LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda p632 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 Albert: So dit is net ʼn kwessie van jy gaan maar net werk toe. Danie: Dit is wat ek as gelowige, doen ek wat in Kolossense in staan dat dit wat ek doen, doen ek vir die Here. Of ek nou met ʼn swart kollega werk en of ek met ʼn wit kollega werk en dit is wat my aan die gang hou en dit is my primêre taak om die personeel te motiveer en aan die gang te hou. En my ervarings is dit dat hulle is lojaal teenoor die maatskappy as gevolg van my. Maar daar is geen bevorderingsmoontlikhede vir die blankes nie. Albert: Ek onthou destyds in die groep het iemand gesê, ek kan nie onthou wie dit gesê het nie, maar dalk gaan die witmense se verantwoordelikheid of se taak in die nuwe Suid-Afrika bloot wees om die ou wat in jou plek aangestel is op te lei sodat hy die werk goed genoeg kan doen. Danie: Ja dit klink baie kere na die geval. Maar sien dan begin daar individuele arrogansie in te tree, dan wil hy niks meer met jou te doen hê nie. Ja want dan onttrek die blanke persoon hom en die swartes wil ek amper sê foeter voort. Ons sit hier met van my kollegas wat dit baie moeilik maak, jy weet. Dit is baie sleg. So in die werk situasie is dit baie erg. Ek werk met ʼn kollega, sy kantoor is in Phuthaditjhaba, en as jy met hom praat, jy weet, sy houding is so dat as jy sy naam verkeerd uitspreek, en dit is nie, sy naam is Sheli en die eerste keer wat ek met hom praat toe praat ek van Shuli dan trap hy jou uit, jy weet. Dit is asof dit so ʼn minderwaardigheidskompleks is waaraan die persoon ly. So ek dink ook maar dit is ʼn groeiproses, ek weet nie of dit in ons tydperk regtig gaan verander nie. En ervarings is dat met jou jonger garde is dit tien maal erger. Albert: Regtig? Danie: By jou ouer garde, ek sal sê vyftig en op wat deur hierdie gemors van apartheid dan nou gekom het, hulle baie meer gematig as jou jonger garde wat nie eens gebore is in daai tydperk nie. So my gevoel is dat jou jonger garde... want as ek nou maar kyk waar ek in die poskantoor staan, dan staan daar so agtien in ʼn tou en dan kom daar net ʼn jong man of ʼn vrou en hy klim oor die tou en hy kom staan voor jou en dan sê die een net ek het vir hom plek gehou, maar hulle ken mekaar van geen kant af nie. So jou jonger groep is vir my verskriklik. Jy sal sien die jong meisies ook wat in die dorp en

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda p633 145 146 147 148 149 150 151 152 153 154 155 156 157 158 159 160 161 162 163 164 165 166 167 168 169 170 171 172 173 174 175 176 177 178 179 180 mall rondbeweeg. Jy weet ʼn mens verwag tog respek van die jeug af teenoor ʼn ouer persoon en hulle jou uit die pad uit loop. Linda: Maar hulle het nie eens vir hulle eie ou mense respek nie. Danie: Ja, daaroor kan jy baie praat. Maar dit is vir my regtig baie sleg. Ek het nie die gevoel nie, ons het groot geword met anderskleuriges, dit was jou speelmaats gewees. My pa het kleurlinge, Indiërs en swartes in ons huis ontvang en hulle het in die sitkamer gesit en ʼn glasie wyn gesit en drink saam. Dit is waarin ek groot geword het. Albert: Ek onthou van die eerste groep gesprekke daai tipe voorbeelde wat jy genoem het destyds. Danie: En skielik het dit net lelik geraak. En ek het op hierdie stadium jy weet, ek praat met die grootste respek as ek met hulle praat. Dit kom vir my ook... partykeer kom hierdie aggressie uit, want ek sien mos wat gebeur. Ek sien mos daar is nie meer wit gesigte nie. Dit gaan nie eers oor verhoudings nie. Daar is net nie meer nie, gaan kyk by jou Edgars-e, gaan kyk by die poskantore, gaan kyk by soveel besigheidsplekke en gaan kyk by jou eetplekke. Daar is nie meer wit kelners nie. Jy weet daar is nie verhoudingsgetalle nie. Die mense word net voorkeur gegee ek dink ten spyte van, en ten alle koste. Albert: Linda, jou ervaringe. Dink jy ons is meer rassisties? Linda: Ek dink nie dit is ons nie, dit het gedraai. Ek dink die blanke het nog altyd, hoe moet ek sê, jy probeer die standaarde en goed handhaaf, maar dit is net vir my asof... Gaan kyk nou maar met ons hofsaak, daar is net geen respek vir die reg nie. So ek dink dit... dit gaan nie meer ons blankes nie, dit gaan oor baie ander dinge. Ons is maar net ʼn teiken. Ek voel ons is ʼn teiken. Want wat maak hulle? Hulle kan nie hulle voorvaders gaan beskuldig nie. Hulle kan nie hulle oupas of oumas beskuldig nie, want dan het hulle moeilikheid. Jy bly die teiken, maar ons is al lankal nie meer die oorsaak nie. Albert: So die wit mense bly die teiken vir goeters wat verkeerd loop in die land terwyl ons lankal nie meer daarvoor verantwoordelik is nie.

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda

p632

109

110

111

112

113

114

115

116

117

118

119

120

121

122

123

124

125

126

127

128

129

130

131

132

133

134

135

136

137

138

139

140

141

142

143

144

Albert: So dit is net ʼn kwessie van jy gaan maar net werk toe.

Danie: Dit is wat ek as gelowige, doen ek wat in Kolossense in staan dat dit wat ek

doen, doen ek vir die Here. Of ek nou met ʼn swart kollega werk en of ek met ʼn wit

kollega werk en dit is wat my aan die gang hou en dit is my primêre taak om die

personeel te motiveer en aan die gang te hou. En my ervarings is dit dat hulle is lojaal

teenoor die maatskappy as gevolg van my. Maar daar is geen bevorderingsmoontlikhede

vir die blankes nie.

Albert: Ek onthou destyds in die groep het iemand gesê, ek kan nie onthou wie dit gesê

het nie, maar dalk gaan die witmense se verantwoordelikheid of se taak in die nuwe

Suid-Afrika bloot wees om die ou wat in jou plek aangestel is op te lei sodat hy die

werk goed genoeg kan doen.

Danie: Ja dit klink baie kere na die geval. Maar sien dan begin daar individuele

arrogansie in te tree, dan wil hy niks meer met jou te doen hê nie. Ja want dan onttrek

die blanke persoon hom en die swartes wil ek amper sê foeter voort. Ons sit hier met

van my kollegas wat dit baie moeilik maak, jy weet. Dit is baie sleg. So in die werk

situasie is dit baie erg. Ek werk met ʼn kollega, sy kantoor is in Phuthaditjhaba, en as jy

met hom praat, jy weet, sy houding is so dat as jy sy naam verkeerd uitspreek, en dit is

nie, sy naam is Sheli en die eerste keer wat ek met hom praat toe praat ek van Shuli

dan trap hy jou uit, jy weet. Dit is asof dit so ʼn minderwaardigheidskompleks is

waaraan die persoon ly. So ek dink ook maar dit is ʼn groeiproses, ek weet nie of dit in

ons tydperk regtig gaan verander nie. En ervarings is dat met jou jonger garde is dit

tien maal erger.

Albert: Regtig?

Danie: By jou ouer garde, ek sal sê vyftig en op wat deur hierdie gemors van apartheid

dan nou gekom het, hulle baie meer gematig as jou jonger garde wat nie eens gebore

is in daai tydperk nie. So my gevoel is dat jou jonger garde... want as ek nou maar kyk

waar ek in die poskantoor staan, dan staan daar so agtien in ʼn tou en dan kom daar

net ʼn jong man of ʼn vrou en hy klim oor die tou en hy kom staan voor jou en dan sê die

een net ek het vir hom plek gehou, maar hulle ken mekaar van geen kant af nie. So jou

jonger groep is vir my verskriklik. Jy sal sien die jong meisies ook wat in die dorp en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!