LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 15: Opvolggesprek met George p666 183 184 185 186 187 188 189 190 191 192 193 194 195 196 197 198 199 200 201 202 203 204 205 206 207 208 209 210 211 212 213 214 215 216 217 218 219 mos altyd jy oordeel mos altyd self nou wat sal die mense sê as ek... Ek het by geleentheid, dit is net om vir jou te demonstreer, toe het ek vir ʼn kollega van my, hy doseer nou by die Vrystaatse Universiteit, toe sê ek vir hom want as ek uit hierdie kleurlinge gebiede uitgekom het en ek het uit die swart gebiede uitgekom, hemel dan is ek geraak deur daai armoede. Maar later stomp ʼn ou ʼn bietjie af, hoe meer jy daaraan blootgestel word, hoe meer stomp jy af. Toe het ek vir hom gesê, as ek nou in – waar is dit nou – ek dink hier by 1 Johannes 3 vers 17, 18 lees. As iemand wat aardse besittings het en hy sien sy broer het nood, dit kom daarop neer en hy het nie ʼn hart nie hoe kan sy sien dat die liefde van God in hierdie ou is. Maar dit is nie omdat die Skrif dit vir my sê nie, dit is ʼn innerlike oortuiging. Toe sê ek vir K as ek nou al my goed gaan verkoop en ek gaan om ʼn bietjie verligting te gaan bring in daardie gemeenskap. Toe sy hy ja maar wat gaan dan gebeur? Jy gaan vir hoeveel mense met jou bates wat jy het, gaan jy ʼn bietjie verligting bring vi hoe ʼn kort tyd dan is jy ook deel daarvan. Met ander woorde jy gaan daai armlastigheid net vermeerder in plaas van verlig. Ek het by geleentheid hier in die Wes-Vrystaat, ʼn plek met die naam Boshoff, het ek by ʼn skool gewerk baie kere. Ons het een keer met ʼn kinderweek het ek en die K kollega van my ʼn hele week by die skool gewerk. Oueraande gehou en leerders geevalueer en so aan en berading gedoen en al sulke tipe dinge. Maar ek was altyd geraak as ek van daai skool af kom, en van daai gemeenskap af kom, deur die hengse armoede en ook deur die feit, ek kan nou nie meer onthou nie, ek het nie statistiek daarvan wat ek nou vir jou kan gaan aanhaal nie. Ek het tientalle der tientalle kinders daar geevalueer en ek kan hulle seker op die een hande se vingers aftel dié wat uit ʼn volledige gesin uitgekom het. Hulle het almal by ʼn oompie, by ʼn ouma of by iemand gebly. Die ma het iewers gewerk, hulle het nie altyd geweet waar nie, en hulle weet nie waar is die pa nie. So ek dink, nou gaan ek seker na ʼn ander deel toe wat nie ter sake is nie. Maar die afwesigheid van ʼn gesinstruktuur en die geborgenheid, van sekuriteit, van omgee vir mekaar of wat ook al, dra ook by tot die probleme wat ʼn mens in so ʼn gemeenskap kry. En by geleentheid, die skool het ʼn klomp leerders verwys en ek het hulle met die skoolhoof en betrokke personeel gaan bespreek en toe nou ʼn klompie geïdentifiseer wat ek toe moes evalueer vir moontlike hulpverlening of wat ook al. Toe ek die een dag weer by die skool terug kom toe sê ek vir die prinsipaal ek wil vandag met hierdie, hierdie en hierdie werk, toe sê hy vir my nee, sê nou maar Antonie, hy is nie meer met ons nie. Ek vra toe het Antonie die skool verlaat? Toe sê hy nee Antonie is vermoor en hy gee toe vir my die besonderhede. Nou dit is net om vir jou ʼn indruk te gee van armoede wat ek daar beleef het. Hulle het skool geslip, die kinders, en hulle het ʼn konka vuurtjie gemaak, dit was in die winter het hulle ʼn konka vuurtjie gemaak en met goed soos aartappelskille en wortelskille en uie het hulle kos op daai konkatjie op daai

Bylaag 15: Opvolggesprek met George p667 220 221 222 223 224 225 226 227 228 229 230 231 232 233 234 235 236 237 238 239 240 241 242 243 244 245 246 247 248 249 250 251 252 253 254 255 256 buitevuurtjie. Toe het daar ʼn argument ontstaan nou wie moet almal nou deel in daardie kos wat hulle nou gaar maak, van daai voorraad wat ek nou vir jou genoem het. Die argument het toe later ʼn woordewisseling en toe nou lateraan in ʼn fisieke geveg. Hierdie ou is met ʼn mes in sy nek gesteek en toe in daai paniek wat ontstaan toe hardloop hy toe terug huis toe, en in plaas van om die mes in sy nek te los en hulp te gaan soek, toe trek hy die mes uit en toe bloei hy hom dood. ʼn Seun van sewentien jaar. En dit is hoe hulle daar geleef het. Daar was ʼn sekere onderwyser ek gaan sy naam noem Mnr M, so ʼn jong kleurlingman en ek het altyd as ek nou uitgediende klere het van my wat ek nou uitgegroei het, of wat ʼn bietjie verweer het, dan het ek dit in ʼn sak gesit en dit vir Mnr M gegee. Mnr M het Sondae ook ʼn aktiewe rol gespeel en het dit nou vir daai ouens verdeel. Ek praat nou seker onsamehangend. Die tweede swart kollega wat ons hier gekry het, wat ek netnou genoem het. Een dag toe is ek en die twee kollegas saam in Thabong en toe ons ry in of uit die gemeenskap ek kan nou nie meer onthou nie, toe sê hy vir my Mr. B sien jy al die armoede hier? Ek sê toe ja, dit is vir ʼn kontras van waar ek nou vandaan kom en wat ek nou hierso sien. Hy sê weet jy ek sien dit ook, maar dit raak my nie meer nie, want ek hier opgegroei. Ek is gewoond daaraan. Dit is nou hier in 1995,96 toe is dit nou die eerste keer wat ek toe in, want ons het altyd het die leerders eers na ons kantoor toe gekom en ons het later toe uitbeweeg skole toe, nou is jy in daai gemeenskap en nou beleef jy alles daar. Albert: Onthou jy, jy het dieselfde storie vertel in ons aanvanklik gesprekke, jy het ook presies dieselfde gesê van die armoede en die tipe van goed. Ons kom terug by die apartheidstyd. Die kerk het op ʼn stadium skuld bely daaroor. Nou is my vraag vir jou as gewone lidmaat van die kerk, hoe voel jy oor skuld? Wit mense se skuld aan apartheid? Kom ons praat gou ʼn bietjie daaroor. Dink jy die wit mense het iets om oor skuldig te voel? Indien wel waaroor moet ons skuldig voel en uiteraard wat maak ʼn mens nou met daardie skuld? George: Jy weet oor skuldig voel, dit is ʼn bedeling waarin ek gebore is en ek groot gemaak is. So apartheid was vir my ʼn ding waarmee ek in die wêreld gekom het. Ek meen dit was nie vir my ʼn ding wat gekom het nadat ek reeds daar was nie. So ek het maar in daai bedeling ingekom. Albert: So dit was wat jy geken het. George: Dit is wat ek geken het, en dan het ek by baie geleenthede en by baie vergaderings – kom ons sê dan nou liewers by ʼn paar geleenthede – het ek gehoor dat

Bylaag 15: Opvolggesprek met George

p667

220

221

222

223

224

225

226

227

228

229

230

231

232

233

234

235

236

237

238

239

240

241

242

243

244

245

246

247

248

249

250

251

252

253

254

255

256

buitevuurtjie. Toe het daar ʼn argument ontstaan nou wie moet almal nou deel in

daardie kos wat hulle nou gaar maak, van daai voorraad wat ek nou vir jou genoem

het. Die argument het toe later ʼn woordewisseling en toe nou lateraan in ʼn fisieke

geveg. Hierdie ou is met ʼn mes in sy nek gesteek en toe in daai paniek wat ontstaan

toe hardloop hy toe terug huis toe, en in plaas van om die mes in sy nek te los en hulp

te gaan soek, toe trek hy die mes uit en toe bloei hy hom dood. ʼn Seun van sewentien

jaar. En dit is hoe hulle daar geleef het. Daar was ʼn sekere onderwyser ek gaan sy

naam noem Mnr M, so ʼn jong kleurlingman en ek het altyd as ek nou uitgediende klere

het van my wat ek nou uitgegroei het, of wat ʼn bietjie verweer het, dan het ek dit in ʼn

sak gesit en dit vir Mnr M gegee. Mnr M het Sondae ook ʼn aktiewe rol gespeel en het

dit nou vir daai ouens verdeel. Ek praat nou seker onsamehangend. Die tweede swart

kollega wat ons hier gekry het, wat ek netnou genoem het. Een dag toe is ek en die

twee kollegas saam in Thabong en toe ons ry in of uit die gemeenskap ek kan nou nie

meer onthou nie, toe sê hy vir my Mr. B sien jy al die armoede hier? Ek sê toe ja, dit is

vir ʼn kontras van waar ek nou vandaan kom en wat ek nou hierso sien. Hy sê weet jy

ek sien dit ook, maar dit raak my nie meer nie, want ek hier opgegroei. Ek is gewoond

daaraan. Dit is nou hier in 1995,96 toe is dit nou die eerste keer wat ek toe in, want

ons het altyd het die leerders eers na ons kantoor toe gekom en ons het later toe

uitbeweeg skole toe, nou is jy in daai gemeenskap en nou beleef jy alles daar.

Albert: Onthou jy, jy het dieselfde storie vertel in ons aanvanklik gesprekke, jy het ook

presies dieselfde gesê van die armoede en die tipe van goed. Ons kom terug by die

apartheidstyd. Die kerk het op ʼn stadium skuld bely daaroor. Nou is my vraag vir jou as

gewone lidmaat van die kerk, hoe voel jy oor skuld? Wit mense se skuld aan

apartheid? Kom ons praat gou ʼn bietjie daaroor. Dink jy die wit mense het iets om oor

skuldig te voel? Indien wel waaroor moet ons skuldig voel en uiteraard wat maak ʼn

mens nou met daardie skuld?

George: Jy weet oor skuldig voel, dit is ʼn bedeling waarin ek gebore is en ek groot

gemaak is. So apartheid was vir my ʼn ding waarmee ek in die wêreld gekom het. Ek

meen dit was nie vir my ʼn ding wat gekom het nadat ek reeds daar was nie. So ek het

maar in daai bedeling ingekom.

Albert: So dit was wat jy geken het.

George: Dit is wat ek geken het, en dan het ek by baie geleenthede en by baie

vergaderings – kom ons sê dan nou liewers by ʼn paar geleenthede – het ek gehoor dat

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!