eeu

geevalueer moet word: "...hulle is ook mense; hulle het ook regte wat hulle toekom; van

gelykstelling kan daar geen sprake wees nie; vandaar die prinsiepe (sic): Segregasie,

ontwikkeling in eie gebied, langs eie lyne, onder eie volk" (Van der Spuy 1929:8) en

"Die Heer vra nie dat ons sal probeer om die Kaffir lief te hê nie, om dan sendingwerk

te ondersteun nie. Daar is so baie lelike trekke in die Kaffir dat ons groot gevaar loop

om 'n afkeer van hom te kry” (De Wet 1929:13). Apartheid het inderdaad in die woorde

van Gann (1994:691) “many fathers" gehad.

2.2 Goeie bedoelings met die beleid van apartheid

Die spreekwoord sê die pad na die hel is geplavei met goeie bedoelings, want goeie

bedoelings alleen waarborg nie goeie resultate nie. In die groep was daar ʼn redelike

mate van konsensus oor die goeie bedoelings van die vaders van apartheid:

Die intensie oorspronklik daarvan was om nie ander

mense seer te maak nie. dit het skeef geloop [Johan

1-576], [Verwoerd] het nie sleg bedoel met apartheid

nie... die sleg het later gekom [Johan 4-500], en Ek dink

nie in die begin was die idee heeltemal om mense

totaal af te breek en te vernietig nie. Ek dink nie

ons voorouers was almal sulke wrede mense nie, ek

dink apartheid het ontstaan uit 'n idee vir aparte

ontwikkeling, en dis toe misbruik deur politici en

allerhande mense [Mike 6-083].

Die verkiesing van 1948 het die NP met hulle beleid van apartheid aan bewind gestel.

Die verkiesingsmanifes beskryf die party se beleid as volg:

Apartheid is gegrond op die Christelike beginsels van reg en billikheid

en op die oortuiging dat aparte ontwikkeling van die blanke en die nie-