LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda p640 402 403 404 405 406 407 408 409 410 411 412 413 414 415 416 417 418 419 420 421 422 423 424 425 426 427 428 429 430 431 432 433 434 435 436 437 438 Danie: Ek was vyf uur in die oggende daar waar hy gesê het hy slaap, hy is weg. Maar in elke geval jy weet ek dink soort soek soort. Kultuur, ek sien nou baie maal in die groot stede die vermenging en wat groot aanpassings is. In ons familie is daar vermengings. Ek hoor die probeer en ek hoor die konflikte. ʼn Neef van my se seun is met ʼn Indiër vrou, ʼn Moslem, getroud. En ek hoor hierdie kernoorlog wat tussen hulle plaasvind, die botsing. Want as die seksuele en daai goed verby is, dan pop hierdie goeters uit. So ek nog steeds soort soek soort, jy voel tuis in jou kultuur en in jou taal in. Wat is die ander ding wat ons gesê het. Albert: Oor die kerk van Welkom jou ontuis laat voel. Danie: Mariaan onthou jy daar by ons was die swart man en vrou wat die kerk ook gebruik en ek sien hulle ook nie meer daar nie. Hulle word ingeskakel, daai ouens word ingeskakel. Hulle name is op die gebedslys. Hulle sit saam in die kerk hulle sing saam, hulle bid saam. Maar dit is die uitsondering. So ek sê weer ek dink daar waar ons is, is daar ʼn vryheid en ʼn openheid wat ek nog nooit in my hele lewe ervaar het nie. Maar ek glo as ek kyk na, ek het baie kennis van die Hervormde kerk, no go. Gereformeerde kerk, baie NG Kerke wat ek mee te doen oor swart mense... Ek meen, die ouens sukkel nog om vrouens in die ampte aan te stel, hulle verstaan dit nog nie eers nie wat die Skrif dit vir ons verduidelik nie. So die sukkel met kultuurgroepe is... ek dink die kerk laat hom nie... ek kyk ook nou hier in [Welkom-]Suid ook wat daar blatante rassisme is wat ek nog nooit gesien het nie. Linda: Kyk die punt is net Albert, en ek is so dankbaar dat die Here my dit laat ervaar het, want dit is ook ʼn groeiproses waardeur jy moet gaan. Dit is nie iets wat omdat dit van jou verwag word, dit daar is nie. Dit is ʼn groeiproses, dit is ʼn hartsaak ja, maar dit is ook van val en opstaan en seer kry en... Maar daar is goed wat jy kan saam oor praat en een van die goed is jy kan oor die Woord saam praat. As jy met ʼn swart gelowige, wit gelowige maak nie saak nie, as jy met ʼn kind van die Here praat het jy die Woord wat vir julle saambind. Die ander goed is half nie belangrik nie, want om mekaar te vind in die Woord is so wonderlik, want hulle verstaan dit so eenvoudig dan ek dink by myself hoekom het ek die hele tyd hieroor gewonder en dit is maar net so eenvoudig. En hulle leef dit so. Albert: Wat sal die kerk moet doen as hy ʼn groter agent vir versoening in Suid-Afrika wil wees?

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda p641 439 440 441 442 443 444 445 446 447 448 449 450 451 452 453 454 455 456 457 458 459 460 461 462 463 464 465 466 467 468 469 470 471 472 473 474 475 Linda: Ek dink ons moet ophou versoen. Ek dink ons moet begin om lig te wees. Danie: Vir my is dit ʼn hartsverandering. Kyk na die Metodiste kerk, hoe het hulle die dienste geïnkorporeer met mekaar en elkeen het sy plek. En die kerk word oorbenut deur die verskillende dienste. Maar hulle het ook maar hulle goeters maar waar die Woord bymekaar kom daar vind hulle mekaar. Linda: Maar ek dink ons moet ophou begin met versoening ons moet begin om lig te wees. Danie: Ja nee ek stem met jou saam daar en ons praat baie daaroor en het ook gesê dat as mense nie die Bybel lees nie dan lees hulle my. En ons moet in ons dade bewys en dit... maar dit is ʼn hartsverandering. Linda: Want ʼn ou sien gou as jy nie eerlik is nie. Danie: Ons was gister by ʼn begrafnis van ʼn baie goeie vriend van ons. Hy was ook in die – soos Wouter Basson – in die chemiese gedeelte van die weermag gewees. En dit wat hy vertel wat op die grens gebeur het, is grusaam. Maar dit wat hy ook gesien het, het hom ʼn haat in die swart mens gegee. Onverbiddelike haat. En nou omtrent in 2009 het die Here hom kom leer wat vergifnis is en kon hy swart mense, vier jaar gelede toe hy 56 jaar oud was, toe kon hy swart mense vergewe. En dit is ʼn hartsaak. Dit is die Heilige Gees wat hom kom aanraak het. En dit is hoekom, ek wil nie in ʼn arrogante verhewe posisie kom sê maar die kerk se hart is nie reg nie. Albert: Maar ek hoor jy sê, julle sien dit min. Danie: Maar ek wonder of dit nie so is nie. Linda: Ek wil nie dit uitspreek nie, want weet jy wat net vir my die wonder is van ons wil hierdie groot goed doen, maar ons is nie getrou in die klein goedjies nie. Net daai van omgee, barmhartigheid, die een hand wat nie weet wat die ander hand doen nie en dan is dit ook nie ʼn beskuldiging nie, dit is regtigwaar nie. Dit wat ek gesien het, het die Here vir my gewys. Dit is elke ou se uitmaak met die Here wat moet ek doen. Ek kan nie hoogmoedig wees en sê ek doen dit en jy doen dit nie. Dit het niks met my te doen nie, maar al wat ek weet en wat ek en Danie weet is toe ek vir die Here gesê het, Here jy moet klomp bruin lêers van my af wegvat dit is te veel ek kan dit nie hanteer nie. Toe

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda

p641

439

440

441

442

443

444

445

446

447

448

449

450

451

452

453

454

455

456

457

458

459

460

461

462

463

464

465

466

467

468

469

470

471

472

473

474

475

Linda: Ek dink ons moet ophou versoen. Ek dink ons moet begin om lig te wees.

Danie: Vir my is dit ʼn hartsverandering. Kyk na die Metodiste kerk, hoe het hulle die

dienste geïnkorporeer met mekaar en elkeen het sy plek. En die kerk word oorbenut

deur die verskillende dienste. Maar hulle het ook maar hulle goeters maar waar die

Woord bymekaar kom daar vind hulle mekaar.

Linda: Maar ek dink ons moet ophou begin met versoening ons moet begin om lig te

wees.

Danie: Ja nee ek stem met jou saam daar en ons praat baie daaroor en het ook gesê

dat as mense nie die Bybel lees nie dan lees hulle my. En ons moet in ons dade bewys

en dit... maar dit is ʼn hartsverandering.

Linda: Want ʼn ou sien gou as jy nie eerlik is nie.

Danie: Ons was gister by ʼn begrafnis van ʼn baie goeie vriend van ons. Hy was ook in

die – soos Wouter Basson – in die chemiese gedeelte van die weermag gewees. En dit

wat hy vertel wat op die grens gebeur het, is grusaam. Maar dit wat hy ook gesien het,

het hom ʼn haat in die swart mens gegee. Onverbiddelike haat. En nou omtrent in 2009

het die Here hom kom leer wat vergifnis is en kon hy swart mense, vier jaar gelede toe

hy 56 jaar oud was, toe kon hy swart mense vergewe. En dit is ʼn hartsaak. Dit is die

Heilige Gees wat hom kom aanraak het. En dit is hoekom, ek wil nie in ʼn arrogante

verhewe posisie kom sê maar die kerk se hart is nie reg nie.

Albert: Maar ek hoor jy sê, julle sien dit min.

Danie: Maar ek wonder of dit nie so is nie.

Linda: Ek wil nie dit uitspreek nie, want weet jy wat net vir my die wonder is van ons wil

hierdie groot goed doen, maar ons is nie getrou in die klein goedjies nie. Net daai van

omgee, barmhartigheid, die een hand wat nie weet wat die ander hand doen nie en

dan is dit ook nie ʼn beskuldiging nie, dit is regtigwaar nie. Dit wat ek gesien het, het die

Here vir my gewys. Dit is elke ou se uitmaak met die Here wat moet ek doen. Ek kan

nie hoogmoedig wees en sê ek doen dit en jy doen dit nie. Dit het niks met my te doen

nie, maar al wat ek weet en wat ek en Danie weet is toe ek vir die Here gesê het, Here

jy moet klomp bruin lêers van my af wegvat dit is te veel ek kan dit nie hanteer nie. Toe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!