LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p650 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 Albert: Ek is bly jy sê dit want ek kry die idee dat daar is baie van ons wit mense in Suid-Afrika wat sukkel om op daai punt te kom om mense as mens te sien en nie as wit mens of swart mens nie. Isak: Ja dit is net so, vir my is dit nou tweede natuur. Jy aanvaar nie noodwendig as jy by ʼn plek byvoorbeeld by ons in stap hierdie ou is swart hy moet in die tuin werk. En hierdie ou is swart hy moet vir ons tee maak. Ek meen die een wat by ons tee maak is my grootste pal want ons praat oor kerk en sy is baie betrokke by haar kerk. En sy het gesien eendag daar ek het ʼn Book of blessings en sy vra waar is hare? Ek moet vir haar ook een gaan maak. Sy maak die tee dan kan ons ʼn diep geestelike gesprek hê. Vir my, wat dit aanbetref het, die kleur verdwyn in daai werksomstandighede. Ek kan vir jou in realiteit... CB werk daar, ons kantore was lank langs mekaar gewees, sy noem my big brother en ek noem haar little sister. En ek het voor verlede jaar het ek ʼn konfliksituasie het ʼn swart dame wat vir my gewerk het, aan my gerapporteer het... Sy het ʼn opmerking oor my gemaak en toe ons daar uitstap toe vra CB did you hear what she said? Ek sê vir haar nee ek het nie gehoor nie. En toe stap sy in die dame se kantoor en sê we heard what you said about Mr Isak and you are going to pay the consequences. Dit is die verhoudings wat ons het. Maar vir my, wat dit aanbetref het die wit/swart verdwyn. En ek sê dit nie net om dit te sê nie. Ek sal met daai mense enige tyd assosieer. Die studente is anders, want hulle kom uit ʼn ander dimensie. En ons het ʼn soortgelyke ervarings gehad in 2009 toe ons na Amerika gegaan het. Toe ons daar by [ons dogter]-hulle gekom het, die Saterdagmiddag geland en die Sondagoggend toe sê sy vir my ons is uitgenooi vir ete by haar dogtertjie se beste vriendin. En ons ry daar en dit is ʼn redelike upscale omgewing waar hulle gebly het en ons ry daar in ʼn Golf Estate in en dit is net groot huise en groot karre. En toe ons by die huis stilhou toe is die ʼn African-American gesin. Die man is ek dink die CEO van Benetton, daai maatskappy, in Florida jy weet. Ons het die hele dag daar gekuier en jy het nie by swart mense gekuier nie. Dit het verdwyn. As jy so ver kan kom om verby... selfs daai ou in die tuin, as jy hom so kan behandel soos wat jy... die kleur verdwyn. Daar is gebruike, daar is ʼn manier van doen wat altyd anderste as ons sal wees. As dit by kos kom en daar is ʼn funksie met kos dan moet jy weet hulle het ʼn ander attitude oor kos as wat ons het. Of hy nou ʼn tuinwerker is of ʼn deputy director is. Daar is nog steeds daai kultuurverskille. Maar as dit kom by integriteit en as dit kom by gesindheid en intellek, dan steur ek my nie aan kleur nie. Albert: Dink jy wit Suid-Afrikaners is meer rassisties, minder rassisties as voor 1994? Dalk net meer uitgesproke?

Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak p651 145 146 147 148 149 150 151 152 153 154 155 156 157 158 159 160 161 162 163 164 165 166 167 168 169 170 171 172 173 174 175 176 177 178 179 180 181 Isak: Kyk ja en nee. Ja in die sin van ek dink daar is nog steeds mense wat bitter is, want hulle sien al die korrupsie, hulle sien al die misdaad. Dit is nog steeds die swart mense. Dan nee sou ek sê as jy kyk na die omgewing waar ek nou in werk... By die gholf sal H vir my sê – H is ʼn boilermaker en hy werk ondergrond – dan sal hy vir my sê – dit is die interessante goed wat jy kry – hy sal vir my sê jy werk met die opgeleide mense, ek werk saam met die ouens wat soos diere is. Ek dink dit is ʼn ander milieu wat hy in werk. Maar hierdie jong wat elke Saterdag sy gholfstokke vir hom dra, wat van die plaas af kom, H gee vir C sy kar se sleutels, H betaal vir C en as H daar is sal C vir niemand anders werk as vir H nie. Dan vra ons hom hoekom dink hy C is so erg oor hom? So daar verdwyn H se rassisme. Ek dink dit is die situasie waarin ons is, wat ouens nog steeds rassisties laat voel. Partykeer kom ons nog steeds in situasies waar ouens op ʼn verhoog sal staan en praat oor apartheid en dan sal sê haai jy is ʼn rassis. Vir my, die omgewing waarin ek beweeg... ek dink nie dit gaan oor rassisme as sulks nie, ek dink dit gaan eerder oor die situasie waarin ons bly, die agteruitgang van die infrastruktuur en so aan en dit projekteer op wit mense of swart mense. Albert: Is dit nie die probleem nie? Ons maak maklik assosiasies. Ons sê dit is swart mense wat misdadigers is. Maar as 90 % van die bevolking swart is, is die kans nege uit tien dat die misdadiger swart gaan wees. Isak: Presies. Nege-en-neëntig persent van die mense wat in die tronk sit vir verkragting, is mans. Daar is nog steeds daai stereotipes. Jy kom op ʼn plek, ek het nou die afgelope paar dae so ʼn geval gehad... jy kom by ʼn plek en jy parkeer en die klomp staan en gesels en hier kom ʼn swart ou aan en groet en die wit ou vra o, kom jy ons kar oppas? Hy sê nee, ek is nie ʼn sekuriteitswag nie, ek werk hier. So jy het nog altyd daar persepsies, daai stereotipering. Ek dink daar is ʼn seksie ouens wat nog vol rassisme is, wat daar bly, wat nog glad nie geskuif het nie of nie gaan skuif nie, want hulle wil nie skuif nie. Ek dink in die diepste wese gaan daar altyd ʼn mate van rassisme wees. Albert: Ek het vanmiddag vir my vrou gesê ek dink ons almal is eintlik nog rassiste maar solank jy nie ʼn praktiserende rassis is nie... As jou rassisme in remissie gegaan het, dan is dit iets anders. Ons het uit so ʼn wêreld gekom, ons is so grootgemaak dat jy amper nie anders na die wêreld kyk as wit/swart nie. Dit is al die primêre ding hoe jy na die wêreld kyk. Maar ʼn mens moet iewers op ʼn punt kom wat jy sê ʼn mens moet dit transendeer en daar verbybeweeg.

Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak

p651

145

146

147

148

149

150

151

152

153

154

155

156

157

158

159

160

161

162

163

164

165

166

167

168

169

170

171

172

173

174

175

176

177

178

179

180

181

Isak: Kyk ja en nee. Ja in die sin van ek dink daar is nog steeds mense wat bitter is,

want hulle sien al die korrupsie, hulle sien al die misdaad. Dit is nog steeds die swart

mense. Dan nee sou ek sê as jy kyk na die omgewing waar ek nou in werk... By die

gholf sal H vir my sê – H is ʼn boilermaker en hy werk ondergrond – dan sal hy vir my

sê – dit is die interessante goed wat jy kry – hy sal vir my sê jy werk met die opgeleide

mense, ek werk saam met die ouens wat soos diere is. Ek dink dit is ʼn ander milieu wat

hy in werk. Maar hierdie jong wat elke Saterdag sy gholfstokke vir hom dra, wat van die

plaas af kom, H gee vir C sy kar se sleutels, H betaal vir C en as H daar is sal C vir

niemand anders werk as vir H nie. Dan vra ons hom hoekom dink hy C is so erg oor

hom? So daar verdwyn H se rassisme. Ek dink dit is die situasie waarin ons is, wat

ouens nog steeds rassisties laat voel. Partykeer kom ons nog steeds in situasies waar

ouens op ʼn verhoog sal staan en praat oor apartheid en dan sal sê haai jy is ʼn rassis.

Vir my, die omgewing waarin ek beweeg... ek dink nie dit gaan oor rassisme as sulks

nie, ek dink dit gaan eerder oor die situasie waarin ons bly, die agteruitgang van die

infrastruktuur en so aan en dit projekteer op wit mense of swart mense.

Albert: Is dit nie die probleem nie? Ons maak maklik assosiasies. Ons sê dit is swart

mense wat misdadigers is. Maar as 90 % van die bevolking swart is, is die kans nege

uit tien dat die misdadiger swart gaan wees.

Isak: Presies. Nege-en-neëntig persent van die mense wat in die tronk sit vir

verkragting, is mans. Daar is nog steeds daai stereotipes. Jy kom op ʼn plek, ek het nou

die afgelope paar dae so ʼn geval gehad... jy kom by ʼn plek en jy parkeer en die klomp

staan en gesels en hier kom ʼn swart ou aan en groet en die wit ou vra o, kom jy ons

kar oppas? Hy sê nee, ek is nie ʼn sekuriteitswag nie, ek werk hier. So jy het nog altyd

daar persepsies, daai stereotipering. Ek dink daar is ʼn seksie ouens wat nog vol

rassisme is, wat daar bly, wat nog glad nie geskuif het nie of nie gaan skuif nie, want

hulle wil nie skuif nie. Ek dink in die diepste wese gaan daar altyd ʼn mate van rassisme

wees.

Albert: Ek het vanmiddag vir my vrou gesê ek dink ons almal is eintlik nog rassiste

maar solank jy nie ʼn praktiserende rassis is nie... As jou rassisme in remissie gegaan

het, dan is dit iets anders. Ons het uit so ʼn wêreld gekom, ons is so grootgemaak dat jy

amper nie anders na die wêreld kyk as wit/swart nie. Dit is al die primêre ding hoe jy na

die wêreld kyk. Maar ʼn mens moet iewers op ʼn punt kom wat jy sê ʼn mens moet dit

transendeer en daar verbybeweeg.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!