25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Opsomming

p723

dan ook op die onthullings voor die WVK. Vyf tipiese reaksies word beskryf.

Laastens word daar weer na die rol van die Kerk gekyk tot op daardie tydstip.

Hoofstuk vier vertel ʼn verhaal van ʼn klimaks. Hier word geluister na die medenavorsers

in 2012. Dieselfde temas as in die vorige hoofstuk word hier aangeraak.

Die deelnemers deel hulle menings oor die twee wêrelde waarin ons steeds leef in

Suid-Afrika en die rassisme wat steeds deel van die daaglikse lewe is. Die

kwessie van skuld oor apartheid, versoening en regstellende aksie word bespreek.

Dieselfde sake word ook vanuit die oogpunt van die Kerk bekyk.

Die laaste hoofstuk vertel ʼn verhaal van ʼn einde. Eers word die impak van die

WVK ondersoek. Die hart en die nalatenskap van apartheid word bespreek.

Hierna word gefokus op die pad van skuld en versoening en die rol wat die Kerk

daarin behoort te speel. Die bevrydende van vergifnis word uitgelig teenoor ʼn

verlammende skuldgevoel. Laastens word gekyk na die pad vorentoe vir wit

Afrikaanse Christene in Suid-Afrika. Die uitdagings en die hoop word voorgehou.

In hierdie navorsing is gekyk hoe wit Afrikaanse Christene leef in post-apartheid

Suid-Afrika. Die WVK is gebruik as alternatiewe verhaal van dit wat dikwels vanuit

wit geledere voorgehou word. Die mede-navorsers toon min insig in wat apartheid

aan swart mense gedoen het, en daarom is kwessies soos skuldbelydenis en

regstellende aksie so kontroversieel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!