LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p64 stemreg vir swartes afgeskaf [Danie 2-206]. ʼn Standpunt hieroor wat meermale gehoor is, is die volgende: Die NP het hierdie rasse-wette geërf en dit verfyn, hulle praat van hulle het dit gesistematiseer [Danie 2-183]. Segregasie was aan die orde van die dag, nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal. Hilliard (1998) mag wel beweer dat Suid-Afrika uit pas was met die res van die wêreld in 1948, maar toe die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike in 1949 goedgekeur is, was dit ook wet in dertig Amerikaanse state (Giliomee 1998:14). Plaaslik was segregasie aan die orde van die dag. Swanepoel (1997:105) haal vir Welsh, die skrywer van The roots of segregation: native policy in colonial Natal, 1845-1910 aan: "It is a myth that apartheid is the exclusive product of Afrikaner nationalism: its antecedents are to be found in Natal rather than in any of the other provinces." Dan gaan hy voort en skryf dat hy eers onlangs ontdek het dat daar was “voor die veertig jaar van apartheidsregering ʼn honderd en twee jaar se imperiale en koloniale regering in KwaZulu-Natal” (1997:105). Reeds in 1848 was een kwart van die swart bevolking van KwaZulu-Natal van hulle tradisionele grond verskuif (94) en meer as een miljoen hektaar Zulu-landbougrond is vir wit boere gegee deur die Britse koloniale regering (Swanepoel 1997:91). Kinghorn (1994:149) stel dit so: “Officially apartheid came into being in 1948, but much of the legislation associated with apartheid dates back to the period before. In fact, the first segregation legislation in South Africa can be found in the previous century in Natal.” Ook ander bronne ondersteun hierdie standpunt: “Die Engelse koloniste het die voorbeeld gestel in ons land” (De Klerk 2000:37). Rassisme was nie die alleenreg van die Afrikaner nie (Villa-Vicencio & Niehaus 1995:18). Die Britse minister van Naturelle Sake word aangehaal dat hy in 1910 gesê het: "The black man is incapable of civilization" (Swanepoel 1997:90). In die groep rapporteer Danie oor sy eie navorsing rakende die militante vakbonde in die tydperk 1880 tot 1890: Daar (was) ’n Engelsman in beheer van hierdie vakbonde, in hulle geskrifte is daar gevind hierdie manne het gepraat van the dirty, evil, smelling kaffirs [Danie 2-195]. Rassisme was inderdaad ʼn internasionale aangeleentheid waarteen die plaaslike bevolking nie immuun was nie. Davidson (1987:3) maak hierdie opmerking "The racism that we know was born in Europe and America from the cultural need to justify doing to black people, doing to African people, what could not morally or legally be done to

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p65 white people, and least of all to Europeans." In die stede was daar voor 1948 aparte skole en woonbuurte en die toestromingsbeheer en paswette het swart mense in die stede tot ʼn minimum probeer beperk (Giliomee 1998:14). En tog beskryf Piet Cillié, oud-redakteur van Die Burger, dit as "’n tyd van relatiewe goeie en gemaklike rasseverhoudings" (aangehaal in Giliomee 1998:13). In daardie tyd was die onderdrukking van swart mense nie die fokus nie. Die ondersoekende joernalis Malan (1990:23), wie se ouma se niggie met dr. D.F. Malan getroud was, beskryf dit so: "(in) the twenties and thirties, race wasn't the central issue in South African politics. Afrikaners... were less concerned about keeping the blacks in their place than tearing down the Union Jack, resurrecting the lost Boer republics, and uplifting the volk from its poor white penury". ʼn Ander dominante faktor in die totstandkoming van die beleid van apartheid, was die Europese idee van rasse-meerderwaardigheid. Gedurende die sewentiende en agtiende eeue het die fenomeen van rassisme toegeneem in die Westerse wêreld omdat nuwe teorieë vir die regverdiging van ras-meerderwaardigheid of minderwaardigheid nodig was om te dien as basis vir kolonialisme en slawerny (Vorster 1981:17). “Mind control was used during the colonial period in Africa to advance colonial interests and to oppress people. One such tool of mental control was the myth that the white people were intellectually and even physically superior to black people” (Kasenene 1993:58). De Vos Hugo (1946:39) argumenteer op dieselfde trant as hy nog voor die tyd van apartheid sê “black people’s cultural backward position make them unqualified for equal joint authority… tutelage is the only practical possible line of conduct.” Die idee van meerderwaardigheid as motivering is reeds te vind by die boere wat by die Groot Trek betrokke was. Uit die dagboek van Anna Steenkamp (Steenkamp 1843:elektroniese bron), ʼn niggie van die Voortrekkerleier Piet Retief, leer ons dat dit nie so seer die vrymaking van die swart slawe as sulks was wat die Voortrekkers gedring het om te trek nie, maar die gelykstelling van swart voormalige slawe met die wit boere. Sy skryf van: De schandelike en onrechtvaardige handelwijze met betrekking tot de vrijheid onzer slaven, en nochtans heeft die vrijheid ons niet zozeer verdreven als hunne gelijkstelling met de Kristenen, strijdig met de

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p64

stemreg vir swartes afgeskaf [Danie 2-206]. ʼn Standpunt hieroor wat

meermale gehoor is, is die volgende: Die NP het hierdie rasse-wette geërf

en dit verfyn, hulle praat van hulle het dit gesistematiseer

[Danie 2-183].

Segregasie was aan die orde van die dag, nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal.

Hilliard (1998) mag wel beweer dat Suid-Afrika uit pas was met die res van die wêreld

in 1948, maar toe die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike in 1949 goedgekeur

is, was dit ook wet in dertig Amerikaanse state (Giliomee 1998:14). Plaaslik was

segregasie aan die orde van die dag. Swanepoel (1997:105) haal vir Welsh, die

skrywer van The roots of segregation: native policy in colonial Natal, 1845-1910 aan: "It

is a myth that apartheid is the exclusive product of Afrikaner nationalism: its

antecedents are to be found in Natal rather than in any of the other provinces." Dan

gaan hy voort en skryf dat hy eers onlangs ontdek het dat daar was “voor die veertig

jaar van apartheidsregering ʼn honderd en twee jaar se imperiale en koloniale regering

in KwaZulu-Natal” (1997:105). Reeds in 1848 was een kwart van die swart bevolking

van KwaZulu-Natal van hulle tradisionele grond verskuif (94) en meer as een miljoen

hektaar Zulu-landbougrond is vir wit boere gegee deur die Britse koloniale regering

(Swanepoel 1997:91). Kinghorn (1994:149) stel dit so: “Officially apartheid came into

being in 1948, but much of the legislation associated with apartheid dates back to the

period before. In fact, the first segregation legislation in South Africa can be found in

the previous century in Natal.” Ook ander bronne ondersteun hierdie standpunt: “Die

Engelse koloniste het die voorbeeld gestel in ons land” (De Klerk 2000:37).

Rassisme was nie die alleenreg van die Afrikaner nie (Villa-Vicencio & Niehaus

1995:18). Die Britse minister van Naturelle Sake word aangehaal dat hy in 1910 gesê

het: "The black man is incapable of civilization" (Swanepoel 1997:90). In die groep

rapporteer Danie oor sy eie navorsing rakende die militante vakbonde in die tydperk

1880 tot 1890: Daar (was) ’n Engelsman in beheer van hierdie

vakbonde, in hulle geskrifte is daar gevind hierdie manne het

gepraat van the dirty, evil, smelling kaffirs [Danie 2-195].

Rassisme was inderdaad ʼn internasionale aangeleentheid waarteen die plaaslike

bevolking nie immuun was nie. Davidson (1987:3) maak hierdie opmerking "The racism

that we know was born in Europe and America from the cultural need to justify doing to

black people, doing to African people, what could not morally or legally be done to

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!