25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Departement Praktiese Teologie

Department of Practical Theology

Lefapha la Thutatshebetso

INGELIGTE TOESTEMMING: ’n Riglyndokument

(14 Junie 2011)

’n Brief/vorm waarin ingeligte toestemming gegee word, is ’n regsdokument wat

die Departement Praktiese Teologie en sy navorsers beskerm teen moontlike

regsaksie na aanleiding van die verspreiding van navorsingsresultate.

Daar word van navorsers verwag om ʼn gedragskode te onderskryf wat die regte

van medenavorsers respekteer, kommunikasie in die navorsingsveld fasiliteer en

geleenthede bied vir verdere navorsing.

Wanneer navorsingsprojekte onderneem word wat mense en die samelewing

betrek, moet die navorser alle etiese kwessies noukeurig ondersoek. Die

beginsels van etiese korrektheid waarop die meeste van hierdie riglyne gegrond

is, vervat eenvoudige oorwegings van byvoorbeeld regverdigheid, eerlikheid en ʼn

openheid ten opsigte van voorneme. Geen persoon behoort gevra te word om aan

enige navorsing deel te neem wat ʼn gevoel van selfverguising, verleentheid of ʼn

skending van etiese of morele standaarde of beginsels tot gevolg het nie. Elke

navorser moet aan die ondernemings voldoen wat aan medewerkers in die

navorsing gemaak is met betrekking tot die navorsingstrewe. Geen navorsing

moet ooit onderneem word in omstandighede waar die openbaarmaking van die

oogmerke en doelstellings van die navorsing nie gedoen kan word nie – verkieslik

skriftelik. Ook moet geen proefpersoon gelok word om aan enige

navorsingsonderneming deel te neem sonder om volledig ingelig te wees oor wat

deelname aan die projek sal behels en watter eise aan daardie proefpersoon

gestel mag word nie.

339 Interne Posbus UV 93, Bloemfontein 9300 +27 (051)4013508

Prof Kobus Schoeman (Departementshoof) +27 (051) 4012668 schoemanw@ufs.ac.za

Prof Jan-Albert van den Berg

+27 (051) 4019066 vdbergja@ufs.ac.za

Ds Martin Laubscher

+27 (051) 4012672 laubscherm@ufs.ac.za

Ds Joseph Pali

+27 (051) 4017037 palikj@ufs.ac.za

Me Annelize Dreyer (Sekretaresse)

+27 (051) 4013430 dreyera@ufs.ac.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!