25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p49

9.3.4 Die ABDCE-formule

Lamott (1995) stel aanvanklik die ABDCE-formule voor as 'n riglyn vir die skryf van

fiksie. Müller, Van Deventer en Human (2001) verwerk dit in 'n formule vir die doen van

narratiewe navorsing. In 'n latere werk beskryf Müller en Gouws (2003:118) dit so:

By using a developed ABDCE-formula, a space is created in which

narrative-based research can be done. It develops through action

stories… It provides background perspectives on aspects like language

games, deconstruction, postmodernism, social constructionism and

narrative therapy. As part of the climax of the research, certain

conclusions are drawn…

Die ABDCE-model is in die onlangse verlede verder in ’n navorsingsagenda vir ’n

postfoundational praktiese teologie ontwikkel (Müller 2005, 2009; Van der Westhuizen

2010). Die motivering vir die gebruik van die oorspronklike model vir hierdie

navorsingsverslag word egter gevind in die narratiewe karakter van die verhaal wat

gedokumenteer word.

Die onderliggende idee is dat navorsing nie net vanuit 'n probleemstelling benader

moet word nie, maar dat navorsing ook vanuit 'n bepaalde aksieveld ontwikkel (Fourie

2008:55). ABDCE is 'n akroniem vir die Engelse terme Action, Background,

Development, Climax en Ending. Dit is dan die formule waarvolgens die verhaal van

die navorsing geskryf word. In aansluiting by die oorspronklike gebruik in “fiction

writing” (Müller 2000b:elektroniese bron) gaan dit in hierdie formule oor die vertel van

stories of narratiewe. Stories word ontdek en ontwikkel. Die doel van navorsing is nie in

die eerste plek verandering nie, maar om die stories te hoor en ingetrek te word in die

stories (Müller, Van Deventer en Human 2001:77). Van Niekerk (2003:109) beskryf die

proses so:

A definite goal is to conduct the research in such a way as to maintain

subjective integrity and credibility: trying to listen to all the stories with

subjective, not objective integrity, asking open, non-judgmental

questions. This can be done by using other people to participate in the

social-construction process when interpreting stories. Doing story

development also entails being sensitive to new, unexpected stories.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!