LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 15: Opvolggesprek met George p662 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 nou nog hierso. En dit was vir ons almal... ek weet nie of dit van ons ʼn aanpassing geverg het nie, want ek dink dit het nogal redelike gemaklik oorgegaan met die ou wat ingekom het by ons. Ek wil nie sê dit was ʼn proses van assimilasie van die een in die ander een opgeneem of gelykgemaak nie, maar hy was redelik gemaklik aanvaar. Toe het die tweede en ook bygekom, hulle het al twee ons nou weer verlaat. Die een praktiseer in Bloemfontein en die een praktiseer hierso privaat. En so dan maar met verloop van tyd... ons het eers twee kantore gehad, net om vir jou daai agtergrond te gee, een in Odendaalsrus en een in hierso. En toe het hierdie mense wat spesifiek die leerondersteuning met die onderwysers gedoen het, hulle was in Odendaalsrus gesetel en toe, ek weet nie eens meer om watter rede nie, het dit nou net een kantoor geword. Daar was aanvanklik meer onderwysdistrikte en toe later hierdie vyf wat ons in al die staatsafdelings het, gereduseer tot daardie vyf. Ja, ek dink dit was met daardie oorgang toe hulle nou deel van ons geword het. Maar die inskakeling en die onderlinge verhoudings het nogal redelike goed verloop en het goed gegaan ook. As ek na myself kan verwys, ek dink as ʼn mens nou vir hulle in my afwesigheid moet gaan vra wat was my kollegiale verhoudings met hulle en afgesien van kollegiaal, die menslike verhoudings met hulle en hulle verhoudings met my ook... Dit gaan positief wees. Ek kan vir jou een insident noem maar dit het ek ook genoem die dag toe ek nou amptelik afgetree het. Ek het ʼn vroulike Xhosa-sprekende kollega – ek kan nou nie meer onthou in watter jaar het sy tot ons diens toegetree nie – maar by ʼn geleentheid van vakansie wat sy gehad het, toe sien sy ʼn stalletjie langs die pad of ʼn plek want sy kom van die Oos-Kaap af, ʼn fiets in ʼn hout raampie en dan staan daar op, drie goedjies ag as ek dink ek kan dit nie nou visueel herroep nie. Love much, Laugh often en Live well iets in dié lyn. En toe sy van vakansie af terugkom toe oorhandig sy vir my die ding, want sy sê toe sy die ding daar gesien hang het, toe dink sy aan my want ek is ʼn ou wat hou van fietsry en ek lag baie. Ek meen hierdie inskripsies daar het sy nou net met my geïdentifiseer en sy het kom vir my kom gee. Die dag toe ek nou finaal klaarmaak, het ek nou na die insident ook verwys jy weet net om te sê of ʼn aanduiding te gee wat my interaksie met hulle was. En C het ʼn traan of twee weggepik. Nee regtig, ek het nie enige vooraf veroordelings gehad of beoordelings gehad nie van hoe ek moet optree en hoe ek gaan optree en wat is die goed wat vir my aanvaarbaar gaan wees en wat sal vir my nie aanvaarbaar wees nie. Albert: Die feit dat julle as kollegas, met ander woorde, as gelyke professionele ouens bymekaar gekom het, speel dit tog nie maak ʼn rol in julle verhoudings nie. In die ou bedeling het ons as wit mense swart mense hoofsaaklik in ʼn ondergeskikte posisies

Bylaag 15: Opvolggesprek met George p663 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 beleef. Hulle was ons huisbediendes, ons tuinwerkers. Hulle was gewoonlik in sulke onderskikte posisies. George: Ek dink dit speel seker uiteraard ʼn rol. As ʼn mens dit nou in aanhalings tekens gaan sit, dit maak jou seker maak gelyk. En dit vergemaklik baie ander dinge. Maar as ek nou moet dink aan ons werker wat ons daar het, die cleaner, die skoonmaker selfs met hom, ek meen sommer informele gesprekke as ek hom in die kombuis raakloop byvoorbeeld sal ons hê. Jy weet, dit was heel gemaklik. Albert: Dink jy dieselfde ding gebeur in die samelewing in die breë? Hierdie gemaklike oor kleurgrens heen skakeling. George: Ek weet nie... Dit gebeur. Ek meen dit is nou net op waarneming wat ek dit sê. Dit gebeur ek meen ek sien baie keer ʼn ou wat in gesprek met iemand is, ek meen van verskillende etniese of rasse groepe. En ek sien self ook dat daar, ek weet nou nie of hulle ʼn vooraf kennis met mekaar gehad het nie, maar hulle groet mekaar met die hande. Ek het al gesien dat ʼn wit man en ʼn swart man mekaar sal druk, jy weet, as hulle mekaar vir ʼn lang tyd nie gesien het nie en dit het al met myself ook gebeur. Ek probeer nou die mees onlangse insident probeer ek nou herroep. Dit is ʼn prinsipaal by een van die groot skole hier in die Wes-Vrystaat en in vergeleke met my is hy nog relatief ʼn jong man en toe ek Januarie-maand by die skool kom toe sê hy vir my dit is ʼn lang tyd wat hy my nie gesien het nie en hy staan agter sy lessenaar op en hy kom gee my ʼn handdruk en hy gee my ʼn druk. Albert: Dit sou in die ou bedeling nie gebeur het nie. George: In die ou bedeling sou dit jou met ʼn – hoe wil ek vir jou sê – jy sou dit met ʼn bietjie terughouding gedoen het. Ek glo ook nie dit sou... ek het nie so ʼn ondervinding met die ou bedeling gehad nie. En ek dink van die ander kant af gesien ook... as ons net kan teruggaan na daardie eerste demokratiese verkiesing. Ons het met allerlei vooraf bedinkte issues gehad van sê nou maar net dit kan gebeur en daar was baie ouens wat daarop voorbereid was. Ek meen jy weet self hoeveel mense het kos versamel en wapens gekoop en al sulke dinge. En ek dink toe die ratwerk nou in werking tree na daai aanvanklike verkiesing en soos wat tyd verloop het, dink ek grense tussen mense nie met beplande dinge afgebreek is nie. Ek meen ek het dit so beleef. Dit is ʼn ding wat spontaan gebeur het, dit was nie gedwonge nie.

Bylaag 15: Opvolggesprek met George

p663

72

73

74

75

76

77

78

79

80

81

82

83

84

85

86

87

88

89

90

91

92

93

94

95

96

97

98

99

100

101

102

103

104

105

106

107

108

beleef. Hulle was ons huisbediendes, ons tuinwerkers. Hulle was gewoonlik in sulke

onderskikte posisies.

George: Ek dink dit speel seker uiteraard ʼn rol. As ʼn mens dit nou in aanhalings tekens

gaan sit, dit maak jou seker maak gelyk. En dit vergemaklik baie ander dinge. Maar as

ek nou moet dink aan ons werker wat ons daar het, die cleaner, die skoonmaker selfs

met hom, ek meen sommer informele gesprekke as ek hom in die kombuis raakloop

byvoorbeeld sal ons hê. Jy weet, dit was heel gemaklik.

Albert: Dink jy dieselfde ding gebeur in die samelewing in die breë? Hierdie gemaklike

oor kleurgrens heen skakeling.

George: Ek weet nie... Dit gebeur. Ek meen dit is nou net op waarneming wat ek dit sê.

Dit gebeur ek meen ek sien baie keer ʼn ou wat in gesprek met iemand is, ek meen van

verskillende etniese of rasse groepe. En ek sien self ook dat daar, ek weet nou nie of

hulle ʼn vooraf kennis met mekaar gehad het nie, maar hulle groet mekaar met die

hande. Ek het al gesien dat ʼn wit man en ʼn swart man mekaar sal druk, jy weet, as

hulle mekaar vir ʼn lang tyd nie gesien het nie en dit het al met myself ook gebeur. Ek

probeer nou die mees onlangse insident probeer ek nou herroep. Dit is ʼn prinsipaal by

een van die groot skole hier in die Wes-Vrystaat en in vergeleke met my is hy nog

relatief ʼn jong man en toe ek Januarie-maand by die skool kom toe sê hy vir my dit is ʼn

lang tyd wat hy my nie gesien het nie en hy staan agter sy lessenaar op en hy kom gee

my ʼn handdruk en hy gee my ʼn druk.

Albert: Dit sou in die ou bedeling nie gebeur het nie.

George: In die ou bedeling sou dit jou met ʼn – hoe wil ek vir jou sê – jy sou dit met ʼn

bietjie terughouding gedoen het. Ek glo ook nie dit sou... ek het nie so ʼn ondervinding

met die ou bedeling gehad nie. En ek dink van die ander kant af gesien ook... as ons

net kan teruggaan na daardie eerste demokratiese verkiesing. Ons het met allerlei

vooraf bedinkte issues gehad van sê nou maar net dit kan gebeur en daar was baie

ouens wat daarop voorbereid was. Ek meen jy weet self hoeveel mense het kos

versamel en wapens gekoop en al sulke dinge. En ek dink toe die ratwerk nou in

werking tree na daai aanvanklike verkiesing en soos wat tyd verloop het, dink ek

grense tussen mense nie met beplande dinge afgebreek is nie. Ek meen ek het dit so

beleef. Dit is ʼn ding wat spontaan gebeur het, dit was nie gedwonge nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!