25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 16: Korrespondensie van Isak

p688

255

256

257

258

259

260

261

262

263

264

265

266

267

268

269

270

271

272

273

274

275

276

277

278

279

280

281

282

283

284

285

286

287

288

289

Was die alternatief van apartheid, ʼn bestelling soos ons dit nou het, eenvoudig net te

onaanvaarbaar vir ʼn volk wat trots was op sy nasionaliteit, onafhanklikheid en strewe

om sy kultuur ten alle koste te behou?

Of ook die siening dat die swart mense eenvoudig nie die vermoë het om te regeer,

besigheid te bestuur, dokters, advokate, ingenieurs en rekenmeesters te word nie.

3. SKULD

3.1 Hoe dink jy nou oor jou skuld aan Apartheid?

Ek het nie apartheid uitgedink en ingestel nie, ek het daarin grootgeword en is geleer

dat dit reg is. Ek is op 17 jarige ouderdom opgeroep om weermag diensplig te doen.

Daar is ons geleer dat die kommuniste en die terroriste ons land bedreig. Ek is opgelei

om ons land te verdedig.

Toe ek onderwys begin gee het ons Jeugweerbaarheid en Skool Kadette (ʼn vertakking

van die Weermag) as deel van die kurrikulum gehad. Alles gefokus op ons beskerming

en oorlewing teen die aanslag van die kommunis en die terroris.

Ek het toe reeds stemreg gehad, en vir die regerende party gestem. Ek het dieselfde

minagting vir die organisasies wat teen die regering se beleid, diensplig ens. was,

gehuldig.

Ek het sekerlik ook apartheids- en rassistiese dade gepleeg.

So, ek het skuld aan apartheid, kollektief en individueel.

Maar ek het ook besef apartheid is nie reg nie en sal dit nou nie meer verdedig nie.

3.2 Verwag jy vergifnis? Hoe moet dit gebeur?

Teenoor wie moet ek bely om vergifnis te kry?

Ek verwag nie vergifnis nie, in elk geval nie van mense nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!