LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hierdie navorsing het aanvanklik begin onder die leiding van prof. Dirk Kotzé van die Instituut vir Terapeutiese Ontwikkeling in Pretoria. Dankie Dirk, vir jou aandeel in my vorming en vir die afskop van hierdie projek. Die opvolgnavorsing en die dokumentering van die proses het geskied onder die bekwame leiding van prof. Jan-Albert van den Berg. Dankie dat jy my onder hande geneem het en van my los gedagtes ʼn proefskrif gevorm het. Die sukses hiervan is ewe veel joune as myne. Die grootste dankwoord moet gaan aan die anonieme mede-navorsers wat my vertrou het met hulle verhale. Aanvanklik in die groep, en later individueel, het hulle hul harte oopgemaak oor diep persoonlike sake. Dankie vir julle vertroue en die hulp met my navorsing. Ek hoop dit was vir julle net so waardevol as vir my. Hierdie verhale is aanvanklik gedeel met ʼn aantal mense wat kosbare insette gelewer het. Onder hulle tel twee Kweekskool-klasmaats, dr. Annes Nel en dr. Gideon Rossouw, my universiteitskamermaat Tinus Burger en my mede doktorale student ds. Johan Myburgh. Tydens my navorsing was ek bevoorreg om my idees te kon deel in kritiese gesprekke met die volgende persone: Prof. Piet Meiring, prof. Piet Naudé, dr. Stiaan van der Merwe, dr. Lourens Erasmus. Ek herinner my ook ʼn kosbare gesprek met wyle dr. Beyers Naudé. Onder my kollegas wil ek graag die naam van ds. Cassie Nel uitsonder. Voor sy dood het ons verskeie gesprekke oor my navorsing gevoer. Hy het ook ʼn aantal van sy boeke tot my beskikking gestel. Verskillende mense het gehelp met die transkripsies se vertaling en die tik daarvan. Wat die opspoor van bronne aanbetref, was mev. Hesma van Tonder van die Vrystaatse Universiteitsbiblioteek van onskatbare waarde. Vir die taalversorging wil ek vir dr. Gideon van der Watt bedank. Dankie Hesma. Dankie Gideon. ʼn Woord van dank aan die NG Gemeente Welkom-Suid vir die toestemming om die navorsing onder lidmate te kon doen. ʼn Laaste dankie gaan aan die Vrystaat-sinode vir finansiële ondersteuning. Soli Deo Gloria

INHOUDSOPGAWE HOOFSTUK 1 APARTHEID ONDER DIE LOEP GENEEM (ʼn Verhaal van aksie) 1. ’n Apartheidsverhaal 1 2. Inleidend 2 3. Praktiese teologie 5 3.1 Die deskriptiewe-empiriese taak 8 3.2 Die interpreterende taak 9 3.3 Die normatiewe taak 10 3.4 Die pragmatiese taak 10 4. Voorafgaande 11 4.1 Die sosiale geheim onthul 12 4.2 Verskillende menings 13 4.3 Die uitdaging aan die kerk 15 5. Probleem-samehang 16 6. Die (mede)-navorsers 17 6.1 Aanvanklike navorsing 20 6.2 Opvolgnavorsing 21 6.3 Transkripsies 22 7. Intensie 24 8. Verwagtinge 25 9. Paradigma, epistemologie en metodologie 26 9.1 Paradigma 26

INHOUDSOPGAWE

HOOFSTUK 1

APARTHEID ONDER DIE LOEP GENEEM

(ʼn Verhaal van aksie)

1. ’n Apartheidsverhaal 1

2. Inleidend 2

3. Praktiese teologie 5

3.1 Die deskriptiewe-empiriese taak 8

3.2 Die interpreterende taak 9

3.3 Die normatiewe taak 10

3.4 Die pragmatiese taak 10

4. Voorafgaande 11

4.1 Die sosiale geheim onthul 12

4.2 Verskillende menings 13

4.3 Die uitdaging aan die kerk 15

5. Probleem-samehang 16

6. Die (mede)-navorsers 17

6.1 Aanvanklike navorsing 20

6.2 Opvolgnavorsing 21

6.3 Transkripsies 22

7. Intensie 24

8. Verwagtinge 25

9. Paradigma, epistemologie en metodologie 26

9.1 Paradigma 26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!