LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda p642 476 477 478 479 480 481 482 483 484 485 486 487 488 489 490 491 492 493 494 495 496 497 498 499 500 501 502 503 504 505 506 507 508 509 510 511 512 maak hy dit meer. Toe sê Hy vir my maar dit is nie jou werk nie maar dit is jou bediening. En toe het dit verander want toe sien jy nie meer al dit foute, ja jy sien die foute maar jy sien die siel wat verlore gaan. Ek sien hoe satan, generasie na generasie afbreek, omdat hulle verstaan nie van God en my kultuur van voorvaders nie. Hulle verstaan nie God is groter as hierdie beeste en goed wat geslag moet word vir voorvaders nie. Dit is in stryd en wanneer ek net besef God is groter as dit, want Hy... hierdie klomp is mos nou klaar. Albert: As ons net gou teruggaan, het wit mense iets om oor skuldig te voel as ons terug kyk na apartheid? Wat was fout daarmee? Hoe dink julle nou daaroor? Ons praat amper van twintig jaar van 1994 af. Danie: Kom ek begin deur vir jou te sê dat Jan van Riebeeck was die eerste stigter van apartheid in Suid-Afrika. Hy het paal laning geplant in die Kaap en hy het gesê die straatlopers daai kant, en as julle wil handel dryf kom julle by daai laning bymekaar. Die ouens wat die skuld moet kry kyk van apartheid, verontskuldig hulle in moedertjie Engeland. Tydens die Engelse bewind in Suid-Afrika in 1913, die grondhervorming wat daar plaas gevind het, daar het die grootste fout gekom wat gebeur het. En dit is die Engelsman wat apartheid gevestig het. Ek het baie navorsing daaroor gedoen, wat gepraat het van ʼn a bloody stinking kaffer en van locations. Waar het locations vandaan gekom? Die Engelse het dit kom vestig in Suid-Afrika. Waar het die mynkampongs en die hostelle vandaan gekom? Die Engelse het dit kom vestig in Suid- Afrika in. Die hartseerste is toe die Afrikaner in bewind kom het hulle die mag in die land oorgeneem en het hulle aangegaan daarmee. Jy weet dit is soos my seun wat grootword in my eie huis en as hy uitgaan dan gaan doen hy dieselfde in sy huis. En dit is wat die hartseer is dat die Afrikaner nie daar die land hervorm het nie, want ons het die geleentheid gehad. Maar die ou wat die skuld moet kry, ek voel geensins skuldig in enige sin vir apartheid nie. Die ou wat die skuld moet kry sit handjies gevou in Engeland in. Linda: Ek sê nou 2000 jaar terug het die Here vir my gesterf aan die kruis en wat ek gedoen... en wat ek gekry het, dit is vergifnis. En as jy vergifnis gekry het, dan het jy mos nou vergifnis. Ek moenie vergifnis kry van MM of ek moenie vergifnis kry van dié nie. Ek moet vergifnis van God kry. Dit is die belangrikste. Ons is so gefokus op die mense dat ons vergeet God het ons gemaak, God het vir ons Jesus gestuur vir die kruis en ek...

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda p643 513 514 515 516 517 518 519 520 521 522 523 524 525 526 527 528 529 530 531 532 533 534 535 536 537 538 539 540 541 542 543 544 545 546 547 548 549 Danie: Vir my tekortkominge. Linda: Ja wel ek is vry. Ek is veilig voor God. Ek staan nie voor enige mens om te sê ja wat, ek kan nie onthou as kind of sulke goed daar was nie maar as jy vergifnis gesê het, dan het jy mos nou vergifnis gesê. En as jy voor God vergifnis gevra dan is dit mos nou klaar. Albert: En dit is my vraag of wit mense oor die algemeen wel op daai punt gekom het dat hulle iewers gesê het en dalk by die Here gaan skuld bely het en gesê het maar op ʼn manier het ek dalk deel gehad in ʼn sisteem wat mense benadeel het en so aan en dan nou die vergifnis waarvan jy nou praat vir hulle self toegeëien het. En of hulle bloot net sê maar ons praat nie daaroor nie, of ons... Linda: Nou dit is waar die hartsaak kom en ek en jy kan vir mense gaan skryf, maar dit is die persone, maar dit is ook ʼn proses... want nou loop jy weer ʼn nuwe proses in Suid-Afrika wat jou bekommerd en jou kwaad maak en wat maak jy? Nou trek nou weer daai baadjie aan waarvoor jy nou vergifnis gevra het. Nou gaan haal jy dit weer en jy kom trek weer vir jou daai baadjie aan. En dit is nonsens. Jy het vergifnis gekry. Here hier is dit, ek gaan aan ek gaan doen wat U wil hê ek moet doen en ek doen dit, nie volmaak nie maar ek doen dit. Danie: Ek dink die publieke vergifnis ook het vir die ander groep ʼn stok gegee om mee te slaan. En dit is wat my ondervinding is in die werke dat die blanke is futloos, hy het nie meer ʼn stem nie, hy weet nie meer waar om wat te doen om reg te maak nie, want dit wat probeer is, werk nie. En ek dit is die publieke vergifnis. Ek verstaan die publieke vergifnis maar die moderator wat daar staan en hy kan vergifnis vra. Maar as dit nie ʼn hartsaak is tot op grondvlak by elke persoon nie, dan beteken sy openbare vergifnis ook niks nie. Albert: Maar ek hoor ook jy sê hierdie vergifnis kan ook daartoe lei dat dit ʼn verlammende effek kan hê. Danie: Dis die woord wat ek soek. Linda: Jy moet elke keer gaan sê... Albert: Jy moet elke keer gaan sê ek is jammer, maar jy kan nie daar verbykom nie.

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda

p643

513

514

515

516

517

518

519

520

521

522

523

524

525

526

527

528

529

530

531

532

533

534

535

536

537

538

539

540

541

542

543

544

545

546

547

548

549

Danie: Vir my tekortkominge.

Linda: Ja wel ek is vry. Ek is veilig voor God. Ek staan nie voor enige mens om te sê ja

wat, ek kan nie onthou as kind of sulke goed daar was nie maar as jy vergifnis gesê

het, dan het jy mos nou vergifnis gesê. En as jy voor God vergifnis gevra dan is dit mos

nou klaar.

Albert: En dit is my vraag of wit mense oor die algemeen wel op daai punt gekom het

dat hulle iewers gesê het en dalk by die Here gaan skuld bely het en gesê het maar op

ʼn manier het ek dalk deel gehad in ʼn sisteem wat mense benadeel het en so aan en

dan nou die vergifnis waarvan jy nou praat vir hulle self toegeëien het. En of hulle bloot

net sê maar ons praat nie daaroor nie, of ons...

Linda: Nou dit is waar die hartsaak kom en ek en jy kan vir mense gaan skryf, maar dit

is die persone, maar dit is ook ʼn proses... want nou loop jy weer ʼn nuwe proses in

Suid-Afrika wat jou bekommerd en jou kwaad maak en wat maak jy? Nou trek nou

weer daai baadjie aan waarvoor jy nou vergifnis gevra het. Nou gaan haal jy dit weer

en jy kom trek weer vir jou daai baadjie aan. En dit is nonsens. Jy het vergifnis gekry.

Here hier is dit, ek gaan aan ek gaan doen wat U wil hê ek moet doen en ek doen dit,

nie volmaak nie maar ek doen dit.

Danie: Ek dink die publieke vergifnis ook het vir die ander groep ʼn stok gegee om mee

te slaan. En dit is wat my ondervinding is in die werke dat die blanke is futloos, hy het

nie meer ʼn stem nie, hy weet nie meer waar om wat te doen om reg te maak nie, want

dit wat probeer is, werk nie. En ek dit is die publieke vergifnis. Ek verstaan die publieke

vergifnis maar die moderator wat daar staan en hy kan vergifnis vra. Maar as dit nie ʼn

hartsaak is tot op grondvlak by elke persoon nie, dan beteken sy openbare vergifnis

ook niks nie.

Albert: Maar ek hoor ook jy sê hierdie vergifnis kan ook daartoe lei dat dit ʼn

verlammende effek kan hê.

Danie: Dis die woord wat ek soek.

Linda: Jy moet elke keer gaan sê...

Albert: Jy moet elke keer gaan sê ek is jammer, maar jy kan nie daar verbykom nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!