25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 16: Korrespondensie van Isak

p681

Korrespondensie van Isak

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

31

32

33

34

35

Onthou: Die navorsing gaan oor hoe wit Suid-Afrikaners aanpas in die nuwe SA

gegewe hulle verlede soos dit o.a. by die WVK uitgekom het.

1 INLEIDEND

1.1 Watter betekenisvolle gebeure was daar in jou lewe sedert 1998?

i) My oudste kinders, dogter en seun is getroud en ek en my vrou is die trotse

grootouers van 5 kleinkinders. Dit bring ʼn nuwe dimensie in jou lewe. My twee jonger

kinders (seun en dogter) is uit die skool en besig om te vestig in loopbane in Gauteng.

Dit bring ook groot verligting!

ii) Met die oudste dagter en skoonseun wat tot en met Januarie 2010 vir ʼn tydperk van

8 jaar in die VSA gewerk en gebly het, het ons die voorreg gehad om 4 Desember

vakansies daar deur te bring en so ʼn smakie van en kykie in die “American Dream” te

ervaar.

iii) Dit was goed om in ʼn gemeenskap met ʼn gevestigde demokrasie en menseregte te

beweeg. Dit was elke keer interessant om te sien hoe my kleinkinders optree in ʼn

gemeenskap wat nie (hulle as gesin ten minste) ras en kleur georiënteerd is nie soos

by ons nie. Ons was bv. verlede Desember genooi vir ʼn Sondag ete by die dogter (10

jaar oud) se beste maatjie se ouers. Hulle (ʼn gesin met 5 kinders) bly in ʼn

golflandgoed, wat sekerlik vergelyk kan word met Sandton of Bryanston. Met ʼn

verdiepinghuis en motors wat by die omgewing pas. Die pa is ʼn hoë uitvoerende

beampte van die internasionale maatskappy Benetton van Italië. My dogter wat toe as

assistent by die Parkridge Baptist Church se kleuterskool gewerk het, en die seun wat

ʼn dagwerk en ʼn 2de werk moes inpas, was duidelik “geoutclass”. Na ons eerste

gewaarwordinge het die verskil in kleur totaal en al verdwyn, en ons het ʼn wonderlike

samesyn gehad.

En tog is rassisme en diskriminasie steeds teenwoordig. Een van die kinders in

Renette se klassie se ouers was “gemeng” – die pa “wit” en die ma “Afro American”.

Ook in die welaf/ryk sosiale klas. Die pa het teenoor Renette opgemerk dat hy sy lewe

lank in daardie streek van Florida woon, en dat hy graag na ʼn ander streek (Tampa

Bay) sou wou trek, maar dat die mense daar meer konserwatief is en nie somer sy

“gemengde” huwelik so maklik soos in Coral Springs sou aanvaar nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!