25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 16: Korrespondensie van Isak

p690

325

326

327

328

329

330

331

332

333

334

335

336

337

338

339

340

341

342

343

344

345

346

347

348

349

350

351

352

353

354

355

356

357

358

359

360

Ons Afrikanervolk moes self ʼn pad van vergewe en vergeet loop. Kyk net die emosies

wat vir jare deur ons vroegste digters opgewek is oor die Anglo Boereoorlog en die

verlies van ons vrouens en kinders in die konsentrasie kampe.

Ons sal nie sommer gou van apartheid kan vergeet nie, die politici gaan ons elke jaar

daaraan herinner. En dit is met my reg so. Solank ons dit gebruik om seker te maak dat

so iets nooit weer gebeur nie. En dit plaas ʼn verantwoordelikheid op die

meerderheidsregering.

Ek het onlangs na ʼn program op die DSTV netwerk gekyk (TBN) wat mense gemaak

het oor vergifnis in Rwanda. Baie van die menseslagting moordenaars is uiteindelik

vrygelaat nadat hulle bely het en vergifnis gevra het. Die regsproses was blykbaar net

te lank uitgerek en die owerhede het besluit om so ʼn pad te stap. Mense is terug na die

“villages” toe waar hulle sou gaan woon tussen en saam met gesinne waarvan hulle

gesinslede uitgemoor het. Die gesinne van die vermoordes het doelbewus uitgereik na

die moordenaars en vergifnis aangebied, en daar is verhale waar hulle nou in vrede

saamleef. ʼn Sekere pastoor het tronke besoek om moordenaars van sy familielede op

te soek om vir hulle te sê hy vergewe hulle.

Oud-minister Adrian Vlok het gaan voete was. Dit is goed so, as dit hom bevryding van

sy skuld oor sy aandeel aan apartheidsdade bring. Maar dit is ʼn baie persoonlike ding

om te doen.

ʼn Kollektiewe gebaar kan maklik betekenis verloor.

Is dit korrek om te sê dat ons ook ʼn betekenisvolle vergifnis van die swart bevolking

ontvang het? Dit kon baie anders gewees het.

4.4 Lyk jou lewe / optrede teenoor swart mense nou anders as veertien jaar

gelede? Voorbeelde?

Ek glo ek is deur ʼn redelik drastiese en emosionele proses die afgelope jare.

Wat met my loopbaan en my werk gebeur het, het my laat besef hoe tydelik en broos

baie van die dinge is wat ons as so belangrik in ons lewens beskou. Die regstellende

aksie, en sommer massa aksie in ʼn paar gevalle, het my seer gemaak. Maar ek het nie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!