25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p55

Die derde hoofstuk sluit aan by Lamott se konsep van ontwikkeling (development). Hier

word die temas van apartheid en rassisme, skuld, die rol van die NG Kerk en

versoening op die pad vorentoe uitvoerig bespreek soos dit uit die aanvanklike

navorsing geblyk het. Die sienings van die mede-navorsers word deurlopend uitgedaag

deur ander sienings van hoofsaaklik swart mense vanuit die literatuur en persoonlike

gesprekke.

Hoofstuk vier verteenwoordig ʼn klimaks (climax) in die verhaal (Lamott 1995:62) In

hierdie hoofstuk word die opvolgnavorsing weergegee. Die longitudinale aard van die

navorsing kom hier aan die orde sonder dat die uitkoms vooraf bepaal kan word. Soos

Müller, Van Deventer en Human (2001:87) dit stel: “...researchers shouldn’t know and

therefore control the plot and climax of the story.” Dieselfde temas as in die derde

hoofstuk word hier ondersoek.

Die laaste hoofstuk, ʼn verhaal van ʼn einde (ending), is die afsluiting van die

navorsingsverslag. Hier word saam met Lamott (1995:62) gevra “what happened, and

what did it mean?” Die verhale van die mede-navorsers word hier vasgeknoop rondom

temas soos die waarde, al dan nie, van die WVK tesame met die hart en nalatenskap

van apartheid. Daar word weer gekyk na versoening en die rol wat die NG Kerk (kan)

speel ten opsigte van skuldbelydenis en die begeleiding van lidmate in die postapartheid

Suid-Afrika.

Aan die einde word die navorsingsproses en -verslag in oënskou geneem. My

persoonlike ervaring van die navorsing word ook ondersoek en die aktualiteit en

waarde van die navorsing word oordink. Die waarde van die navorsing vir die NG Kerk

kom hier na vore asook voorstelle vir verdere navorsing. Al verwys hierdie hoofstuk na

ʼn einde, is die proses hiermee nog nie afgehandel nie. Solank as wat daar wit

Afrikaanse Christene in Suid-Afrika is, sal hulle daagliks 'n manier moet vind om te leef

in hierdie land. Hierdie navorsing hou miskien hier op, maar die lewe gaan voort.

12. Samevatting

In hierdie hoofstuk is die redes vir die ontstaan vir die navorsingsprojek verduidelik. Die

groot politieke verskuiwing van 1994 is uitgelig as die oorsaak van grootskaalse

transformasie in Suid-Afrika. Wit Afrikaanse Christene se lewe is omvergewerp. Hulle

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!