25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda

p639

365

366

367

368

369

370

371

372

373

374

375

376

377

378

379

380

381

382

383

384

385

386

387

388

389

390

391

392

393

394

395

396

397

398

399

400

401

gevestig vir die ou vir huisvesting in die nag en gee vir hom ʼn bord kos en die volgende

oggend moet hy uitgaan. En hulle het die mense geakkommodeer en geestelik en

fisies gevoed. So nee ek dink rassisme binne die kerk... ek sien niks nie. Ek sien, daar

waar ons nou is, sien ek uitreike, daar is uitreike na kleuterskole toe. Daar gebeur groot

dinge wat dit aanbetref. Ons het in die gemeente daar het ons een swart lidmate, AM,

en met wie ek goed bevriend was en ons betrek hom in ons aktiwiteite saam, self as

ons konferensies het dan vat ek hom saam. Maar AM het in ʼn blanke omgewing groot

geword. Hy pas nie in by sy eie kultuur nie en dit is hoekom AM daar is. Hy woon

gereeld die eredienste by, hy sing saam lekker Afrikaans en hy het eintlik ʼn baie mooi

uitspraak. Maar AM is die uitsondering. Want rondom die kerk woon daar baie swart

mense. Maar hy voel hom net nie tuis in daardie kultuur nie.

Albert: Is dit ʼn kwessie van soort soek soort of is dit ʼn kwessie van die kerk laat hom

nie welkom voel nie.

Danie: Ek dink beide. Ons het byvoorbeeld ʼn situasie gehad waar ʼn boemelaar, ek sal

dit baie kort sny want dit was ʼn wonderlike gebeurtenis. ʼn Boemelaar die kerk ingestap

het, dit het verskriklik gereën buitekant en vreeslik interessant die teksverse, dit was ʼn

aflos dominee wat daar gepreek het, ʼn ou dominee. Sy eerste woorde was gewees hy

weet nie hoekom hy vandag oor hierdie tekste preek nie. Hy het dit nog nooit gedoen

nie, maar hy doen dit. En die volgende oomblik kom hier ʼn boemelaar die kerk

ingestap, hy is deurdrenk, ʼn swart man. Hy is nat gereën, hy het nie skoene aan sy

voete nie. Die water drup so waar hy loop. Dit stroom teen hom af en almal bek af en

goed dit gaan nie oor my nie, maar ek het... Hy het by my kom sit. Ek het hom gaan

haal en hy het by my kom sit. Ek sê Here wat wil U vandag hê moet ek doen. En in

elke geval, lang storie kort, na die diens toe staan ek op en stap na die dominee toe en

ek sê dominee as jy vandag bedoel het wat jy bedoel het, dit en dit en dit. Maar hy

skrik hom asvaal, hy weet nie wat om te doen nie. Maar in elke geval, daar het van die

mense gereageer en huise toe gery en klere, vir hom nuwe klere kon gee, skoene aan

sy voete en kos. Ons het hom versorg. Maar die oorgrote meerderheid van die mense

het gemaak dat hulle wegkom en tog net nie betrokke wees nie.

Linda: Weet jy wat interessant is? Ons het hom gaan aflaai en ons het hom nog nooit

weer gesien nie. Hy het verdwyn. Jy weet dit was soos ʼn engel wat daar ingestap het

en hy is weg. Jy weet jy sien altyd daai ouens weer, ons het hom nog nooit weer

gesien nie. Ons het hom gaan soek, ons het hom gaan opsoek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!