25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 15: Opvolggesprek met George

p677

587

588

589

590

591

592

593

594

595

596

597

598

599

600

601

602

603

604

605

606

607

608

609

610

611

612

613

614

615

616

617

618

619

620

621

622

George: ʼn Ding wat my pla en ek weet nie hoe moet ek hierdie, ek voel so magteloos

oor hierdie armoede. Jy weet as ek hier by Bronville verby kom en ek sien hoe grou die

vrouens daar op die ashope vir kos.

Albert: Die armoede vraagstuk in ons land is dramaties groot en hy word nie kleiner

nie. En dit is dan wanneer hierdie korrupsie waarvan ʼn ou hoor en bedrog en so aan en

ouens wat miljoene net mors of vir hulle self toe eien wat soveel verligting kon bring

maar wat op die ou end wanbestee word, dit is nogal ʼn probleem.

George: Dit is ʼn tamaai probleem, ʼn kolossale probleem.

Albert: Ek dink persoonlik net ons groot probleem as ʼn ou nou terugkyk na apartheid

en vra dan nou hoe nou, van daar na nou toe, is die hele ding van mense se

menswaardigheid wat misgekyk is of gemisken is. ʼn Swart mens is nie gereken as

gelykwaardige mense nie en as ʼn mens dit dan nou vat vir vandag en nou sê goed nou

hoe maak ons reg wat verkeerd was, dan is dit so eenvoudig soos om alle mense as

menswaardig, gelyke mense te aanvaar en te hanteer. Maar dit is ook so moeilik soos

dit. Om weg te kom van daai ding van jy is wit en daarom is jy beter as die ou wat

swart is. Jy gaan in ʼn kantoor in en daar sit twee mense en een van hulle moet jou nou

help, na wie gaan jy? As wit mens is die geneigdheid om na ʼn ander wit mens te gaan.

Goed daar is nou faktore soos taal en dies meer ook, maar is daar onderliggend nie

meer die ding van die wit ou is waarskynlik beter is sy job as die swart ou nie?

George: Ons het hier in Juniemaand verlede jaar, het ons ʼn kom ek sê dit vir jou om te

verstaan en nou nie die ou se posbenaming te noem nie. Hy bestuur nou drie afdelings

nè, maar sy kantoor is toe nou by ons, ou AK. Weet jy ek sê vir my vrou ek kan met

oortuiging sê ek is lief vir ou AK. Want OK, hy is nie my gelyke nie, hy is bo my, ek

bedoel ten opsigte van akademiese opleiding en al sulke tipe dinge, maar net die

manier waarop hy ʼn mens hanteer. Ek meen hy is in ten opsigte van posvlakke is hy in

ʼn posvlak bokant my onmiddellike supervisor gewees. Maar ek het meer

vrymoedigheid gehad om met ʼn kwessie na AK toe te gaan as na my eie supervisor

toe. Ek het altyd spanning opgebou as ek ʼn kwessie met my supervisor moes gaan

bespreek het. Dan was ek geneig om liewer na AK toe te gaan, want hy was meer

toeganklik vir my as my onmiddellike supervisor. So net om vir jou te, vroeër dae sou

ek moeilik by daai ondervinding gekom het dat... ek is so openhartig en ek is so

gemaklik met hierdie ou, en ek is so... – ek soek nou ʼn woord – dat ek met oortuiging

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!