25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p56

wat vroeër (ten minste) die bevoordeeldes van apartheid was, het by die WVK in die

beskuldigdebank beland. Hoe sou hulle, persoonlik en veral as kerklidmate, in die

nuwe Suid-Afrika kon leef, gegewe hulle spesifieke agtergrond? Die manier waarop die

navorsing gedoen is, is ook verduidelik.

In aansluiting by veral Osmer (2008) en Ganzevoort (2009) is ʼn beskrywing gegee van

Osmer se vier take van die praktiese teologie. Die omstandighede wat die navorsing

vooraf gegaan het, is uiteengesit. Hierna is ʼn beskrywing gegee van die medenavorsers

en die navorsingsproses wat gevolg is.

In die afdeling oor paradigma, epistemologie en metodologie is aandag gegee aan die

postmoderniteit en die sosiale konstruksie diskoers. Die literatuurstudie, sowel as die

aanvanklike en opvolgnavorsing is beskryf. Vir die opteken van die verslag is die

ABDCE-formule gekies. Hierdie eerste hoofstuk het die verhaal van aksie

aangespreek.

In die volgende hoofstuk – ʼn verhaal ter agtergrond – sal aandag gegee word aan die

agtergrond waarteen hierdie navorsing afspeel. Hierin word gefokus op die medenavorsers

se leefwêreld, beide persoonlik en as lidmate van die NG Kerk. Twee

modelle word ook aangebied: Weingarten se Typology of change word verduidelik en

dan later in die verslag gebruik om die posisies van die mede-navorsers ten opsigte

van verskillende kwessies te beskryf. Laastens word daar ook gekyk na die proses van

verandering soos beskryf deur Bridges en Mitchell (2000) se drie fase-model asook na

Rendle (2009) se Roller coaster of change.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!