LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p62 Die meeste lede van die groep het ook die mening uitgespreek dat apartheid so deel van hulle lewe was, dat hulle dit nooit bevraagteken het nie: Ek het daarin grootgeword en ek het dit destyds nie as verkeerd beleef nie want orals waar jy gekom het, was dit die normale manier van doen en dink en tot op 'n sekere stadium het ek geen gewetenswroeging daaroor gehad [George 1-522]. Ons was so gewoond aan dit dat 'n mens dalk maar jou skouers geskud het, dis hoe dit gedoen word [Elsa 3-290]. Die ouer mense was so gewoond aan die goed dat hulle nie regtig besef het dit is verkeerd nie [Elsa 3-484]. Ons het dit gehad as standaard praktyk vir jare. Ons het dit so aanvaar. Die gemiddelde wit Afrikaner, by name die blanke Afrikaner, het dit aanvaar. Dit is reg so, dit is goed so. Niemand van ons het ooit gedink dit is verkeerd nie [Isak 3-563]. Die moontlikheid om hierdie diskoers te bevraagteken het vir die meeste mense nie eers bestaan nie. Sê jy met ander woorde Frans dat ons nie gedink het daaroor nie? [Albert 2-285]. Nee. Dit was amper 'n natuurlike uitvloeisel van die vooraf-gaande [Frans 2-287]. Daar was natuurlik ander stemme ook, maar hulle was eensame profete wat uitroep in die wildernis, wat ’n ongewilde boodskap verkondig het – ʼn boodskap wat die meeste wit Afrikaners nie wou hoor nie. Apartheid het my gepas en om nou 'n leefwyse te verander, is nie maklik [Mike 2-117]. Die wêreld waarin ons groot geword het, was inderdaad ’n baie vreemde wêreld met baie inkonsekwenthede. Die vraag ontstaan dus oor waar apartheid, hierdie beleid wat later bekend gestaan het as ʼn “crime against the conscience and dignity of man kind” (Boutros-Ghali 1994:153) vandaan gekom het?

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p63 2.1 Die voorlopers van die beleid van apartheid Apartheid het nie in 1948 uit die bloute ontstaan nie, maar was bloot die formalisering en voortsetting van ʼn goed-gevestigde lewenswyse. “[T]he basic tenets of apartheid were developed in the context of English contact with black people" (Marais 1989:169). Hierdie ontstaansdiskoers is ook in die gesprekke uitgespreek deur van die medenavorsers. Só verwoord Danie dit: Die probleem het nie begin in 1948 met die aan die bewind kom van die Nasionale Party nie. Ek het hier geskryf 1948 se sonde van apartheid is omdat dit saamgevat is in wette, verfyn is in verdere wette. Dit kom al van 1869, 1867. In 1884 is die woorde ‘lokasie wette’ al gebruik en dit is ingestel deur die koloniale regering van daardie tyd, Wet 33 van 1892. 1894 was die Glen Gray-wet, wat gehandel het oor grondbesit, dit is ingestel deur die Kaapse Eerste Minister, by name Cecil John Rhodes. In my navorsing was die draaipunt gewees, en die grondslag was gewees in die berugte Naturelle Grond-wet van 1913 [2-144]. Hierdie selfde standpunt word ook gehuldig deur Louw (1991:24) as hy sê: "...1948 marked not so much a turning point in South African history as the intensification of a process which had been going on for three hundred years." Baie van die wette wat met apartheid geassosieer is, kom uit ʼn tydperk voor die NP. Mede-navorser Danie het deeglik huiswerk gedoen hieroor: Die wysigingswet op Myne en Bedrywe van 1926, het werk reservering op 'n kleurbasis baie strenger gemaak. Die Fabriekswet van 1918, die minister van Arbeid, dit het gegaan oor die indiensneming van blankes teenoor nie-blankes, hier kom afsonderlike fasiliteite, toilette, ruskamers ensovoorts [Danie 2-200]. Nie alleen op sosiale gebied nie, maar ook op politieke gebied is daar wette gemaak wat later deel sou uitmaak van die beleid van apartheid. In 1936 is die Kaapse

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p63

2.1 Die voorlopers van die beleid van apartheid

Apartheid het nie in 1948 uit die bloute ontstaan nie, maar was bloot die formalisering

en voortsetting van ʼn goed-gevestigde lewenswyse. “[T]he basic tenets of apartheid

were developed in the context of English contact with black people" (Marais 1989:169).

Hierdie ontstaansdiskoers is ook in die gesprekke uitgespreek deur van die medenavorsers.

Só verwoord Danie dit:

Die probleem het nie begin in 1948 met die aan die

bewind kom van die Nasionale Party nie. Ek het hier

geskryf 1948 se sonde van apartheid is omdat dit

saamgevat is in wette, verfyn is in verdere wette.

Dit kom al van 1869, 1867. In 1884 is die woorde

‘lokasie wette’ al gebruik en dit is ingestel deur

die koloniale regering van daardie tyd, Wet 33 van

1892. 1894 was die Glen Gray-wet, wat gehandel het

oor grondbesit, dit is ingestel deur die Kaapse

Eerste Minister, by name Cecil John Rhodes. In my

navorsing was die draaipunt gewees, en die grondslag

was gewees in die berugte Naturelle Grond-wet van

1913 [2-144].

Hierdie selfde standpunt word ook gehuldig deur Louw (1991:24) as hy sê: "...1948

marked not so much a turning point in South African history as the intensification of a

process which had been going on for three hundred years." Baie van die wette wat met

apartheid geassosieer is, kom uit ʼn tydperk voor die NP. Mede-navorser Danie het

deeglik huiswerk gedoen hieroor:

Die wysigingswet op Myne en Bedrywe van 1926, het

werk reservering op 'n kleurbasis baie strenger

gemaak. Die Fabriekswet van 1918, die minister van

Arbeid, dit het gegaan oor die indiensneming van

blankes teenoor nie-blankes, hier kom afsonderlike

fasiliteite, toilette, ruskamers ensovoorts [Danie

2-200].

Nie alleen op sosiale gebied nie, maar ook op politieke gebied is daar wette gemaak

wat later deel sou uitmaak van die beleid van apartheid. In 1936 is die Kaapse

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!