LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Bylaag 16: Korrespondensie van Isak p684 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 dit polities en in my werk ervaar. Ek dink in hierdie opsig was daar al ʼn betekenisvolle transformasie by blankes. Die rugby in Orlando en die ondersteuning (of totale afsydigheid) van die nasionale sokkerspan met die wêreldbeker toernooi is dalk ʼn aanduiding van transformasie in gesindheid. Uitsprake van politici rondom grondhervorming, regstellende aksie ens. maak dit seker ook nie makliker om te transformeer nie. Ek glo dat in baie opsigte daar nog nie genoeg transformasie van die hart was nie. Hoe sien ek anderskleuriges? Hoe dink ek oor hulle? Sien ek hulle as mense, geskep deur God, met dieselfde verwagtinge, uitdagings, hartseer en ambisies as ek? Of as minderwaardig, onbekwaam en onbevoeg, eenvoudig net sleg omdat dit al is wat ek hoor in die nuus en van my vriende? In hierdie opsig dink ek het blankes nog nie genoeg getransformeer nie. 2. APARTHEID 2.1 Het jou siening oor apartheid verander in die afgelope veertien jaar? Net meer bevestiging gekry dat daar nooit regverdiging vir apartheid was nie en dat dit nooit moes gewees het nie. Daarmee veroordeel ek nie die leiers van die verlede nie, hulle het sekerlik geglo dit is reg en ons het hulle al die pad ondersteun. Hoe meer inligting deurkom en “gedeklassifiseer” word, hoe meer kom ek agter dat daar ʼn groot prys aan albei kante vir die instelling en behoud van apartheid betaal is. Hoe kon ons dit regverdig om te sê: “Jy is swart, gebruik die ander (agter) deur? Hoe kon ons so dom (en onmenslik) wees? 2.2 Hoe dink jy nou oor apartheid? Dankie dit is nie meer nie en ons hoef nie meer iets wat nooit reg was te verdedig nie. Die redenasies dat apartheid nie net sleg was nie, soos dat ons nou ʼn land het met infrastruktuur en so meer, hou seker water. Maar nie genoeg om die negatiewe te kanselleer nie.
Bylaag 16: Korrespondensie van Isak p685 146 147 148 149 150 151 152 153 154 155 156 157 158 159 160 161 162 163 164 165 166 167 168 169 170 171 172 173 174 175 176 177 178 179 180 181 182 Maar ek is in 1950 gebore en die groot apartheid het omstreeks daardie tyd (1948) sy beslag gekry. Die leiers van die dag het seker geglo dat dit die beste stelsel is. Dalk sou die land baie anders gelyk het as daar nie apartheid was nie, beter of slegter vir ons almal. Maar ek glo die tyd het aangebreek dat ons, blankes en swartes, apartheid en die negatiewe daarvan agter ons sit en saamwerk na die “Better life for all” gebaseer op die beginsels van ons veel gerespekteerde Grondwet. En seker maak dat die foute van die verlede nie herhaal word, en dat ons omgekeerde apartheid en diskriminasie toepas nie. 2.3 Wat was volgens jou die probleem met (of die hart van) Apartheid? Wat was “fout” van Apartheid? Waarom het die beleid soveel weerstand ontlok? Praat ek nou met swart mense en van hulle sal erken dat baie dinge in die apartheidjare beter was as nou, bv. minder misdaad, beter onderwys, beter hospitale, minder armoede. Maar die wegneem van jou menswaardigheid (“dignity”), die tweede klas burgerskap, die diskriminasie op grond van my ras/velkleur – dit is wat die weerstand ontlok het. Die “Whites only”, die agterdeur, die lokasie, in meeste gevalle handearbeid as die enigste opsie vir ʼn beroep (behalwe onderwysers en verpleegsters), die aanklokreël, die Baas en die Nooi, sommer ook die Kleinbaas en die Kleinnooi. Daar is ook die ekonomiese uitsluiting vir swartes, en bevoorregting vir die blankes. 2.4 Is jy nou meer rassisties as vroeër? Hoekom? Ek sou genoeg redes kon vind om rassisties te wees, en om meer rassisties te word. Ek het doelbewus besluit om my gedagtes en denke nie deur rassisme te laat oorheers nie. Ek wil nie my lewensvreugde laat wegneem omdat mense van ʼn ander kleur die land regeer en administreer nie. Ek wil my medemens met respek behandel.
- Page 649 and 650: Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie
- Page 651 and 652: Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie
- Page 653 and 654: Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie
- Page 655 and 656: Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie
- Page 657 and 658: Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie
- Page 659 and 660: Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie
- Page 661 and 662: Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie
- Page 663 and 664: Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p
- Page 665 and 666: Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p
- Page 667 and 668: Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p
- Page 669 and 670: Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p
- Page 671 and 672: Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p
- Page 673 and 674: Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p
- Page 675 and 676: Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p
- Page 677 and 678: Bylaag 15: Opvolggesprek met George
- Page 679 and 680: Bylaag 15: Opvolggesprek met George
- Page 681 and 682: Bylaag 15: Opvolggesprek met George
- Page 683 and 684: Bylaag 15: Opvolggesprek met George
- Page 685 and 686: Bylaag 15: Opvolggesprek met George
- Page 687 and 688: Bylaag 15: Opvolggesprek met George
- Page 689 and 690: Bylaag 15: Opvolggesprek met George
- Page 691 and 692: Bylaag 15: Opvolggesprek met George
- Page 693 and 694: Bylaag 15: Opvolggesprek met George
- Page 695 and 696: Bylaag 15: Opvolggesprek met George
- Page 697 and 698: Bylaag 16: Korrespondensie van Isak
- Page 699: Bylaag 16: Korrespondensie van Isak
- Page 703 and 704: Bylaag 16: Korrespondensie van Isak
- Page 705 and 706: Bylaag 16: Korrespondensie van Isak
- Page 707 and 708: Bylaag 16: Korrespondensie van Isak
- Page 709 and 710: Bylaag 16: Korrespondensie van Isak
- Page 711 and 712: Bylaag 16: Korrespondensie van Isak
- Page 713 and 714: Bylaag 16: Korrespondensie van Isak
- Page 715 and 716: Bylaag 17: Korrespondensie van Joha
- Page 717 and 718: Bylaag 17: Korrespondensie van Joha
- Page 719 and 720: Bylaag 17: Korrespondensie van Joha
- Page 721 and 722: Bylaag 18: Korrespondensie van Kari
- Page 723 and 724: Bylaag 18: Korrespondensie van Kari
- Page 725 and 726: Bylaag 18: Korrespondensie van Kari
- Page 727 and 728: Bylaag 18: Korrespondensie van Kari
- Page 729 and 730: Bylaag 18: Korrespondensie van Kari
- Page 731 and 732: Bylaag 19: Uitnodiging p715 Ned. Ge
- Page 733 and 734: Bylaag 20: Toestemmingsbrief p717 S
- Page 735 and 736: Departement Praktiese Teologie Depa
- Page 737 and 738: Departement Praktiese Teologie Depa
- Page 739 and 740: Opsomming p723 dan ook op die onthu
- Page 741 and 742: Abstract p725 Five typical reaction
Bylaag 16: Korrespondensie van Isak

p685

146

147

148

149

150

151

152

153

154

155

156

157

158

159

160

161

162

163

164

165

166

167

168

169

170

171

172

173

174

175

176

177

178

179

180

181

182

Maar ek is in 1950 gebore en die groot apartheid het omstreeks daardie tyd (1948) sy

beslag gekry. Die leiers van die dag het seker geglo dat dit die beste stelsel is. Dalk

sou die land baie anders gelyk het as daar nie apartheid was nie, beter of slegter vir

ons almal.

Maar ek glo die tyd het aangebreek dat ons, blankes en swartes, apartheid en die

negatiewe daarvan agter ons sit en saamwerk na die “Better life for all” gebaseer op

die beginsels van ons veel gerespekteerde Grondwet. En seker maak dat die foute van

die verlede nie herhaal word, en dat ons omgekeerde apartheid en diskriminasie

toepas nie.

2.3 Wat was volgens jou die probleem met (of die hart van) Apartheid? Wat

was “fout” van Apartheid? Waarom het die beleid soveel weerstand ontlok?

Praat ek nou met swart mense en van hulle sal erken dat baie dinge in die

apartheidjare beter was as nou, bv. minder misdaad, beter onderwys, beter hospitale,

minder armoede.

Maar die wegneem van jou menswaardigheid (“dignity”), die tweede klas burgerskap,

die diskriminasie op grond van my ras/velkleur – dit is wat die weerstand ontlok het.

Die “Whites only”, die agterdeur, die lokasie, in meeste gevalle handearbeid as die

enigste opsie vir ʼn beroep (behalwe onderwysers en verpleegsters), die aanklokreël,

die Baas en die Nooi, sommer ook die Kleinbaas en die Kleinnooi. Daar is ook die

ekonomiese uitsluiting vir swartes, en bevoorregting vir die blankes.

2.4 Is jy nou meer rassisties as vroeër? Hoekom?

Ek sou genoeg redes kon vind om rassisties te wees, en om meer rassisties te word.

Ek het doelbewus besluit om my gedagtes en denke nie deur rassisme te laat oorheers

nie.

Ek wil nie my lewensvreugde laat wegneem omdat mense van ʼn ander kleur die land

regeer en administreer nie.

Ek wil my medemens met respek behandel.