25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 16: Korrespondensie van Isak

p683

73

74

75

76

77

78

79

80

81

82

83

84

85

86

87

88

89

90

91

92

93

94

95

96

97

98

99

100

101

102

103

104

105

106

107

108

iv) Ek het ook blootstelling met swart mense met integriteit, verantwoordelikheid, wat

nie skaam is om op te staan vir wat hulle glo nie, en nie skaam is om te getuig van

hulle geloof in Jesus Christus die Here nie. Met my broer se hartomlynings operasie in

2008 het ek tydens ʼn gesprek met ʼn swart kollega ʼn SMS boodskap gekry dat dit sleg

gaan met hom. Die swart kollega het my onsteltenis gesien en vir my en my broer ʼn

gebed gedoen. Ek koester dit nog steeds as ʼn besondere ervaring.

v) Bogenoemde is net ʼn kort samevatting, dit sal heelwat tyd en spasie neem om al my

ervarings en blootstelling volledig in besonderhede weer te gee.

vi) Hoe dit my beïnvloed het tot nou toe? Met gemengde gevoelens. Ek dink ek het ʼn

redelike begrip en verstaan van die stryd van die arme mense in die swart

gemeenskappe om te oorleef. Die opofferings wat ouers doen om vir hulle kinders

geleenthede te gee. Die frustrasie as die regering en staatsdepartemente nie altyd aan

die verwagtinge voldoen nie. Ek sien die verspeelde potensiaal van jong mense en

kinders. Potensiaal wat net nooit ontgin en tot voordeel van die kinders en die

gemeenskap aangewend sal word nie.

vii) Ek sal moeilik vrede maak met die gebrek aan verantwoordelikheid en leierskap

van persone in verantwoordelike posisies.

viii) As al die negatiewe aspekte die gevolge van die land se verlede apartheid is, dan

kan ek net wonder hoe lank gaan dit neem om dit om te swaai?

ix) Ek het ʼn doelbewuste besluit geneem om te probeer om nie oor die negatiewe

dinge in terme van ras te dink nie. Mens kan nie stereotipeer en almal onder dieselfde

kam skeer nie.

x) Ek het ook besluit om nie bitter en vol haat te wees nie. Dit gaan my niks in die sak

bring nie.

1.3 Dink jy dat daar al genoeg transformasie was by die Blankes?

Ek beskou myself nie as ʼn transformasie kenner nie, maar as gevolg van my

blootstelling het ek in baie opsigte nie ʼn keuse gehad om ten minste uiterlik te

transformeer nie. Hiermee bedoel ek om vrede te maak met die huidige bestel soos ek

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!