25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p60

Hierdie navorsing word gedoen vanuit die praktiese teologie en by name die pastorale

terapie. Daarom is ʼn belangrike onderafdeling van die navorsing juis die vraag oor die

rol van die kerk in die kwessies wat in die voorafgaande twee afdelings uiteengesit is.

Wat het die kerk destyds in die apartheidsjare gesê, asook in die tydperk van 1994 tot

1998? Dit vorm die basis van afdeling vier.

Afdeling vyf handel oor wat die kerk sedert die aanvanklike navorsing gedoen en gesê

het oor die situasie in Suid-Afrika. Die fokus is primêr op die NG Kerk, maar ander

stemme word ook gehoor. Hier word uiteraard ook aandag gegee aan stemme van

kritiek.

Die sesde deel van hierdie hoofstuk handel oor die agtergrond van die navorsing oor

Weingarten se Typology of Witnessing (2000). Hierin voer sy aan dat almal in Suid-

Afrika getuies is van wat onder apartheid gebeur het. Die wyse waarop verskillende

mense hierdie getuienis verwoord, verskil egter van mekaar. Sy maak gebruik van ʼn

twee-as sisteem waarin Bewus-Onbewus gekorreleer word met Bemagtig-Ontmagtig.

Die gevolglike vier kwadrante bepaal dan die perspektief van waaruit gekyk word na

apartheid en die gevolge van die beleid (Weingarten 2002:45). Die mede-navorsers se

insette sal hieraan gemeet word.

Die sewende deel van die hoofstuk kyk na die proses van verandering. Eerstens word

gekyk na Bridges en Mitchell (2000) se drie-fase model van verandering en word

Rendle (2009) se roller coaster of change-model verduidelik. Rendle gebruik hierdie

model om visueel voor te stel hoe die proses van verandering lyk. Sy navorsing oor

“the emotional cycle of congregations in change” (Rendle 1998:105) is relevant vir, en

van toepassing op die proses waardeur baie wit Christen Afrikaners in Suid-Afrika ook

kollektief gaan. In afdeling sewe word hierdie model volledig verduidelik.

Hoofstuk twee word afgesluit met 'n samevatting van die inhoud van die hoofstuk en 'n

oorsig oor wat in hoofstuk drie aan die orde gestel word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!