LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p652 182 183 184 185 186 187 188 189 190 191 192 193 194 195 196 197 198 199 200 201 202 203 204 205 206 207 208 209 210 211 212 213 214 215 216 217 218 Isak: By ons... ons is geleer as jy by ʼn funksie kom... toe ek skool gehou het was dit amper ondankbaar dat ʼn jong onderwyser nie maklik langs ʼn prinsipaal sal sit. Ons het funksies en as ons gaan sit en eet dan is ek tussen die dienswerkers of hulle sal by my kom sit en gesels. Ek dink tog daar is ʼn groot mate van bevryding in, waar jy met integriteit kan tussen mense beweeg en nie skuldig hoef te voel omdat jy wit is nie. Albert: Die volgende vraag, juis oor die skuld. Hoe dink jy oor skuld, wit mense se skuld oor apartheid? Hoe het jy persoonlik daarmee gemaak of dink jy moet ons maak daarmee? Isak: Ek dink... toe ek nog al die tyd hierdie goed begin het, toe dit op ʼn agenda begin kom oor die rassisme en die verandering en die demokrasie wat moet kom en die apartheid wat verkeerd was... Ek glo apartheid was nog altyd verkeerd. Ons het groot geword as apart, apartheid is reg en dit is hoe dit moet wees. Maar ek dink daar is ʼn proses rondom 1994, die aanloop na 1994 en net na 1994 dit was ʼn vreeslike ding oor die skuld gewees en die kerke het bely en ander ouens het bely en party het namens ander bely en die ouens het kwaad geword vir dié wat bely het. Ek dink ons moet dit nou los, dit is verby. Ons het dit gedoen. Wat jy kon bely, het jy klaar bely. Dit is my opinie dat... apartheid was nog altyd verkeerd gewees. Daar is nie ʼn manier hoe jy mense kan behandel soos ons met die swart mense gemaak het nie. En om te gaan krap en te sê maar dit het eintlik deur die Britte gekom en so aan... Solank ons gestem het daarvoor, en nie aktiviste was teen dit nie, was ons skuldig gewees. Maar ek dink nou daai skuldig wees... dit is nou verby, want as jy gaan aanhou... en ek dink die swart gemeenskap ook moet ook op ʼn stadium kan sê die wit mense was skuldig, ons is nou demokrasie... Albert: Dit is nie meer apartheid se skuld nie. Isak: Dit is nie meer apartheid se skuld as sekere goed nie werk nie. En van hulle sê dit. Albert: Nou die dag het die openbare beskermer, Thulisile Madonsela dit self gesê. Isak: Ek loop nie meer met die skuld rond nie. Wat ek wel doen is, ek bly sensitief. Sensitief in die sin van jy sê nie net wat in jou gedagtes opkom nie. Almal rondom ons is sensitief daaroor. Maar as dit kom by skuld, ek dink die tyd van skuldig voel en

Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p653 219 220 221 222 223 224 225 226 227 228 229 230 231 232 233 234 235 236 237 238 239 240 241 242 243 244 245 246 247 248 249 250 251 252 253 254 skuldig wees is verby. Tyd vir bely is verby. Want solank as die blankes gaan skuldig voel en skuldig bly en al hoe meer in jou dop kruip in plaas daarvan... Ek meen dit is moeilik, want regstellende aksie gaan nog altyd... ons kinders gaan met regstellende aksie... [my seun] se hele loopbaan is al seker agt of tien jaar en die ouens wat onder hom gekwalifiseer het, is al vol kolonel en hy is maar eers ʼn kaptein. Daaroor kan jy kwaad wees, of jy het ʼn keuse, jy gaan. Maar om te gaan skuldig voel vir my, ek kyk byvoorbeeld glad nie na hierdie programme wat hulle op televisie het... Ek het Invictus gekyk, dit het ons in Amerika gekyk. Ons het ʼn klomp Suid-Afrikaners daar gesit en kyk en gesê ja dit goed en dit is verby. Maar ek dra nie meer daai las aan die skuld nie. Ek voel ek het my prys betaal; ek het my loopbaan gegee. Ek het baie ingesit in die gemeenskap en toe nog met hokkie het ek geweldig baie ontwikkeling gedoen tot 2006. Ek het ure gespandeer in Thabong. Ek was daar. Ek het die voorreg gehad om daar te wees. Albert: Ek dink rondom die skuld is daar vir my twee gevare. Die een is wat jy ook nou noem, so ʼn verlammende skuld dat ons vir die res van ons lewe met geboë skouers moet loop en ʼn kop wat hang en hande wat jy wring oor ons is nou so skuldig oor wat ons verkeerd gedoen het. Dit is die een uiterste wat ek dink nog ʼn groot probleem kan wees omdat dit verlammend inwerk. Die ander gevaar vir my is dat mense bloot net sê maar dit is nou verby, kom ons beweeg aan, sonder dat hulle self op ʼn punt gekom het om vir hulle – self al is dit nie voor iemand anders nie – vir hulleself te herken daar was iets fout met apartheid. As ek nou koerante lees, ek kyk veral die laaste tyd op die internet, wat mense... hoe mense reageer op berigte of iets. Daar is ongelooflike rassisme wat daar uitkom. Ek hoor by baie van hierdie ouens in totale ontkenning dat daar ooit iets was wat verkeerd was. Soos wat jy nou self gesê het, bloot die feit dat jy gestem het vir die behoud van apartheid, maak jou skuldig. Ons het destyds daaroor gepraat dat skuld lê mos op ʼn kontinuum van minimum skuldig wees tot Eugene de Kock wat mense gaan dood maak het bloot omdat hulle swart is en die tipe van ding. Maar om jouself heeltemal te verontskuldig en te sê maar ek het niks om oor skuldig te voel nie, dink ek is heeltemal eenvoudig .. Isak: Jy sien ek dink jy kan altyd terug gaan en sê apartheid was goed en reg gewees, want dit was goed en reg vir ons gewees. Op ʼn manier, maak nou nie saak nie, as ek terug dink en sê maar julle weet nie hoe arm het ek grootgeword nie, dan het ek nog nie so arm grootgeword nie soos die armstes van die armstes in die townships nie. Die mens wat uitgaan en sê maar daar was niks verkeerd met apartheid nie, kyk hoe goed

Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak

p653

219

220

221

222

223

224

225

226

227

228

229

230

231

232

233

234

235

236

237

238

239

240

241

242

243

244

245

246

247

248

249

250

251

252

253

254

skuldig wees is verby. Tyd vir bely is verby. Want solank as die blankes gaan skuldig

voel en skuldig bly en al hoe meer in jou dop kruip in plaas daarvan... Ek meen dit is

moeilik, want regstellende aksie gaan nog altyd... ons kinders gaan met regstellende

aksie... [my seun] se hele loopbaan is al seker agt of tien jaar en die ouens wat onder

hom gekwalifiseer het, is al vol kolonel en hy is maar eers ʼn kaptein. Daaroor kan jy

kwaad wees, of jy het ʼn keuse, jy gaan. Maar om te gaan skuldig voel vir my, ek kyk

byvoorbeeld glad nie na hierdie programme wat hulle op televisie het... Ek het Invictus

gekyk, dit het ons in Amerika gekyk. Ons het ʼn klomp Suid-Afrikaners daar gesit en kyk

en gesê ja dit goed en dit is verby. Maar ek dra nie meer daai las aan die skuld nie. Ek

voel ek het my prys betaal; ek het my loopbaan gegee. Ek het baie ingesit in die

gemeenskap en toe nog met hokkie het ek geweldig baie ontwikkeling gedoen tot

2006. Ek het ure gespandeer in Thabong. Ek was daar. Ek het die voorreg gehad om

daar te wees.

Albert: Ek dink rondom die skuld is daar vir my twee gevare. Die een is wat jy ook nou

noem, so ʼn verlammende skuld dat ons vir die res van ons lewe met geboë skouers

moet loop en ʼn kop wat hang en hande wat jy wring oor ons is nou so skuldig oor wat

ons verkeerd gedoen het. Dit is die een uiterste wat ek dink nog ʼn groot probleem kan

wees omdat dit verlammend inwerk. Die ander gevaar vir my is dat mense bloot net sê

maar dit is nou verby, kom ons beweeg aan, sonder dat hulle self op ʼn punt gekom het

om vir hulle – self al is dit nie voor iemand anders nie – vir hulleself te herken daar was

iets fout met apartheid. As ek nou koerante lees, ek kyk veral die laaste tyd op die

internet, wat mense... hoe mense reageer op berigte of iets. Daar is ongelooflike

rassisme wat daar uitkom. Ek hoor by baie van hierdie ouens in totale ontkenning dat

daar ooit iets was wat verkeerd was. Soos wat jy nou self gesê het, bloot die feit dat jy

gestem het vir die behoud van apartheid, maak jou skuldig. Ons het destyds daaroor

gepraat dat skuld lê mos op ʼn kontinuum van minimum skuldig wees tot Eugene de

Kock wat mense gaan dood maak het bloot omdat hulle swart is en die tipe van ding.

Maar om jouself heeltemal te verontskuldig en te sê maar ek het niks om oor skuldig te

voel nie, dink ek is heeltemal eenvoudig ..

Isak: Jy sien ek dink jy kan altyd terug gaan en sê apartheid was goed en reg gewees,

want dit was goed en reg vir ons gewees. Op ʼn manier, maak nou nie saak nie, as ek

terug dink en sê maar julle weet nie hoe arm het ek grootgeword nie, dan het ek nog

nie so arm grootgeword nie soos die armstes van die armstes in die townships nie. Die

mens wat uitgaan en sê maar daar was niks verkeerd met apartheid nie, kyk hoe goed

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!