25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p50

In die volgende onderafdeling word elke aspek van die ABDCE-formule in meer

besonderhede verduidelik ten einde die navorsingsverslag wat in die volgorde van

ABDCE aangebied word, beter te kan verstaan.

9.3.4.1 Aksie (action)

Die aksie waarvan Lamott (1995:62) praat is aksie “compelling enough to draw us in.”

Dit gaan nie soseer oor die aksie self nie, maar oor die storie wat saam met die aksie

loop. Hierdie benadering help ons om die fokus te verskuif van die probleem, na die

verhaal van die aksie (Müller, Van Deventer & Human 2001:79). “The action part

includes the problem …”, maar ook “… to have a good empirical look at people and the

action in which they are involved” (Müller 2003:10).

Die navorser fokus op wat op 'n spesifieke oomblik aan die gebeur is. Dit bepaal die

vertrekpunt van die navorsing. “The action phase of this approach is about the “now of

the story” (Human 2003:43). Maar daar is ook 'n tweede aksie ter sprake, naamlik die

“interaksie” tussen die navorser en die aksie wat ondersoek word (Müller, Van

Deventer & Human 2001:81). Om egter te weet wat “nou” aan die gebeur is, is dit

noodsaaklik om te weet wat vooraf gebeur het. Dit bring ons by background.

9.3.4.2 Agtergrond (background)

Wat het met die karakters van die verhaal gebeur voordat die aksie begin het? Dis die

vraag waarmee background gemoeid is. Nou word die agtergrond van die karakters

verduidelik en vertel hoe hulle bymekaar gekom het. Wat is dit wat hulle aan mekaar

bind? “The background will further be augmented by the interactive construction of

historical and systematic insights between all the research partners” (Müller 2003:13).

Die wederkerige gesprek tussen die mede-navorsers is 'n voortgaande spiraal (Fourie

2008:57) wat ontvou en nie 'n liniêre proses nie.

Lamott gebruik die beeld van 'n stelbouer vir 'n drama of 'n fliek wat elke kamer in detail

beplan en beskryf. “Every room is about memory” (Lamott 1995:74). Deelnemers word

genooi om te vertel van die nou, maar ook om die kamers en plekke van hul verlede te

besoek. Die aksie speel nou teen 'n bepaalde agtergrond af wat ʼn lewe van assosiasie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!