LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 15: Opvolggesprek met George p672 405 406 407 408 409 410 411 412 413 414 415 416 417 418 419 420 421 422 423 424 425 426 427 428 429 430 431 432 433 434 435 436 437 438 439 440 441 George: Bedoel jy nou ten opsigte van uitreik aksies om... Albert: Nie noodwendig so, maar bloot in terme van gesindheid. George: Ja ek dink die gesindheid is reg, ek dink daar is definitief so ʼn gesindheid, ʼn positiewe gesindheid, maar of dit wat op die beleid staan, sê nou maar by wyse van ʼn sinodebeslissing of ʼn sinodebesluit of dit waarheen ons mik wat ons graag in die samelewing wil hê en of die paaie van die praktyk daarheen loop dit weet ek nie. Ek dink, dit is my praktiese belewenis daarvan nè, askies tog ek wyk nou af. Jy weet hierdie jaar het Paasnaweek vir my gekom en gegaan seker omdat ons nie ʼn predikant het nie en toe het ek jy weet daar was altyd daai ses weke lydingstyd in die kom ek sê die vroeër jare wat jy intens bewus geword het van hoe het Christus gely die hele aanloop daartoe nè. OK dit is seker nou ʼn meer krasse vergelyking, maar ek sien nie sulke tematiese aksies van die kerk om daai ding in die praktyk te laat onwikkel nie. Ek weet nie, my bewoording en my uitdrukking is nou seker nie reg nie. Maar daar is nie wat my betref om daai... as ons nou van apartheid moet afwyk en regstelling moet doen en versoenend moet optree... Ek dink die bereidheid tot versoening is daar. Maar ek weet nie watter praktiese bewegings of aksies moet nou dan in werking kom om versoening te bewerk nie, om hom te praktiseer nie. Dit weet ek nie. Dit gaan vir my, die kerk is ʼn kolleksie van ʼn klomp individue, van individuele lidmate en ek dink die oorgrootte meerderheid, dit is nou net ʼn gedagte by my net dit is hoe ek daaroor dink jou eerste verwysings raamwerk is maar jouself, en dan dink jy maar die ander ouens dink ook seker maar soos ek dink. Ek weet nie of ek spesifiek as ʼn lidmaat van die kerk nou moet werk ten opsigte van versoening nie, want ek dink ek leef versoenend as ek dit so kan stel. In die opsig ek het nie ʼn aksie teen ouens van ʼn ander ras, of ʼn ander kultuur groep of wat ook al ten opsigte van die kerk nie. Maar as ons nou weereens by die praktiese deel kom, jy weet taal het baie simboliek en ek weet net nie altyd of ouens van ander etniese groepe en taal groepe – kom ons praat nou van ʼn ding soos erediensbywoning – of hulle dieselfde boodskap uit dieselfde diens gaan kry as wat ek gaan kry nie, as gevolg van taal. En daarmee sê ek nou nie ek is daarteen nie. Dit gaan weer vir my oor kultuur en oor taal. Dit gaan my nie pla, kom ons wees naby prakties, dit gaan my nie pla as ek môre-oggend die erediens gaan bywoon en hier is ʼn anderskleurige mede-Christen kom langs my sit nie. Dit gaan my geensins pla nie. Wat my wel gaan pla is dat hy nie my taal kan verstaan nie, maar hy kom sit hierso net omdat hy nou mag hierna toe kom, omdat daar nou nie meer die apartheidsgrense is nie.

Bylaag 15: Opvolggesprek met George p673 442 443 444 445 446 447 448 449 450 451 452 453 454 455 456 457 458 459 460 461 462 463 464 465 466 467 468 469 470 471 472 473 474 475 476 477 478 Albert: En dan die omgekeerde aanvaar ek is dan ewe waar, dat jy ook nie sou wou gaan inskakel in ʼn Sotho gemeente, al sou jy die taal kon verstaan, gebrekkig maar jy sou dalk iets kon volg, hy gaan nie want dit is nie jou wêreld daai nie. George: Kom ek gee jou ʼn praktiese voorbeeld van ʼn ander kant. Ons het baie ouervergaderings gereeld nè, want ons het verskillende afdelings, byvoorbeeld ons afdeling het in die verlede, dit het nou weer ons het nou meer en ons het weer meer praktiese daarby betrokke geraak sedert die begin van verlede jaar is hierdie ding van HIV en Aids. Nou moet ons die ouers gaan inlig daaroor. Maar nou het ek ʼn klomp ʼn hele klomp swart skole. Maar die vergaderings van die ouers, en nou verwys ek na verskeie gemeenskappe toe net weer nè, baie ek gaan nie sê die meeste nie, maar baie van daardie ouers is ongeletterd. Hulle kan byvoorbeeld nie eens hulle kinders wat nou in ʼn Engelse skool is nou help met hulle huiswerk nie. OK, maar nou praat ek suiwer van ʼn Sotho skool. Ek kan nie op ʼn Sondagoggend, dit was hierso by Nyakallong gewees, nou moet ek die vergadering, nie moet nie maar ek meen dit was deel van my werksverpligtinge ek moet die vergadering gaan bywoon en ek moet die ouers gaan inlig. Maar ek kan nie hulle taal praat nie, so ek kan hulle nie direk gaan inlig nie. Nou wat moet nou gebeur, nou moet ek dit wat ek vir hulle wil sê moet ek nou daar stel en vir iemand vra om dit nou in Sotho oor te sit om dit nou vir hulle te gaan deel. Ek dink as ek dit nou kan verplaas na ʼn erediens bywoning in ʼn ander taal en ʼn ander kultuur, dan gaan ek dieselfde vreemdheid daar ervaar. Albert: Dink jy, net ʼn laaste vraag oor die kerk, dink jy daar is genoeg leiding van die kerk se leierskap af. Hoor ʼn mens genoeg praktiese konkrete goed? Ons hoor net die sinode se besluite, ons gaan nou vra dat Belhar aanvaar word, ons gaan werk in die rigting van kerkeenheid en so aan. Maar dink jy die gewone lidmaat hoor genoeg praktiese goeters? George: Nee dit is wat ek netnou gesê het, die aksie om daai versoening te bewerkstellig is nie daar nie. Ek meen soos jy tereg sê as ek nou die regte woord daarvoor het, die beleid wat die kerk daaroor wil het, dit is daar. Die sinode het besluit, die sinode het kommissies en dies meer, so dit is in plek, maar die praktiese deur na my vlak toe dit gebeur nie, daar is nie voldoende leiding in die verband nie. Nou wonder ek ook, kom ons sê nou maar daar gaan so ʼn tema wees en daai tema word nou gepreek en hy word nou verkondig, nou moet hy praktiese geïmplementeer word. En ek dink enige ding wat as ʼn verpligting kom, gaan ʼn bietjie weerstand kry. As daai

Bylaag 15: Opvolggesprek met George

p673

442

443

444

445

446

447

448

449

450

451

452

453

454

455

456

457

458

459

460

461

462

463

464

465

466

467

468

469

470

471

472

473

474

475

476

477

478

Albert: En dan die omgekeerde aanvaar ek is dan ewe waar, dat jy ook nie sou wou

gaan inskakel in ʼn Sotho gemeente, al sou jy die taal kon verstaan, gebrekkig maar jy

sou dalk iets kon volg, hy gaan nie want dit is nie jou wêreld daai nie.

George: Kom ek gee jou ʼn praktiese voorbeeld van ʼn ander kant. Ons het baie

ouervergaderings gereeld nè, want ons het verskillende afdelings, byvoorbeeld ons

afdeling het in die verlede, dit het nou weer ons het nou meer en ons het weer meer

praktiese daarby betrokke geraak sedert die begin van verlede jaar is hierdie ding van

HIV en Aids. Nou moet ons die ouers gaan inlig daaroor. Maar nou het ek ʼn klomp ʼn

hele klomp swart skole. Maar die vergaderings van die ouers, en nou verwys ek na

verskeie gemeenskappe toe net weer nè, baie ek gaan nie sê die meeste nie, maar

baie van daardie ouers is ongeletterd. Hulle kan byvoorbeeld nie eens hulle kinders

wat nou in ʼn Engelse skool is nou help met hulle huiswerk nie. OK, maar nou praat ek

suiwer van ʼn Sotho skool. Ek kan nie op ʼn Sondagoggend, dit was hierso by

Nyakallong gewees, nou moet ek die vergadering, nie moet nie maar ek meen dit was

deel van my werksverpligtinge ek moet die vergadering gaan bywoon en ek moet die

ouers gaan inlig. Maar ek kan nie hulle taal praat nie, so ek kan hulle nie direk gaan

inlig nie. Nou wat moet nou gebeur, nou moet ek dit wat ek vir hulle wil sê moet ek nou

daar stel en vir iemand vra om dit nou in Sotho oor te sit om dit nou vir hulle te gaan

deel. Ek dink as ek dit nou kan verplaas na ʼn erediens bywoning in ʼn ander taal en ʼn

ander kultuur, dan gaan ek dieselfde vreemdheid daar ervaar.

Albert: Dink jy, net ʼn laaste vraag oor die kerk, dink jy daar is genoeg leiding van die

kerk se leierskap af. Hoor ʼn mens genoeg praktiese konkrete goed? Ons hoor net die

sinode se besluite, ons gaan nou vra dat Belhar aanvaar word, ons gaan werk in die

rigting van kerkeenheid en so aan. Maar dink jy die gewone lidmaat hoor genoeg

praktiese goeters?

George: Nee dit is wat ek netnou gesê het, die aksie om daai versoening te

bewerkstellig is nie daar nie. Ek meen soos jy tereg sê as ek nou die regte woord

daarvoor het, die beleid wat die kerk daaroor wil het, dit is daar. Die sinode het besluit,

die sinode het kommissies en dies meer, so dit is in plek, maar die praktiese deur na

my vlak toe dit gebeur nie, daar is nie voldoende leiding in die verband nie. Nou

wonder ek ook, kom ons sê nou maar daar gaan so ʼn tema wees en daai tema word

nou gepreek en hy word nou verkondig, nou moet hy praktiese geïmplementeer word.

En ek dink enige ding wat as ʼn verpligting kom, gaan ʼn bietjie weerstand kry. As daai

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!