25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Opsomming

p722

Lewe na apartheid: Lidmate se narratiewe vanuit ’n longitudinale pastorale

betrokkenheid

Opsomming

Hoe leef wit Afrikaanse Christene in die post-apartheid Suid-Afrika? Dit is die

vraag wat in hierdie longitudinale navorsing ondersoek word. Die mede-navorsers

is ʼn groep wit lidmate van die NG Kerk Welkom-Suid wat oor ʼn tydperk van

veertien jaar (1998-2012) twee keer die geleentheid kry om hulle self-narratiewe te

vertel. Die studie gebruik die onthullings voor die WVK as agtergrond waarteen die

mede-navorsers hulle eie verhale kan vertel. Die temas wat prominent na vore

kom is wit mense se siening van apartheid, skuld en skuldbelydenis, versoening

en die rol van die Kerk. As gevolg van die narratiewe aard van die verslag word dit

volgens die ABDCE-model aangebied.

Hoofstuk een is die verhaal van aksie. Dit vertel van die 1994 politieke oorgang en

die daaropvolgende WVK. Die verslag word hier geplaas binne die praktiese

teologie en wel binne ʼn postmoderne paradigma. Die sosiale konstruksie diskoers

word bespreek asook die metodologie wat gevolg word. Die metode wat gevolg is

in die aanvanklike- en opvolgnavorsing, word verduidelik asook die oorsprong van

die transkripsies wat as bylae aangeheg word.

Die tweede hoofstuk is ʼn verhaal ter agtergrond en fokus op die agtergrond en

oorsprong van apartheid soos gesien deur die mede-navorsers. Hierna word

gekyk na die veertien jaar voor die opvolgnavorsing. Aan die hand van die woorde

onseker, ontnugter, opgewonde en oneerlik word die mede-navorsers se sienings

weergegee. Die posisie van die Kerk word ook in twee afdelings weergegee: eers

die tydperk voor 1998 en dan wat sedertdien gebeur het. Laastens word twee

modelle beskryf as lense waardeur die transformasieproses beskou kan word.

In hoofstuk drie (ʼn verhaal van ontwikkeling) kom die mede-navorsers baie meer

direk aan die woord. Aan die hand van korter en langer uittreksels uit die

transkripsies word elkeen se posisie beskryf. Die vraag word pertinent gevra na

die kernprobleem van apartheid soos gesien deur wit oë. Die deelnemers reageer

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!