LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 16: Korrespondensie van Isak p690 325 326 327 328 329 330 331 332 333 334 335 336 337 338 339 340 341 342 343 344 345 346 347 348 349 350 351 352 353 354 355 356 357 358 359 360 Ons Afrikanervolk moes self ʼn pad van vergewe en vergeet loop. Kyk net die emosies wat vir jare deur ons vroegste digters opgewek is oor die Anglo Boereoorlog en die verlies van ons vrouens en kinders in die konsentrasie kampe. Ons sal nie sommer gou van apartheid kan vergeet nie, die politici gaan ons elke jaar daaraan herinner. En dit is met my reg so. Solank ons dit gebruik om seker te maak dat so iets nooit weer gebeur nie. En dit plaas ʼn verantwoordelikheid op die meerderheidsregering. Ek het onlangs na ʼn program op die DSTV netwerk gekyk (TBN) wat mense gemaak het oor vergifnis in Rwanda. Baie van die menseslagting moordenaars is uiteindelik vrygelaat nadat hulle bely het en vergifnis gevra het. Die regsproses was blykbaar net te lank uitgerek en die owerhede het besluit om so ʼn pad te stap. Mense is terug na die “villages” toe waar hulle sou gaan woon tussen en saam met gesinne waarvan hulle gesinslede uitgemoor het. Die gesinne van die vermoordes het doelbewus uitgereik na die moordenaars en vergifnis aangebied, en daar is verhale waar hulle nou in vrede saamleef. ʼn Sekere pastoor het tronke besoek om moordenaars van sy familielede op te soek om vir hulle te sê hy vergewe hulle. Oud-minister Adrian Vlok het gaan voete was. Dit is goed so, as dit hom bevryding van sy skuld oor sy aandeel aan apartheidsdade bring. Maar dit is ʼn baie persoonlike ding om te doen. ʼn Kollektiewe gebaar kan maklik betekenis verloor. Is dit korrek om te sê dat ons ook ʼn betekenisvolle vergifnis van die swart bevolking ontvang het? Dit kon baie anders gewees het. 4.4 Lyk jou lewe / optrede teenoor swart mense nou anders as veertien jaar gelede? Voorbeelde? Ek glo ek is deur ʼn redelik drastiese en emosionele proses die afgelope jare. Wat met my loopbaan en my werk gebeur het, het my laat besef hoe tydelik en broos baie van die dinge is wat ons as so belangrik in ons lewens beskou. Die regstellende aksie, en sommer massa aksie in ʼn paar gevalle, het my seer gemaak. Maar ek het nie

Bylaag 16: Korrespondensie van Isak p691 361 362 363 364 365 366 367 368 369 370 371 372 373 374 375 376 377 378 379 380 381 382 383 384 385 386 387 388 389 390 391 392 393 394 395 396 bitterheid of haat nie. En as sulke gedagtes opkom, bestuur ek dit uit my sisteem uit. Daar is ʼn wonderlike lewe buite my werk. My optrede teenoor swart mense by die werk, hetsy meerderes, gelykes of selfs die dienswerkers, baseer ek op respek en menswaardigheid. En ek geniet dieselfde respek. Ek is gemaklik met fisiese kontak, soos ʼn broederlike/susterlike omhelsing (die gebruiklike “hug”), ek is gemaklik met ʼn swart man/vrou wat langs my sit in die motor, in ʼn vergadering, in die kerk, by die gholfbaan. Ek het nie swart huisvriende nie, maar ek het opregte swart kollegas wat my ‘uncle Isak” of “Big Brother Isak” noem. Ek dink ek het gegroei in die afgelope veertien jaar om meer gemaklik te wees en minder bedreig, gefrustreerd en bitter te wees. Ek is baie meer bewus van die nood onder die mense, die armstes van die armes, en ek het baie meer begrip en empatie met hulle. Hulle word nou ook deur hierdie regering in die steek gelaat. 5. KERK 5.1 Dink jy die kerk was reg om Apartheid destyds te bely as sonde? JA. Die hartseer vir my is dat die kerk so lank apartheid op ʼn manier ondersteun of regverdig het. Was Beyers Naude en Dr Nico Smit (wat onlangs oorlede is) en al die ander kerkleiers van die ander kerke se stemme nie hard genoeg nie? (verskoon as my feite nie 100% korrek is nie). En ek wil weer nie veroordeel nie, ons het maar almal saam gestap en in die koor gesing. 5.2 Hoe dink jy oor die kerk se rol die afgelope veertien jaar t.o.v. versoening? Die Gereformeerde kerke – NG Kerk – spook steeds met die Belhar belydenis en die kerkeenheid. Ek dink dit is jammer. Steek die kerk, wat by uitstek die boodskap van versoening, vergifnis ens. moet uitdra, nie ʼn bietjie af teen ander instellings en strukture in ons land nie? 5.3 Wat verwag jy moet die Kerk doen in die nuwe SA?

Bylaag 16: Korrespondensie van Isak

p691

361

362

363

364

365

366

367

368

369

370

371

372

373

374

375

376

377

378

379

380

381

382

383

384

385

386

387

388

389

390

391

392

393

394

395

396

bitterheid of haat nie. En as sulke gedagtes opkom, bestuur ek dit uit my sisteem uit.

Daar is ʼn wonderlike lewe buite my werk.

My optrede teenoor swart mense by die werk, hetsy meerderes, gelykes of selfs die

dienswerkers, baseer ek op respek en menswaardigheid. En ek geniet dieselfde

respek. Ek is gemaklik met fisiese kontak, soos ʼn broederlike/susterlike omhelsing (die

gebruiklike “hug”), ek is gemaklik met ʼn swart man/vrou wat langs my sit in die motor,

in ʼn vergadering, in die kerk, by die gholfbaan. Ek het nie swart huisvriende nie, maar

ek het opregte swart kollegas wat my ‘uncle Isak” of “Big Brother Isak” noem.

Ek dink ek het gegroei in die afgelope veertien jaar om meer gemaklik te wees en

minder bedreig, gefrustreerd en bitter te wees.

Ek is baie meer bewus van die nood onder die mense, die armstes van die armes, en

ek het baie meer begrip en empatie met hulle. Hulle word nou ook deur hierdie

regering in die steek gelaat.

5. KERK

5.1 Dink jy die kerk was reg om Apartheid destyds te bely as sonde?

JA.

Die hartseer vir my is dat die kerk so lank apartheid op ʼn manier ondersteun of

regverdig het. Was Beyers Naude en Dr Nico Smit (wat onlangs oorlede is) en al die

ander kerkleiers van die ander kerke se stemme nie hard genoeg nie? (verskoon as my

feite nie 100% korrek is nie). En ek wil weer nie veroordeel nie, ons het maar almal

saam gestap en in die koor gesing.

5.2 Hoe dink jy oor die kerk se rol die afgelope veertien jaar t.o.v. versoening?

Die Gereformeerde kerke – NG Kerk – spook steeds met die Belhar belydenis en die

kerkeenheid. Ek dink dit is jammer. Steek die kerk, wat by uitstek die boodskap van

versoening, vergifnis ens. moet uitdra, nie ʼn bietjie af teen ander instellings en

strukture in ons land nie?

5.3 Wat verwag jy moet die Kerk doen in die nuwe SA?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!