25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p51

en konnotasies uit die verlede word (Müller, Van Deventer & Human 2001:83).

Die nou van die aksie, en die agtergrond kom hier bymekaar en vul mekaar aan:

“During this phase of the research process the ‘now’ of the story is set against the

current socio-political and economic background in which the researchers and coresearchers

are busy writing their own stories” (Müller, Van Deventer & Human

2001:81).

9.3.4.3 Ontwikkeling (development)

In 'n narratiewe benadering word nie gewerk met vooraf opgestelde oplossings nie,

maar met mense se verhale. Die fokus bly op die mense en nie die aksies nie. Die

persone betrokke word nie navorsingsvoorwerpe nie, maar mede-navorsers. Hulle

word betrek op gelyke voet met die navorser. Die navorser het 'n “not-knowing”-

benadering (Anderson & Goolishian 1992) ten opsigte van die lewe van die medenavorsers.

Dit beteken nie dat sy of hy onkundig is nie. Die navorser bly die kenner van

die proses, maar die mede-navorser bly die kenner van sy of haar eie lewe.

Die mede-navorsers is deel van die evolusionêre spiraal wat aan die ontvou is. “Die

navorsingsproses is nie ʼn proses wat bloot in ʼn sirkel beweeg nie, maar het definitiewe

oogmerke wat doelgerig die stories van die medereisigers rekonstrueer” (Fourie

2008:59). In die ontwikkelingsfase soek die navorser en die mede-navorsers na

“unique outcomes” (White & Epston 1990) in die verhale van die betrokkenes. “The

approach… is a social-constructionist approach, which involves both the researcher

and the ‘characters’ in active process of story development” (Müller, Van Deventer &

Human 2001:85). Hierdie proses loop uit op die klimaks.

9.3.4.4 Hoogtepunt (climax)

Niemand weet wat of waar die hoogtepunt sal wees nie. Al wat seker is, is dat niks

daarna ooit weer dieselfde sal wees nie (Lamott 1995:62). Al die lyne van die verhale

kom saam in een knooppunt. Die hoogtepunt of klimaks is daar waar konsensus oor

die uitkoms van die alternatiewe verhaal bereik word. Die klimaks is die eerlike

resultaat, wat onafhanklik ontwikkel het, sonder inmenging of manipulasie van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!