25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p52

enigiemand om ʼn vooropgestelde uitslag te verkry (Fourie 2008:59). Müller (2003:14)

trek die lyne deur na die pastorale praktyk as hy die hoogtepunt só verwoord:

“Research is seeing people suffer and finding meaning therein. To be a researcher,

one has to learn to be reverent. Research is more than mere technique; it is about

reverence and awe.”

9.3.4.5 Einde (ending)

Aan die einde van die proses is daar 'n nuwe “nou” waar die navorser of pastor vra:

“what is our sense of who these people are now, what they are left with, what

happened, and what did it mean?” (Lamott 1995:62). Die einde is nie 'n beëindiging nie.

Dit is op die meeste die afsluiting van 'n fase wat onmiddellik weer die begin van 'n

nuwe fase inlei. Die einde bring ʼn ander perspektief, ʼn perspektief wat nie noodwendig

bevredigend is nie en selfs teleurstellend kan wees (Fourie 2008:60). En tog is dit

volgens Müller (2003:15) ’n nuwe skrywe en nie maar ʼn blote refleksie op die proses

nie:

The research process involves many of the stories of those involved:

the clients; the families; the therapists; the patients; the church

members. But the research process is not only a mere reflection on

those stories; it is always a new writing. Research creates its own story

with new possibilities. Therefore, narrative research doesn’t end with a

conclusion, but with an open ending, which hopefully will stimulate a

new story and new research.

Die einde gee geboorte aan 'n nuwe begin, maar dan 'n ander begin, anders as waar

hierdie proses begin het. Iewers is gegroei, nuwe insigte gekry en beter stories vertel.

Elke navorsing het bepaalde tekorte en beperkings. In daardie opsig is hierdie

navorsing geen uitsondering nie. Dit is inherent deel van ʼn sosiaal konstruksie diskoers

dat verslae soos hierdie nie aangebied word as die enigste waarheid nie. Beide

navorser en leser moet hierdie feit verreken en daarom word in die volgende afdeling

gekyk na die beperkings op hierdie navorsing.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!